Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Tweërlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wêreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wêreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geëmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL

DS AH (ANDRIES) MULDER GEëMERITEER

 

DS AH (ANDRIES) MULDER

GEëMERITEER

Ds Andries Mulder, leraar van die Gereformeerde Kerk Pretoria, het op Sondag 19 Augustus weens 'n ongeneeslike siekte voortydig geëmeriteer.

Deur die jare het hy sy plek in die Kerk sowel as in die samelewing volgestaan en heelhartig uitgeleef. Na voltooiing van sy studies het hy ses beroepe ontvang. Die beroep na Louis Trichardt is opgevolg en aldaar is hy op 1 Februarie 1969 bevestig. Daarna het hy agtereenvolgens ook die gemeentes van Innesdal, Middelburg (Tr), Randfontein Noord en dié van die "Paul Krugerkerk" bedien.

Gedurende die tyd van sy bediening het hy op verskeie deputate van die Nasionale Sinode gedien. Daarbenewens was hy ook sterk by die onderwys, kultuur en ook by die weermag as 'n kapelaan betrokke.

Hy het op die Beheerliggame van 17 skole gedien en op 2 Skoolrade as voorsitter. Hy was ook in 1989 deur die minister aangestel op die Beheerliggaam van Prinshofskool vir blinde en swaksiende kinders, asook op die Raad vir Buitegewone Onderwys.

Tydens die vergadering van ''Bekommerde Gereformeerdes'', op 8 Maart 1994, is hy benoem as lid van die''Voortsettingskomitee'' . Hy het daarin gedien totdat dié Komitee in Februarie 1997 ontbind het.