Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

KOMMENTAAR

DIE BYDRAE VAN (BEROEP-) SPORT

RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR OP VRYDAG 4 AUIGUSTUS 2000

Terwyl alledaagse euwels soos korrupsie in die staat en private sektor, volksmoord deur die uitwissing van die boerebevolking, moord, verkragting en kapings onverminderd voorkom, word mediabladsye volgeskryf oor sportgebeurtenisse. Kommentare word van alle kante af ingewin oor waarom sportspanne nie na verwagting presteer nie, en koppe van afrigters word kort-kort geëis.

Is al hierdie sportlawaai werklik die moeite werd, en is dit werklik prioriteit?

Sport, en by name beroepsport soos ons dit vandag ken, behoort beoordeel te word net soos enige ander aktiwiteit in die breë samelewing. In daardie opsig geld die vraag of die gemeenskap enigsins anders daaruit sou sien as die een of ander bedryf of bedrywigheid uit die gemeenskap verwyder sou word.

Sou beroepsport so byvoorbeeld eenvoudig uit die gemeenskap gehaal word, sal bittermin verander. Natuurlik sal dit bepaalde leemtes in sekere vlakke van ontspanning laat, maar daardie ontspanning sal waarskynlik op ander terreine gevul kan word. Soos daar tans oor sport tekere gegaan word, is dit in elk geval alles behalwe ontspanning en neig dit om ‘n soort wetenskap op sigself te word. Ongelukkig is dit ‘n wetenskap wat geen waardetoevoeging tot die samelewing gee nie.

Alternatiewe ontspanning kan byvoorbeeld gevind word in die kultuuraktiwiteite, wat bowendien die voordeel het dat dit gebou is op ‘n volksfondament wat blywende geestelike verryking meebring.

As verder gekyk word na die ekonomiese aspek van sport, ontvou daar ‘n interessante prentjie. Behalwe vir sporadiese sporttoeriste wat minimale buitelandse valuta in die land bring, is beroepsport ‘n las op die gemeenskap. Ter wille van die dikwels ligsinnige, oppervlakkige en verbygaande vermaak wat ‘n sportby-eenkoms oplewer, verarm mense hulleself om kaartjies te bekom. Aangesien dit nie genoeg is om die sport te betaal nie, moet die staat deur middel van subsidies ook ‘n bydrae lewer. Daardie geld kom uit die belastingbetaler se sak, en kon eerder aangewend word om byvoorbeeld meer polisiebeamptes in te span teen die misdaadvlaag.

Aangesien die staatsubsidies ook nie genoeg is om die sportlui se vliegkaartjies en buitensporige salarisse te betaal nie, moet die private sektor ‘n verdere hand bysit by wyse van borgskappe. Uiteindelik betaal die verbruiker daarvoor, deurdat pryse nie op die lae vlakke is wat dit kon gewees het sonder borgskappe van miljoene rande nie. Daarteenoor ploeg sport feitlik niks terug in die ekonomie nie. Nie in geldwaarde nie, maar ook nie in die vorm van kennis, infrastruktuur of geestesgoedere wat ‘n voortbestaanswaarde het nie.

Verder moet besef word dat beroepsport uiteraard ‘n beroep is. Enigiemand wat in ‘n normale beroep nie die mas opkom nie, word afgedank. Enige werker word ook beoordeel aan wat hy of sy aan die maatskappy of instelling toevoeg, en wat in ruil daarvoor vir die gemeenskap gegee word in die vorm van dienste of produkte.

Blykbaar geld ander waardes in die sportwêreld. Die werknemers van georganiseerde beroepsport kry buitensporig hoë salarisse in teenstelling met ander lewensnoodsaaklike werkers soos wetshandhawers, geneeskundige personeel, opvoedkundiges en selfs bestuurders van afleweringsvoertuie wat daagliks ka-pings moet verduur om die bevolking se voedsel op die regte tyd en plek af te lewer.

Ons is nie teen sport nie. Maar beroepsport moet beoordeel word teenoor enige ander beroep. As ellelange debatte in die media gevoer moet word waarom ‘n beroepsrugbyspeler die bal op die verkeerde tyd laat val, moet dieselfde debatte gevoer word oor die tronkbewaarder wat veroorsaak het dat drie gevaarlike misdadigers ontsnap.

Sport op amateursvlak is inderdaad ontspannend en kan geniet word. Daarvan kan die Afrikaner Volkseie Sport se Bokkieweek getuig. Maar die skeidslyne tussen amateur- en beroepsport moet duidelik onderskei en prioriteite daarvolgens bepaal word.