Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

SKRIFOORDENKING

DIE HERE SE VEREISTES VIR DIE WARE REFORMASIE VAN SY KERK

DS HLJ MOMBERG  -  PRETORIA-DIE KANDELAAR

OGGENDPREEK OP SONDAG, 20 AUGUSTUS 2000   -  DEEL 1

1 SAMUEL 17 : 1 - 17

Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy lulle red uit die hand van die Filistyne.
1 Samuel 7 : 3

Die geskiedenis bewys dat mense gedurig geneig is om rond te val in hulle verhouding met God. Daar was altyd nog tye van geestelike afplatting in die kerk en ook weer tye van geestelike oplewing. Dis wat ons in 1 Samuel 7 teëkom. Dit gaan oor die vraag na ware reformasie. Want so baie mense praat: Reformasie, herlewing, vernuwing. Sommige doen dit reg, maar so baie is gewoon roekeloos hiermee.

Met die Bybelse geskiedenis voor ons, het die gevalle Ou Testamentiese kerk, wat so tragies weggedryf het, daarna gestrewe om na die HERE toe terug te keer. Maar ten minste aan die begin daarvan het hulle nie op die regte manier teruggekom nie. Daarom het die HERE hulle deur die bediening van Samuel geleer hoedat hulle Hom moet dien op ‘n wyse wat vir Hom welgevallig is. ‘n Wyse wat die salige vrug van die bekering sal dra.

1. (Die vooraand van reformasie) Hierdie Skrifgedeelte beskryf een van die mees tragiese tye in Israel se verhouding met die HERE.

Daar is altyd duidelike tekens wat waarsku wanneer dinge in die gelowiges se harte nie reg is nie. En hierdie tekens het deur al die eeue van die kerkgeskiedenis nog nooit verander nie. Ons lees daarvan in die eerste hoofstukke:

a) Die erediens het korrup en immoreel geword - Mense het nie ingesien wat die verbinding is tussen hoedat hulle hul lofoffers in die heiligdom bring en hoedat hulle die res van hulle lewe dwarsdeur die week geleef het nie. Selfs die priesters het die diens aan God beklad - so lui 1 Samuel 2 : 12: Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie. Hulle het hul aan die offergawes vergryp.  Vers17: En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aange-ig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.

Die godsdiens het ‘n valse hebsugtige speletjie geword, ‘n goeie verskoning vir tempelprostitusie. - en vandag is daar ook baie eredienste waar dit na afloop van die sirkus slegs gaan oor hoeveel die sagte kollekte oplewer vir die sakke van die narre.

b) Die Woord van God is nie meer verkondig nie.

In 1 Samuel 3: 1: En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.

Dit is eintlik verstommend en ook vreesaanjaend om te leer hoedat mense dit reg kry om al die uiterlike verpligtings van hulle godsdiens in stand te hou lank nadat die HERE sy teenwoordigheid onttrek het. Kyk ook by hierdie punt die verbintenis tussen die twee sake van die korrupte erediens en dat die Woord nie gehoor is nie. Dit is ‘n algemene bybelse reël dat wanneer die Woord van die HERE verdamp het, wanneer die kerkvolk van die kosbare Woord beroof is, enige ander praatjies voorlesings of wat ook al, behalwe die Woordverkondiging plaasvind, dat ook die godsdiens in sy geheel gaan ontspoor.

Die derde bewys dat die geloofslewe in verval was, is ...

c) Die tabernakel was as die sentrum van die godsdiens ontruim en die ark was verwyder van sy toepaslike plek.

1 Samuel 7: 1: Toe het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die HERE te bewaak. Vers 2: En van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop—dit was twintig jaar — en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.

Daar is werklik net een nuwe ding in hierdie woorde, en dit is dat mense dit nie alleen kan reg kry om die beginsels van God se absolute gesag in die godsdiens te ignoreer nie, maar dat hulle dit kan reg kry vir 20 jaar! Dit meen dat die versoeningsdiens by die ark van die HERE binne die allerheiligste vir 20 jaar nie plaasgevind het nie. Dat die Christusbediening verdwyn het.

Nou is dit waar dat hierdie tragiese tekens vir die kerkvolk in die algemeen gegeld het. Maar dit is ook waar dat die dinge wat vir die kerk in die algemeen geld, noodwendig ‘n uitwerking op die lidmate indiwidueel ook het.

Hoe staan dit met ons wanneer dit oor die korrupsie van ons eredienste gaan? Hoe is dit met ons gesteld wanneer dit oor die suiwere verkondiging van die Woord van die HERE gaan, en niks anders as die Woord nie? Hoe is dit by ons wanneer dit gaan oor die versoeningsdiens in en deur Christus Jesus, en ons gebedsdiens, ons toetrede by God in sy allerheiligste?

2. Waarom reformasie noodsaaklik word: Wanneer ware aanbidding afneem, dan floreer afgodery en eiesinnige godsdiens.

Ons lees die instruksies van Samuel in vers 3: Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.

Dan onderstreep ons twee belangrike opdragte: "Bekeer" en ook "verwyder". Bekering tot die HERE en verwydering van die afgode. Ons kan nie die een sonder die ander hê nie. Daar is so baie mense wat probeer terugkeer. Hulle wil so graag bekeer, of sê dat hulle hul bekeer, maar hulle weier om die vreemde gode uit hulle lewe te verwyder. Dan is ons ook nie verras dat hulle geweeklaag vir 20 jaar aangehou het nie. Iemand wat weeklaag oor sy ellende, maar hy is nie bereid om sy afgodery te verwyder nie, is besig met bedrog. Dit is die skyn van bekering net soos ons dit in ons post-moderne tyd weer kry.

Wanneer die ware aanbidding besoedel en besmet raak, en die vereistes en begeertes van wêreldse menseregte bo-oor die gesag van die Woord loop heers, dan word die mense outomaties slagoffers van hul ou natuur, van hebsug en ontug, van allerlei bose geestelike magte wat veel kragtiger is as wat ons kan beheer.

Dit is dus gevaarlik as ons nie ywerig en getrou aanbid nie. En dit is ook gevaarlik as ons nie ‘n obsessie het oor getrouheid en dissipline in ons aanbidding nie. Van Daniël het ons geleer, dat dit is deur die getrouheid van sy aanbidding en sy gehoorsaamheid aan die voorskrifte van die HERE dat Hy hom gebruik het om die koninkryk van die hemele te proklameer. Hoe staan dit met ons?

Die Bybel leer ons dat daar ‘n direkte band is tussen ons ontrouheid, ons slapheid in ons aanbidding en die ineenstorting van ons huishoudings,die besoedeling van ons moraliteit, ons persoonlike verslawings en spannings. Dit is al reeds ‘n bybelse beginsel vir meer as 3000 jaar. Ons moet nie dink dat ons dit vandag sal verander nie. (Word vervolg - red)