Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 5 September 2001
WAARHEEN IS DIE WęRELD OP PAD?
- Redaksionele Voorbladartikel, Die Boodskapper (APK), no 144, September 2001 -
Die nypende situasie waarin ons ons bevind, laat 'n mens onwillekeurig dié vraag (hierbo) vra. Twee boeke wat heel onlangs verskyn het, vat miskien die verskil in die gangbare opvattings oor waarheen ons ou węreld op pad is, die beste saam.EVOLUSIONęRE VERBETERING
Francis Fukuyama, professor in Openbare Beleid in Washington, se boeke verkoop soos soetkoek. In sy The Great Disruption - human nature and te reconstruction of social order (1999) toon hy aan dat feitlik alle ontwikkelde węreldlande sedert ongeveer 1965 met drie ingrypende probleme worstel: misdaad (waaronder bedrog, geweld ...), gesinsverval (soos egskeiding, buite-egtelikheid, die vaderlose samelewing ...) en die verlies van vertroue in sosiale instellings en leiers (lands- en kerklike owerhede, politici, kerkleiers ...). Dit is duidelik dat aldrie faktore inderdaad tot 'n ''great disruption'', tot destabilisering van die sosiale orde moes lei. Fukuyama se ontledings is interessant en berus op 'n sterk statistiese basis.
Fukuyama skryf die oorsaak van die ''great disruption'' basies toe aan één groot sosio-ekonomiese faktor: die oorgang vanaf die industriële, ''moderne'' fase in die ontwikkelde węreld na die sogenaamde ''post-industriële'' (inligtings-), postmoderne fase. En dit is logies. Enige samelewing in só 'n fundamentele oorgang ervaar 'n verskuiwing in norme (be-horenseise) vir menslike gedrag. Gesagsinstellings (soos huisgesinne, skole, landsowerhede, kerklike owerhede ...) raak onseker oor wat gepropageer en waarop gestaan moet word. By individue ontstaan daar onsekerheid oor hoe 'n mens moet optree, wat van jou verwag word, hoe jy moet lewe, en natuurlik slaan dit ook die weg oop vir kansvatters om ''deur die gaping te skiet''.
Vir Fukuyama lę die oplossing daarin dat ons maar net geduldig deur die proses moet gaan. Die menslike natuur beskik oor die nodige aanpassingsvermoë om ook hierdie oorgang (soos die voriges) suksesvol te verwerk. Daar anderkant wink weer 'n mooi, blink toekoms. Dit sal net al beter gaan! Sy statistiese ontleding van die huidige situasie kan natuurlik nie dié finale gevolgtrekking onbetwisbaar steun nie.
SOSIALISTIESE VERSLAWING
Dr John Coleman het vir jare historiese navorsing gedoen in die Britse Museum, waar hy nie alleen vir Karl Marx onder oë geneem het nie, maar ook die sogenaamde ''Fabiaanse sosialiste'' soos Sydney Webb, George Bernard Shaw, HG Wells en hulle geesgenote soos John Maynard Keynes en Harold Laski. In sy boek One World Order - sosialist dictatorship (1998) trek hy die lyn van Fabiaans sosialistiese beďnvloeding deur, onder andere, na die Amerikaanse politiek (Roosevelt - Johnson - Carter - Clinton ...), ekonomie en onderwys (John Dewey; ''Outcome Based Education'' -wat ook nou hier by ons geďmplementeer word). (Dit lyk nie of Coleman se opvattings so populęr soos Fukuyama s'n is nie.
Sosialisme wil die kragtige bolwerk van elke eie identiteit in die lewe opskort en verdiskonteer ten gunste van 'n globale, oorkoepelende, sentrale beheer - oor die ganse węreld. Dit geld van privaatbesit en privaat-eiendomsreg. Dit geld van geslags-, rasse-, volks-, kultuur- en geloofsidentiteit - veral die Christelike geloof. Dit geld van verskeidenhede en ''soewereiniteit in eie kring'' - die vryheid van identiteitshandhawing in eie bevoegdheid.
Dit is die One World Order waarna Coleman verwys. Marx wou dit revolusionęr doen (kommunisme); dit wil sę, sluipsgewys deur stelselmatige infiltrering en oorreding. Op die end kom altwee neer op verslawing.
Anders as Fukuyama se laissez faire-benadering, vestig Coleman die aandag op die manipulering van die proses: die Fabiaanse ''elite'' manipuleer die volks- en węreldmassas deur middel van die politiek, ekonomie, onderwys, lewensbeskouing, mode-opvattings oor byvoorbeeld seksualiteit en godsdiens in die sisteem in. Hy maak ook melding van die doelbewuste uitwissing van die middelklas (waarin die hartklop en anker van stabiele samelewings nog altyd gelę het) deur stelselmatige verarming via belastings, onteiening ... .
Soos Fukuyama, sien ook Coleman raak dat die węreld gedestabiliseer raak.
Oor die oorsake en uitkomste van die destabilisering verskil hulle ingrypend. Al trek Coleman self die lyn nie so deur nie, ontstaan die vraag tog teen die einde van sy boek: word ook destabilisering, chaos gemanipuleer ten einde 'n verskoning te hę vir die ingryping van sentrale beheer om alles weer vlot te kry?
GOD SE PLAN
As laasgenoemde vraag positief beant-woord moet word, begin 'n mens wonder in watter mate die post-modernistiese chaos (wat tog so teenstellend met die sosialistiese strewe na universele beheer vertoon) ook moet dien om die verhoog vir sosialistiese węreldoorheersing voor te berei. En ons as Christene weet: kort vóór die einde van die huidige węreld se geskiedenis sal die antichris verrys. En hy sal aan die top van 'n gemanipuleerde węrelddriehoek instap en die leisels oor die hele lewe in sy hand saambind in 'n poging om die ganse węreld vir die finale Groot Stryd teenoor die Christus te verenig. Van hom sę die Skrif: ... hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg ... (2 Thess 2: 8) deur die verskyning van sy wederkoms waarna die Here se ewige Koninkryk van vrede finaal sal aanbreek.
Opvattings oor waarheen ons ou węreld op pad is. Ons moet dit in die lig van die Bybelse profesie verstaan!