Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 5 September 2001
PERSRUBRIEKPiet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER
1 Julie 2001, oor die nuwe Liedboek:
Om te dink dat deur die gebruik van die nuwe sangbundel die jeug meer meelewend en betrokke sal raak, is 'n droom, want die musiek is nie reg nie. Daar moet minstens 'n kitaar, blaasinstrumente en baie tromme in die begeleiding gebruik word.
Ek lees van Paulus waar hy skrywe dat hy nooit iets sal doen wat sy medemens aanstoot sal gee nie. Was dit werklik nodig om só 'n boek in gebruik te neem?
As ek kyk na sekere liedere in dié bundel in ander tale, is ek bevrees dat die lidmate op so 'n manier voorberei word vir gemengde eredienste en daardeur sal baie van ons lid-mate sitkamer-Christene word.
Die waarskuwing is geldig dat ons baie versigtig moet wees as ons opgaan na die huis van die Here en sę die Here vir sy volk: Ek het geen erg aan julle lofliedere nie.
Duidelik wil die volk God beďndruk met hulle sang. Ons is besig om die karakter van die kerk heeltemal te verander. Ek distansieer my heeltemal hiervan en sal seker ook nou maar 'n sitkamer-Christen word.