Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

MEDIESE ETIEK

BYBELSE ETIEK

DR MC DURAND

'n Dier handel as gevolg van die noodwendigheid van sy natuur. Daarenteen is die mens se handelinge nie slegs vanweë die natuurnoodwendige nie, maar is dit in hoë mate gegrond op besluitneming. Ná die sondeval het die mens nie 'n onredelike dier geword nie. Die mens het nie sy wil of rede verloor nie. Alle mense, gelowig sowel as ongelowig, word voortdurend gedwing om besluite te neem. Deur die mens se vermoë van sy wil, kan hy besluite neem en tussen die betaamlike en onbetaamlike onderskei. Die verskil tussen gelowiges en ongelowiges is nie of daar onderskei kan word nie, maar hoe daar onderskei sal word. Ook verskil die ongelowiges en die ongelowiges nie daaroor of daar etiek is nie, maar juis dáároor waaruit etiek afgelei sal word.

Die ongelowiges poog om die onderskeid tussen betaamlik en onbetaamlik (naamlik hul etiek) van die waarneembare af te lei. Die omgewing sal vir hulle die riglyne vir hul besluite verskaf: hetsy die diereryk, hetsy die mensdom oor die algemeen, hetsy morele meningvormers. Daarenteen ontvang gelowiges die skriftuurlike riglyne om tussen betaamlik en onbetaamlik te onderskei. Dié riglyne wat handel oor die onderskeid tussen reg en verkeerd is geopenbaar in die Heilige Woord van God. Hy openbaar sy onveranderlike wil aan die mens: God eis dat die menslike wil voor sy geopenbaarde wil sal buig. Hierdie stel reëls waarvolgens die gelowiges deur die geloof hul besluite tussen betaamlik en onbetaamlik behoort te neem, kan as die bybelse etiek onderskei en getipeer word.

Die bybelse etiek vorm 'n eenheid. God openbaar sy wil aan ons in die Heilige Skrif, waarin die Tien Gebooie die kern is. Alhoewel hulle in die Sinaï-woestyn afgekondig is, was dit nie vereers dat die inhoud daarvan geldigheid ontvang het nie. Dit was reeds van die begin van die skepping af geldig. So is ook die geldigheid van dié gebooie nie beëindig met die afsluiting van die Ou Testamentiese bedeling nie.

Die gebooie wat in die Sinaï-woestyn afgekondig is, verteenwoordig die voorskriftelike lewensorde vir die menslike bestaan. God hou daarmee sy orde, van die begin af, aan die mens voor. Hy openbaar ook verder sy wil en gedagtes toenemend aan die mens. Sy besondere openbaring vind ons in die Nuwe Testamentiese vervulling in die koms van Jesus Christus en die kanonisering van die geïnspireerde Nuwe Testament. So is die geheel van die Bybel 'n organiese eenheid van die proses van Goddelike openbaring wat daarin sy neerslag vind.

Etiek kom van die Griekse woorde etos of eto. Etos kom dertien keer in die Bybel voor, naamlik in Luk 1:9, 2:42, 22:39; Joh 19:40; Hand 6:14, 15:1, 16:21, 21:21, 25:16, 26:3, 28:17: Heb 10:25. Eto kom viermaal in die Bybel voor, naamlik in Matt 27:15; Mark 10:1; Luk 4:16 en Hand 17:2. Dié woorde beteken gewoonte of gebruik. In die verband waarin hierdie woorde gebruik word, is dit duidelik dat hierdie woorde na die gewoontes of gebruike soos dit deur die wet of Thora voorgeskryf is verwys. Die naaste wat die Nuwe Testament aan die moderne gebruik van die woord etiek kom is in 1 Korinthiërs 15:33: "Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes." Goeie sedes verwys na daardie gebruike wat ooreenstemmend met die Christelike geloof is. Dit is dus duidelik dat etiek met die gedrag of die manier van lewe te doen het, naamlik die som van alle besluite en die doen en late van die mens.

Die geloof vereis en bewerk 'n wyse van lewe wat goed, suiwer en heilig is. Die Christelike manier van lewe word in die Skrif na verwys as "daardie weg" (Hand 9:2, 19:9 en 23, 22:4 en 24:22). Dit is dié weg wat aan die Woord van God verbind is (Joh 14:6). As gelowiges is die geloof, godsdiens en lewe ingerig volgens hierdie weg, die weg van die waarheid en die lewe tot eer van God se heilige Naam. Ons Here Jesus Christus se weg is die pad van geregtigheid (Matt 21:32; 2 Pet 2:21), van verlossing (Hand 16:17), van waarheid (2 Pet 2:2). en van vrede (Luk 1:79; Rom 3:17). Die weg van die lewe wat die Nuwe Testament ons leer, behels meer as dit waaroor die etiek in die enger sin handel. Die weg van die lewe is al daardie dinge wat aan die tydelike en ewige lewe behoort.

Die bybelse etiek spreek die hart van die mens aan, naamlik die bron waaruit die hele lewe voortspruit. Die handelinge van die mens is nie maar 'n bont vrugteslaai van bewegings en dinge nie. Aangesien die mens se dade uit sy innerlike gesindheid van geloof of ongeloof voortkom, vorm sy handelinge 'n eenheid. Alle dade hou verband met mekaar. Die een daad hang saam met die ander.

Die bybelse etiek handel nie maar net oor die individu nie, maar dit handel ook oor die een mens ten opsigte van die ander. Dit gaan nie oor die beste gelowige of die som van die gelowiges in die Bybel nie. Want die mens se hart (hoe gelowig hy ook al is) is nog altyd met die sonde bevlek. bybelse etiek is die reëls vir daardie lewe wat in ooreenstemming met die wil van die Here is en beveel deur die bybelse openbaring. Dié etiek behels die norme en standaarde vir gedrag wat ons in die Bybel vind as die skepping, rigting en reëling van gedagtes en dade, ooreenstemmend mat die onweerstaanbare wil van God.

Die etiek wat die gelowiges behoort te soek is nie te vinde deur waarneming van die omgewing, die diere of die mense nie. Dié etiek wat die gelowiges deur die geloof moet soek is dit wat die Bybel leer en aankondig.