|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 5 September 2002
Aktueel
GRONDBESIT: VAN DIE HERE XVII TOT MUGABE
Presies 341 jaar gelede, die 23 ste Augustus 1661, kan as een van die geskiedkundigste dae in ons geskiedenis aangeteken word. Want dit is toe dat die Here Sewentien in n brief aan Jan van Riebeeck gelas het dat slegs amptenare van die Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaap wat wil boer, grond mag ontvang. Origens moet die aantal Vryburgers so klein as moontlik gehou word.
- RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2002Dit kan met reg as die begin van die grondkwessie in Suid-Afrika beskou word wat nou tot soveel onreg in Zimbabwe lei en die onderwerp van soveel omstrede eise en vrese in Suid-Afrika geword het.
Robert Mugabe se standpunt is onomwonde dat alle grond in Afrika aan swartmense behoort. Dit vind ook weerklank by sommige swartes in Suid-Afrika en baie van die huidige grondeise is hoogs omstrede.
Die geskiedenis leer egter dat die blanke op historiese grond baie besliste grondregte het, nie net as plaaseienaars nie, maar ook staatkundig.
So byvoorbeeld skryf W A Stals in sy doktorale proefskrif getiteld Die Kwessie van Naturelle-eiendomsreg in Transvaal 1838-1884 soos volg:
"Toe die Voortrekkers teen einde van die dertigerjare van die 19e eeu die Transvaalse gebied binnegetrek het met die doel om hulle permanent daar te gaan vestig, was die hele gebied as gevolg van die roof- en verdelgingsaanvalle van die Mantese, die Zoeloe en die Ndebele van Mzilikazi, vrywel ontvolk."
Die bekende historikus Theal skryf op sy beurt soos volg:
"In 1830 a land covered with skeletons of its former inhabitans, a few famished individuals lurking in the mountains, and a small number of fugitives either along the Caledon, or in the distant north, the Cape Colony or the Kalahari desert "
Stals en Theal maak albei gewag daarvan dat hierdie swartes onder beskerming van die blanke Voortrekkers weer sekere dele beset het, maar dat sodanige grond die staatseiendom van die Republieke gebly het.
Die Voortrekkers het hulle in Natal op grond gevestig wat wettiglik van Dingaan bekom is en daarna met bloed gekoop is. In die Vrystaat en Transvaal het die Trekkers hulle op ontvolkte gebiede gevestig. Hulle het trouens ook beskerming aan die slagoffers van die Difiqane gebied.
Vestiging en grondreg op die basis van besetting en ontwikkeling, selfs verowering, geniet al eeue lank internasionale erkenning. Dit is net in Afrika waar aan-spraak op grondreg gemaak word omdat n vader of voor-vader die reg op n graf op n plaas gegun is.
Dit is belangrik dat die Boere-Afrikaner sy wettige, geskiedkundige grondgebied identifiseer sodat hy hom met reg voor die huidige heersers, maar ook voor die internasionale gemeenskap op volksbesit kan beroep.
Die gewese Volkstaatraad het intensiewe studies van Afrikaner-grondbesit gemaak en daardie dokumente kan gerus weer uit die rakke gehaal word om die Boere-volk se saak oor grondbesit te verdedig.