Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

PERSRUBRIEK

ORDELIKE LITURGIE

Onder die bogenoemde subhofie het ds L Skein (APK) in DIE BOODSKAPPER van Augustus 1997, herhaal in dié van Julie/Augustus 2000 (bl 8), die aandag op 'n relevante saak gestel wat ons graag aan ons lesers wil voorhou.

Orde in die erediens is onontbeer-lik. Paulus skryf in 1 Kor 14 : 33: ''God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede ...'' en in vers 40: ''Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan''.

Die goeie orde sluit ook in die liturgiese ordes waaraan die liturg hom, soos voorgeskryf, moet hou ...  Hier is geen plek vir enige willekeur nie. Die liturg is nie die 'hoofkarakter ' in die erediens nie, maar beslis die instrument van God! ...

Groet en verwelkoming

Enige groet en verwelkoming van die kant van die liturg ... moet as onvanpas afgewys word. God groet sy gemeente met die seëngroet by monde van die liturg. Daarom is dit onvanpas om die gemeente eers in sy eie naam, en daarna weer in die Naam van die Here te groet. 'n Predikant van 'n ander kerkverband 'groet' die gemeente met 'n waai van die hand en hulle waai terug!

Verwelkoming: Voorts moet die liturg ook afsien van die gewoonte om die gemeente/besoekers welkom te heet. Die gemeenskap word na politieke vergaderings en kultuurbyeenkomste genooi. Diegene wat opdaag, word deur die voorsitter verwelkom. Die erediens is egter God se vergadering, waarheen Hy nie sy gemeente nooi nie, maar hulle bestel. Die woord bestel in Matt 28 : 16 beteken: ontbied, beveel. Dis die gemeente se plig om teenwoordig te wees. Heb 10 : 25 lui: ''en laat ons ons onderlinge byeenkomste nie versuim ... nie, maar laat ons mekaar vermaan.'' ... Hier is geen sprake van verwelkomings nie, maar van vermanings.

Gepaste kleredrag

Die gemeente het eerbied vir die God wat hulle gaan ontmoet ... Gesien in hierdie lig, val alle vrae rakende kleredrag weg. Die gelowige wat sy Skepper in die erdiens ontmoet, sal te alle tye netjies en waar-dig geklee wees.

Die gemeente verskyn voor die Here se aangesig (Ps 27 : 8) - 'n ontmoeting van die heilige God met sy (nog) sondige volk. Hy sê vir Moses in Exodus 3 : 5: ''Die plek waar jy opstaan, is heilige grond '' (vgl Jes 5 : 16; 7 : 30 - 33). Waarom? Omdat God Hom aan Moses geopenbaar het. Daarom moes hy eerbied betoon vir God se teenwoordigheid.

Ons kleredrag in die erediens moet eerbied vir die Here wat ons ontmoet, weerspieël. Vir allerhande ander geleenthede trek ons behoorlik aan. Paulus skryf in 1 Tim 2 oor die erediens. Die ''behoorlike kleding'' van vers 9 beteken: die vrou het die reg en natuurlike neiging om haar te versier met kleredrag en bykomstighede, maar binne perke en gepas vir die gewyde geleentheid. Hy waarsku teen oordadigheid - kyk Pet 3 : 3. Nie onversorg nie, maar ook nie oormatig nie!

Kan 'n manlike kerkganger vrymoedig met slenterdrag, sonder baadjie en das die Hoogheilige ontmoet? Daar is uitsonderings, byvoorbeeld iemand wat weens gesondheids- of ander redes nie te warm durf aantrek nie.

Die algemene reël vir alle geestelike byeenkomste is: gepaste, behoorlike, netjiese kleredrag. Laat ons in 'n tyd van oppervlakkigheid en verwarring opnuut ernstig besin oor wat ons werklik doen as ons die teenwoordigheid van die Here in die erediens betree!

Soos eerder in ons blad gestel, sien ons die "groet" tydens die aanvang van die erediens veeleer as 'n seën wat die HERE aan sy verbondsvolk, deur middel van sy dienaar, oplê. Die apostels groet, in enkele gevalle, in die afsluiting van hul Nuwe Testamentiese briewe die geadresseerdes, maar die Here seën (Aäronities) die gemeentes wat in sy Naam byeenkom om hulle te skik onder die bediening van sy Woord. (Red)