Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 5 September 2001
REDAKSIONEELDie afgelope maande is die aandag sterk gevestig op die gebeurtenisse in ons noordelike buurstaat, Zimbabwe. Die wyse waarop die blanke boere van hulle plase verjaag word, selfs beledig en aangerand is en ook in tronke beland het omdat hulle van hul kollegas en vriende wat wreedaardig aangeval is te beskerm en by te staan, is barbaars en in alle opsigte verwerplik. President Mugabe se openbare aanhitsing tot haat is 'n laakbare bydrae tot die heersende omstandighede.Sonder die insette van die blankes sou die voormalige Rhodesië nie sy ontwikkelingspeil bereik het nie, wat materiële en fisiese voorspoed aan die inheemse bevolking in hoë mate verskaf het. Tans staar honger-snood, werkloosheid en anargie die oorblywende, hoofsaaklik swartes, in die gesig omdat die meeste blankes Zimbabwe, uit vrees vir hulle lewens met die verlies van vrywel al hul aardse besittings, verlaat.
Ons kan dit nie wegdink en sommerso sê dat dit daar plaasvind, is omdat in die ver-lede die plaaslike swartes uitgebuit is nie. Die slagspreuk van ''Uhuru'' is die aandrywende oorsaak van haatspraak jeens die blankes wat ontwikkeling bewerkstellig het en as gevolg daarvan groter materiële welstand as dié van die deursnee inheemses verwerf het.
Kyk ons na die toestand in ons land is die situasie nie juis beter nie. In ons land is sedert die bewindsoorname deur die ANC/SAKP in 1994, baie meer boere asook van ons ouer mense op plase en in landelike gebiede, as in Zimbabwe vermoor. Die wreedheid wat van ons mense tans in hierdie moordvlaag ervaar het, laat 'n mens wonder of hierdie ''vryheidsvegters'' nog die benaming mense waardig is. 'n Menselewe is vir hulle nikswerd nie.
Onder hierdie omstandighede kan ons slegs op die Here vertrou en bid dat Hy sy bewarende hand nog oor ons en ons land uitstrek. So alleen mag ons ook bid vir seën op ons werk en deelname aan die stryd vir ons fisiese weerbaarheid, asook vir die geestelike en staatkundige vryheid en voortbestaan.