|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 5 September 2000
KERKLIKE JOERNAAL KERKLIKE JOERNAAL "BERGBRON LEWE" "Bergbron is 'n vernuwende omgee-gemeente met 'n visie om uit te reik na buite" 'n Charismatiese en Metodistiese lading onder Gereformeerde vlag| Ons redaksie het informasie ontvang oor die funksionering van die gemeente Bergbron in Johannesburg. Daaruit blyk dit dat hierdie kerk 'n rigting inslaan waarmee hy hom vervreem van die verband van Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Dit betref die eenheid in leer, diens en kerkregering, waarvan independentisties skerp afgewyk word met 'n charismatiese en metodistiese inslag van sy liturgie en ''uitreiking na buite" om siele vir Christus te wen. Op hierdie bladsy, teks soos dit amptelik gepubliseer is, vir kennisname van ons lesers. |
Baie van ons jongmense en baie van ons wat jonk van gees is, sal hulleself beter daarin kan uitleef. Daar is ook baie mense rondom ons wat voel dat tradisionele eredienste hulle nie meer aanspreek nie.
Help ons asb. om hierdie diens onder jou vriende, bure, familie en kolle-gas bekend te stel en so mense vir Christus te bereik.
Die 09:00-diens bly dieselfde.
En die tweede diens sal (vir eers) net in skoolgaande tye gebeur.
Vakansietye sal ons net een diens om 09:00 hê.
Die katkisasie sal tussen die twee dienste plaasvind.
Daar sal kinderklasse tydens die eerste erediens wees.
''DIE LEWENDE KERK''
Sondag 12 Maart (Jaargang 3, nommer 9, bl 4)
'N NUWE LITURGIESE PLATVORM
'n Droom het waar geword toe Bergbron se kerkgebou binne een week, vóór, skielik splinternuut gelyk het - met 'n nuwe verskuifbare preekstoel, 'n verhoog waarop die musiek- en die dramagroep baie meer tot hulle reg kan kom, en 'n nuwe mat. Dankie aan Thinus vir die verbouing van die preekstoel.
'n Nuwe, baie beter klankmengbaan is onder geïnstalleer om dit makliker te maak om die klank te meng. Juan Olivier het die klankkas gebou en die klanktoerusting is deur Janno, Tommie en Juan herbedraad en geïnstalleer - dankie vir julle! ...
BERADINGSDIENSGROEP
Dit is vir ons wonderlik om aan te kan kondig dat die droom van 'n eie ''Lewensverrykingssentrum'' wat ons hier in Februarie 2000 aangekondig het nou, alhoewel nog in sy kinderskoene, wel 'n realiteit geword het. Ons het besluit om vir eers nie van 'n ''Lewensverrykingssentrum'' te praat nie, maar om bloot as 'n Beradingsdiensgroep reeds die dienste waarvan ons gedroom en gebid het, te begin aanbied.
Ons missie bly steeds:
Om andere te begelei en hulle lewens te verryk om toenemend hulle volle potensiaal in Christus te bereik en bevry te word van enigiets wat dit verhinder. ... '''BRON VAN LEWE'' (Junie 2000)
''BERGBRON SE BRIXTON-BABA''
Dis hoe ons eie evangelis-ouderling, Nic Lötter, na die Brixton-uitreikprojek verwys en hy sê hierdie baba is nie sommer 'n hierjy nie - sy is ons ''vars, soepel, oopgemoed, waagmoedige, ondernemende en groeiende Brixton-baba''. Hy skryf die volgende oor die gemeente en projek wat ons daar besig is om te vestig:
1. ONS MISSIE
Ons maak middelpuntvlietend (=uitreikend) persoonlik kontak met nie-kerkgaande persone in ons gebied. Dan knoop ons persoonlike verhoudinge met hulle aan sodat hulle uiteindelik middelpuntsoekend (= as lidmate) toegewyde navolgers van Christus word.
2. ONS VISIE (DROOM)
Ons droom dat die gemiddelde erediens-bywoning van 50 dramaties sal groei tot 500 teen 2002. En dat met behulp van baie studente in ons gebied 'n nuwe veelrassige, kleurvolle gereformeerde kerk sal ontstaan wat sal oorspoel na al 9 provinsies van ons mooi land. Deur buitelanders wat hier studeer en werk, te bereik, gaan ons 'n impak maak op die hele Afrika!
3. ONS MIKPUNTE vir erediensbywoning:
Hiervoor wil ons volhardend bid en werk:
Junie 2000 50
mense
Des 2000 100 mense
Junie 2001 200 mense
Des 2001 300 mense
Junie 2002 400 mense
Des 2002 500 mense
4. ONS PLAN
Om so gou moontlik, so goedkoop moontlik, so vinnig moontlik, so effektief moontlik soveel as moontlik leiers en evangeliste op te lei. Die evangeliste vorm sel- of koorgroepe waarin evangelisering, lewensvernuwing en geloofsgroei asook onderlinge omgee, versorging en toerusting plaasvind.
DIE WOORD IN DRAMA
Soos jy alreeds weet, het ons tweede diens 'n nuwe opwindende wen-ding geneem, wat mense werklik aanraak. Daarin is onder andere ook drama en dis iets om te beleef! Een van die maniere waarop die Here se Woord verkondig is in Bybelse tye, was drama en toneel (byvoorbeeld Handelinge 22 : 10-12; Esegiël 12).
Drama is een van die kunsvorme waaraan elkeen van ons elke dag blootgestel word. (In elk geval: elke man/vrou weet hoe sy/haar wederhelf soms so kan 'perform'.) Moet asb. nie hierdie verskuilde talente wat jy het onder 'n maatemmer wegsteek nie. ...
Ons soek mense wat kan help met produksie, teksskrywers (al julle mense wat op skool so lekker kon opstel skryf) en veral ook akteurs. Die vereiste om deel te neem, is slegs 'n gewillige hart en die lus om 'n verskil te kan maak in mense se lewens deur drama-bediening.
''BRON VAN LEWE'' (Junie 2000)
AFRIKAANSE EN ENGELSE OPWEKKINGSLIEDERE IN DIE TWEEDE EREDIENSTE
Vir die tweede diens in die Bergbron-gemeente is klaarblyklik die kategismusprediking (volgens die kerkorde, art 68) iets van die verlede. Dr Jan Visser verklaar in sy "Die Kerkorde in Praktyk" (April 1999, bl 254, dit as voorskriftelik: "Art 68 ... gebied gereelde en sistematiese prediking uit die Heidelbergse Kategismus". In die plek daarvan word die Woord nou "in drama" aangebied. Tegelyk daarmee verval ook die binding aan artikel 69 van die kerkorde wat handel oor die kerksang wat beperk is tot die 150 Psalms en Skrifberymings wat deur die sinodevergaderings goedgekeur is. As voorbeeld dien die program wat deur dr Johann Oostenbrink bekendgestel is vir die diens op Sondag 25 Junie 2000, wat die neiging tot die charismatiese geloofservaring teenoor die Gereformeerde liturgie bewys. Dié liedereprogram is in 'n gekopieerde vorm los bygevoeg in die September-eksemplaar van Die Kerkpad.
®