Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Tweërlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die węreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die węreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geëmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

DIE PAD NA HERSTEL

-  PROF H VAN DER WATEREN  -

Dit is die tweede aflewering van 'n reeks radiopraatjies, in hierdie rubriek, wat die skrywer op die senders van Radio Pretoria gelewer het. Dit is gedoen onder die opskrif: ''Die Pad na Herstel''. Ons publiseer slegs die laaste vier uit die geheel van vyftien voordragte. Die geheel is in 'n brosjure beskikbaar en kan bestel word by die skrywer asook by die Woord en Klankwinkel van Radio Pretoria, Magalieskruin, Pretoria. Die aflewerings wat ons publiseer handel oor die saak van prinsipiële, politieke en en daadwerklike verset.

(2) DIE REG TOT VERSET

Verset kan en mag nooit 'n losse selfs doellose oefening wees nie. Verset vereis 'n baie helder doel en dan koersvaste optrede wat op die doel afgestem is.

Die wese hiervan lę in die Belydenis dat die owerheid 'n dienaar van God is, jou ten goede (Rom 13:1-7), dat die owerheid in alles gehoorsaam moet word en dat die owerheid so moet regeer dat ons 'n rustige en stil lewe kan lei (1 Tim 2: 1,2).

Die uitsprake in Romeine 13 vorm die gondslag van ons belydenis, naamlik die NGB, artikel 36, wat oor die owerheid handel.

Hoe moet ons dit verstaan? Hoe moet en mag ons, as gelowiges, optree teen of met betrekking tot die owerhede? In ons dae is dit baie aktueel, gesien in die lig dat in die owerheid wat tans oor ons regeer daar mense is wat openlik die Woord van God verwerp.

Ten einde antwoorde daarop te vind, moet ons teruggaan na die gesagsbeginsel wat in die vorige aflewering behandel is.

Jesus Christus is die enigste maghebber en alle owerhede ontvang hulle gesag van Hom. Wie dus, so staan dit in Romeine 13, die owerheid weerstaan, weerstaan God wat die owerheid daargestel het.

Gevolglik, so word daar alte maklik afgelei, mag 'n gelowige nooit in verset kom nie. Die Woord openbaar egter ook anders. In Handelinge 4 neem Petrus en Johannes ondubbelsinnig standpunt in met die uitspraak, ''of dit reg is voor God om julle (die Joodse Raad) meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis''. Vir ons is dit onmoontlik om te swyg ... .

Baie duidelik tree hulle hier in verset teen die ongehoorsame owerheid. Daarin is hulle openlik en reguit en stel hulle dit onomwonde dat hulle in verset kom. Dit is wesenskenmerke van verset. Dis openlik, helder op die doel afgestem, naamlik om God te gehoorsaam. So ontmasker hulle dus eers die owerheidsdwaling alvorens in verset te kom. Daarin lę die vermaning dat ons vir die owerheid moet bid. Bid opreg vir bekering van ongelowiges wat ons regeer.

As die wonder van bekering intree, tree ook die wonder van herstel vanself in. Want dan het ons 'n gelowige en redelike owerheid voor wie ons ons saak kan lę en van wie ons 'n billike antwoord kan verwag. As hulle hul egter nie bekeer nie, dien dié gebed vir hom (die owerheid) tot oordeel. Dan is hy die rewolusionęr wat God se gesag verwerp en dan tree die woorde van Johannes en Petrus se woorde in wer-king: of ons julle meer moet gehoorsaam as God, moet julle maar self beslis.

Dan tree verset in.

Dat die gebed en die gepaardgaande waarskuwing nie in die geheim moet of kan plaasvind nie, lę eenvoeudig opgesluit in die begrip orde. Op ordelike wyse moet gebid en vermaan word. As die owerheid dit in wanorde verwerp, moet steeds ordelik opgetree word. Dan het die onderdaan selfs nie net 'n reg tot verset nie, maar 'n plig daartoe - in die Naam van die Here.

Oor ordelike verset is Calvyn op voetspoor van die Woord baie duidelik: Slegs geordende liggame wat die volk verteenwoordig mag ordelik in verset kom. As individue willekeurig versetmatig optree lei dit tot wanorde.

In hierdie verband is daar 'n paar praktiese aangeleenthede wat in rekening gebring moet word.

Daar is 'n spitsberaad gehou waar hopelik 'n begin gemaak is om 'n buite-parlementęre, behoorlik verkose en dus wettige spreekbuis vir ons volk saam te stel. Baie werk moet nog gedoen word. Daarom moet hierdie saak deur gebed en aktiewe steun bevorder word sodat ons so gou moontlik 'n liggaam of liggame sal kan vestig wat namens ons volk, of dan minstens 'n beduidende deel daarvan, teen die owerheid kan getuig.

As hierdie liggaam behoorlik saamgestel kan word, het ons die eerste tree gegee op pad na herstel.

Dan kan die moontlikheid van or-delike verset ontgin word. Tereg moet ons vra of dit nodig is.

Ek dink dat dit redelik is om te sę dat die huidige regering rewolusionęr van aard is omdat daar in die regeerstelsel uitgegaan word van 'n handves van menseregte wat teenoor die Woord staan. Dit is al genoegsaam aangedui dat dié handves in die Humanisme - die verheerliking van die mens - wortel.

