|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 5 September 2000
Persrubriek LOTERYDIE BOODSKAPPER se uitgawe van Julie/Augustus 2000 (bl 1), lewer die volgende redaksionele kommentaar oor die NGK se ''gepamperlang van die tydsgees en van die owerheid van die dag''
Die NG Kerk het in die verlede redelik sterk standpunt ingeneem teen lotery oor die algemeen en teen staatslotery in die besonder. Pas het daar egter 'n ''nuwe siening'' in 'n verklaring van die Algemene Sinodale kommissie verskyn, waarin deelname daaraan onder ligter omstandighede voorgestel word as ''lig genoeg ... om nie kwaad te doen nie ... 'n spel waarin dit hoofsaaklik om afleiding gaan; 'n bietjie pret, meedoen aan die opwinding van die nasie.'' Dit lyk vir ons na 'n verdere gepamperlang - van die tydsgees en van die landsowerheid van die dag.