Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

REDAKSIONEEL

Daar is tans 'n verskeidenheid van publikasies wat net soos ons, die aandag vestig op die veranderende omstandighede in die kerklike en maatskaplike samelewing.

Elkeen het 'n eie benadering en aanpak van redaksie, asook 'n spesifieke teikengroep wat op 'n aktuele wyse voorligting ontvang. Die geskrewe woord is meer as enigiets anders 'n meningvormer. Daarom is dit belangrik om die regte keuses te maak ten opsigte van wat al dan nie gepubliseer moet word. Juis daarom is dit onvermydelik om sommige intekenaars/lesers van ons blad teleur te stel deur kopie wat hulle verskaf nie dadelik of, in sommige gevalle, glad nie te publiseer nie. As redaksie word, met die oog op die saak wat ons voorstaan, besluit oor wat die hoogste prioriteite moet ontvang.

Dit is voor die hand liggend dat sowel positief as negatief geoordeel en soms ook gereageer word oor die aanpak en inhoudelike van ons redaksie. Ons is nie bevrees daarvoor nie.

So verneem ons dat ons 'n "te anti" benadering sou volg. Dit is wáár dat ons hantering van sake skerp antiteties is, waarteenoor ander blaaie meer tolerant staan. Tog poog ons om positief deel te neem aan die ontwikkeling van die gereformeerde denke. Maar ons verkeer onder omstandighede dat die skriftuurlike fondamente ondergrawe en die goeie tradisies van die verlede gerelativeer word, terwyl ook die vure aangeblaas word om die ware Christelike geloof te laat opgaan in 'n sekulêre moralisme en drang na humanistiese medemenslikheid en teenskriftuurlike godsdiensgelykheid.

Dit is waarom ons redaksie dalk negatief voorkom. Dit is die gevolg van die rol wat ons vervul om die basuin te blaas en die oë te open vir die gevare van deformasie wat nie slegs denkbeeldig is nie, maar in hewigheid toeneem. Die verklaring van die NG Kerk te Brakpan-Suid, op Maandag 14 Augustus 2000, beskryf en bevestig dit. ®