Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

KERKLIKE JOERNAAL

SKOKKENDE BERIG EN BRIEF IN BEELD OOR KERKLIKE BESLUITE EN TEEN GESAG VAN DIE BYBEL EN BELYDENISSKRIFTE
TEOLOOG WAT SWYE OPGELê IS GAAN IN POTCH PRAAT

Prof Andries Kruger, die Gereformeerde teoloog wat begin vanjaar deur sy sinode die swye opgelê is oor wat hulle as 'n dwaalleer sien, gaan sy omstrede sienings volgende maand op 'n internasionale teologie-kongres in Potchefstroom verdedig.

Die kwessie waaroor dit handel, is of 'n mens God genoeg kan leer ken deur die skepping en die manier waarop 'God' dit onderhou en bestuur, om gered te kan word.

Kruger sê ja. Hy is oortuig dit is wat die Bybel leer. Die nasionale sinode van die Gereformeerde Kerke het dit egter verwerp en hom belet om dié siening verder te verkondig.

Sedertdien, sê Kruger, doen hy egter meer om daaroor te praat as tevore. Dis nie uit moedswilligheid nie, maar omdat hy oortuig is daar het 'n verkeerde interpretasie van die belydenisskrifte se korrekte leer in die gereformeerde tradisie posgevat. Hy wil help om dit reg te stel.

Hy besef dat 'n enkeling wat op sy eie tot die gevolgtrekking kom dat 'n hele kerklike tradisie 'n fout begaan, meestal self verkeerd is. Daarom het hy sy Bybeluitleg deeglik gekontroleer.

Hy het ook die kerkgeskiedenis nagegaan om te sien hoedat die verkeerde interpretasie ná die tyd van Calvyn posgevat het.

Sy aanbod om hieroor 'n kort referaat by die wêreldkongres van Gereformeerde kerke te hou, is aanvaar.

- Neels Jackson. (BEELD: Donderdag 20 Julie 2000) -

"ALMAL WEET TOG DAT DIE BYBEL EN BELYDENISSKRIFTE DIE RESULTAAT VAN DINKWERK VAN GEWONE MENSE IS"

Ek wil graag vir prof Andries Kruger sê dat hy nie so alleen is as wat hy dink nie.

Duisende lidmate het lankal bedenkings oor die rigiede skrifinterpretasie in die Gereformeerde Kerke.

Omdat daar egter soveel obstruksies van prosedure, teen verandering, in die kerkorde ingebou is, verlaat mense liewer die kerk as om energie te mors met al die regstegniese punte en debatte wat gevoer moet word voordat jy uiteindelik jou saak kan stel.

Almal weet tog dat die Bybel en Belydenisskrifte die resultaat van dinkwerk van gewone mense is. Op grond waarvan is net die dinkwerk van daardie mense aanvaarbaar?

Waarom word dit by voorbaat as heiligskennis beskou as die hedendaagse mens begin vrae vra oor die geldigheid van dit wat honderd of duisend jaar terug logies was, maar nie langer steek hou nie?

Die Gereformeerde Kerke se hele bestaan is daarop gebou dat hulle sê dat hul skrifinterpretasie meer suiwer en logies as dié van die ander kerke is.

Waarom is hulle dan nou so gekant teen mense wat verder en dieper wil en kan dink en nie meer geykte opvattings as vanself-sprekend aanvaar nie.

- TA van Wyk, Morelettapark. (BEELD: 24 Julie 2000) -

 

---------- REDAKSIONELE KOMMENTAAR ----------

Die jongste Nasionale Sinode van Die Gereformeerde Kerke, Januarie 2000, het op versoek van prof Kruger uitvoerig gehandel oor sy versoek om sy siening te toets aan leerstellige afwyking. Daaraan is nie voldoen nie. Wel is daarop gewys dat dit strydig is met die Gereformeerde standpunt oor die afsluiting van die kanon van die Bybel, soos dit in die belydenisskrifte geformuleer is. Ook is opgemerk dat sy benadering meer verwant is aan 'n gedagterigting wat binne die Hervormde kerke gehuldig word. Hierdie saak is nou sover gedryf dat 'n kerklike vermaan en tugbediening noodsaaklik word. As emeritus bly 'n voormalige kerklike ampsdraer gebind aan die ondertekeningsformulier om die leer wat vervat is in die Drie Formuliere van Eenheid naarstig sal leer, en getroulik te verdedig sonder om iets teen dieselfde leer, hetsy openlik of in die geheim, direk of indirek, te leer of te skrywe.

Prof Kruger volg nie die weg wat in die kerkorde voorgeskryf is nie. Hy sê, hy wil help om 'n "verkeerde interpretasie van die belydenis-skrifte" reg te stel. Die ondertekeningsformulier wys vir hom die pad wat hy daarmee behoort te loop. om dit aan die oordeel van die kerkraad, klassis of sinode te onderwerp.

Is dié saak so dringend dat hierdie pad nie gevolg kan word nie? Soos prof Kruger dit nou hanteer, stel hy hom bloot aan die ultimatum in die ondertekeningsformulier, die klousule oor die onderwerping aan dié binding "op straf, as ons hierteen handel , dat ons metterdaad van ons dienste geskors sal word." Die erns van hierdie saak word onderstreep deur die reaksie in die brief in BEELD van 'n waarskynlike lidmaat van 'n Gereformeerde kerk in Pretoria, mnr TA van Wyk, hierbo. Die ondertoon van hierdie brief is, net soos die koerantberig oor prof Kruger se voorgenome referaat oor sy afwykende siening, ondermynend aangaande die gesag van die kerkorde en kerklike besluite. Dit is ontstellend om in hierdie brief die kettery te verneem dat "almal tog weet dat die Bybel en Belydenisskrfte die resultaat van dinkwerk van gewone mense is." Dit is 'n flagrante verwerping van die geloof in die Goddelike inspirasie van die Bybel en, onder andere, die aantasting van wat ons bely in artikels 1 tot 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Die gevolgtrekking dat "die Gereformeerde Kerke se hele bestaan daarop gebou is dat hulle sê dat hul skrifinterpretasie meer suiwer en logies as dié van ander kerke is", sluit daarby aan.

Dit impliseer dat die inhoud van die belydenisskrifte nie aanvaar word as "die regsinnige Christelike belydenis van die ... kerke wat die hoofdinhoud van die leer in verband met God en die ewige saligheid van siele insluit" (sien bokant die NGB, onder die opskrif daarvan). Hierdie broeder behoort ernstig vermaan te word om hom te bekeer van sy sonde om God se Woord te tipeer as "die resultaat van dinkwerk van gewone mense". Daarmee skaar hy hom by diegene wat die godsdiens verklaar in die terminologie van die evolusionistiese en filosofiese skrifkritiek, wat in die hoofartikel hierin gestel en beredeneer is. Dit openbaar die dieptepunt van prof Kruger se independentistiese optrede ten aansien van die kerklike verbintenisse.