Die kritiese vraag van Johannes en Petrus, of ons ''julle'' meer gehoorsaam moet wees as God ... is dus ter sake.

Boonop beleef ons tans 'n geweldige spanning in die land tussen gesag en orde en het die noodwendige resultaat, naamlik wanorde, reeds op vele lewensterreine ingetree.

As dit gesę is, moet deeglik ondersoek en sorgvuldig beplan word. In geen opsig mag versetsoptrede van die waarheid van die Woord afwyk nie. Want dan word dit rewolusie. Oor hierdie teenstelling moet ons verder redeneer.

(3) VERSET EN REWOLUSIE

Aan die begin van hierdie praatjiereeks is daarop gewys dat ons volksvryheid begeer en daaromheen is die pad na herstel beredeneer.

Dit is opvallend dat vryheid ook die sentrale tema is van alle rewolusionęre bewegings wat węreldwyd voorkom.

Tydens die 1994-verkiesing het die huidige president, Thabo Mbeki, sy stembriefie in die stembus gegooi met die woorde: ''Free at last''. Vry van wat? Dit is nooit gesę nie, maar deurgaans is gesuggereer dat die Swart meerderheid toe bevry is van 'n sogenaaamde onderdrukkende Blanke minderheid.

Op die waarheid hiervan hoef ons nie in te gaan nie. Die punt is dat vir vryheid geveg kan word met rewolusionęre doelstellings en metodes óf met verset wat in die waarheid van die Woord wortel. En daarmee staan ons voor die absolute Waarheid. As ons dié waarheid nie in ag neem nie, verval ons alte gou in debatte oor wie rewolusionęr of wie versetmatig optree; wanneer is 'n terroris 'n vryheidsvegter, en dies meer.

Ons moet dus eerstens goed begryp dat vryheid nagejaag kan word deur geregverdigde versetmatige sowel as rewolusionęre optrede. Die werklike verskil sal egter in die formulering van vryheid en in die soort van optrede lę.

Om dit prakties te verduidelik kan ons sę dat om mense met brandende motorbande te vermoor - te ''necklace'', soos dit genoem is - is nie alleen barbaars nie; dit is deur en deur rewolusionęr omdat daar bloot met wilde emosies, sonder nugtere denke en sonder behoorlik getoetste beginsels opgetree is. Met hierdie optrede is die rewolusie gedien omdat die mense met 'n skrikbewind geďntimideer is. Die rewo-lusionęre metode openbaar dus die rewolusionęre denke waaruit die dae voortspruit. As dit as maatstaf geneem word, dan moet ons sę dat geregverdigde versetsdade suiwer aan die waar-heid getoets moet kan word. Dan is die stryd om vryheid in sekere opsig dalk moeiliker, maar dit is in alle opsigte heerliker, ryker en blywender.

Die vryheidsideaal moet dus helder wees, die vryheidsmetode doelgerig en suiwer. Dan sal die beoogde resultate nie uitbly nie.

'n Voorbeeld uit die verlede verduidelik dit.

In die jare 1830 - 1840 groei daar in die Oos-Kaap 'n onhoudbare toestand.

Daar word vanoor die oosgrens gemoor en geplunder. Plaasaanvalle is 'n reëlmatige verskynsel.

Die Britse - dit wil sę, 'n vir die Boere volksvreemde - owerheid perk die Boere se weerstandsvermoë in deur die inkorting van wapens en ammunisie.

Boonop word daar druk op die Boere uitgeoefen met betrekking tot hulle taal, godsdiens en ekonomiese omstandighede.

Wanneer dit onhoudbaar word, wanneer herhaalde klagtes en vertoë nie die probleem oplos nie, oorweeg die Boere alle moontlikhede hoe om weer vry te word. Die keuse val in dié omstandighede op die wegtrek uit die Brits-beheerde kolonie as 'n daad van verset in die verwerping van die Britse gesag wat hulle as dwingelandy ervaar het.

Word dit beoordeel, begryp ons dat verset - in welke vorm ookal:

'n onvermydelike botsing met die heersende regering en sy gesagsdraers veroorsaak;

afgestem moet wees op 'n helder einddoel;

met beroep op die skriftuurlike Waarheid uitgevoer moet word in die duidelike wete dat die ower-heid nie sy roeping kragtens die Here se Woord hanteer nie.

Daarom is daadwerklike verset 'n gebedsaak én 'n verstandsaak wat in terme van ons belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus, berus op 'n vaste vertroue en 'n gewisse kennis. As dit nie hieraan voldoen nie, is dit nie 'n werklike en geregverdigde verset nie, maar kan dié optrede die merktekens van rewolusie vertoon.

Verset vra dus diepgaande kennis, 'n helder doelformulering, 'n kalm oorweging van die feite, omstandighede en optrede, en as die saak dán helder is, verg dit 'n vasberade en daadkragtige aksie.

As dit alles gedoen is in die waarheid van die Woord, word dit 'n geloofsdaad en daarom 'n kragtige en vasberade operasie.

Verset is dus nie kinderspeletjies nie. Maar volksvryheid is nooit 'n eenvoudige saak nie. Vryheid vra stryd. As dit reg aangepak word, hou dit groot belofte in. Daarom vra dit die uiterste wils- en kragsinspanning.