Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 5 September 2001
KERKLIKE JOERNAALKATKESASIEBOEKIES: "KEN, VERTROU EN DOEN"
Die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria het 'n (eerste) kommentaar oor die bogenoemde katkisa-sieboekies onder aandag van die Deputate van die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke, wat dit gepubliseer het, geplaas. Die Kerkraad se kritiek behels onder andere:1. Gebruik van slegs die 1983-vertaling
Hierdie Kerkraad het reeds in 1983 besluit om slegs die 1933/53 Bybel te gebruik, en het ernstige besware teen die NAV.
Volgens die kerkraad is die deputate (en Sinode) daar-van bewus dat daar oral kerke en baie lidmate is waar dit die geval is. Terwyl al die kerke saam die koste aan hierdie werk dra, is dit volgens die kerkraad nie gereg-verdig om die feite te ignoreer nie.
2. Wyse van aanbieding
Met die ondersoek wat die kerkraad gedoen het is eeue se wyse van kategese in gedagte gehou, en die feit dat dit nie onsuksesvol was nie. Hoewel gestel word dat die boeke ook slegs as riglyn kan dien, bevind die kerkraad dat die handboeke se aanbieding - hoewel uiters deeglik - te ver gaan in die rigting van 'n skoolse metode. Die gevaar bestaan dat die Kurrikulum 2005-metode, waarin die kind self moet ontdek, te veel na vore kom. Kategese is "om van bo te laat klink". God moet spreek en die kind moet leer buig voor sy Woord.
3. Ander kommentaar deur kategete en hulp-kategete
Baie is gedoen om die kategese pakkend aan te bied. Daar moet egter gewaak word om (nie) die mens, sy ervarings en gevoelens op die voorgrond te stoot (nie).
Die "speelse" wyse van aanbieding bring vir die gevoel van die kerkraad die erns van die kategese in gedrang.
Teen van die sketse bestaan ook besware, byvoorbeeld 'n getekende hart om liefde tot God aan te dui, asook ander grappige sketse
Daar is ook gevra of die "kerk speel", soos kinders wat saam met ouderlinge en diakens moet beweeg, reg is. In dié verband is gevra of dit nie aanleiding sal gee tot 'n eis (verwagting) vir "kindernagmaal" nie.
Twee sake waarvoor ernstige aandag gevra is, lui as volg:
Die neiging om te stel dat God van ons "VRA". God "vra" nie Hy BEVEEL! Die kerkraad vind dit te veel in die gees van die NAV, om alles te wil versag, soos byvoorbeeld die vrees van God, wat veelal wegvertaal is.
Die woorde dat God "in beheer" is, is ook nie gepas nie. God REGEER! Die feit dat Hy ONDERHOU en LAAT GEBEUR gaan verlore met hierdie uitdrukking.
Soms word voorgestel dat kinders moet gesels oor hulle ervarings van hoe die HERE gehelp het. Volgens die kerkraad herinner dit aan die "getuienis" wat baie sektes lewer. Kinders moet ten aansien hieroor duidelike riglyne ontvang, dat sulke gesprekke nie 'n "Ek-getuienis" word nie, maar alleen God en sy eer as inhoud mag hę.
Die geloof dat God die Heilige Gees in stilte, met die Woord in gelowiges werk, kan deur die groepspel (en deur groepsdruk) verlore gaan. Die verdeel in groepe, met eksperimente en besprekings, kan lei tot 'n gevoel dat ons as mense kan besluit oor geloofsake.
Kinders moet katkisasie ken vir wat dit is. Bestuursmetodes en ander dinge wat op ander plekke aanvaarbaar is, is hier nie gepas nie.
Graad 11: In die hoofstuk oor die doop kan die indruk geskep word dat dit die Gereformeerde Kerke is wat sę dat daar nęrens in die Bybel gesę word dat die doop in die plek van die besnydenis gekom het nie. Die deputate moes dit duideliker gestel het dat dit juis is wat die wederdopers glo
Kolossense 2: 11-12 moet noodsaaklik hier duidelik verklaar word. (Die NAV stel dit selfs meer pertinent as 33/53 dat dit die betekenis van die teks is!), aldus die kerkraad.