Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Ekumene

AKTUEEL: Grondbesit: Van die Here XVII tot Mugabe

SKRIFOORDENKING:
Geroepenis kan 'n verskil maak.

Uitspraak van die Kaapse Sinode NGK: VU toekenning Dr Luther King

OPE BRIEF: PU vir CHO

Gereformeerde Kerke by kruispad

Individualisme en Menseregte

Infiltrasie van ... die Kommunisme

KERKLIKE JOERNAAL: 
Aartsbiskop Tutu kry Eregraad van PUK

Winsbejag met kerk se fondse?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Pretoriase Akademie vir CVHO open sy deure

Christelike en Afrikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Leer uit die geskiedenis

Die Johannesburgse Aardeberaad

PERSRUBRIEK: 
Versoek aan Kader Asmal om onderwyswet terug te trek

Waarom nie net Skrif vertrou?

VIGS

"Happy Clappy" Gospel optrede in Gereformeerde Kerk Meyerspark

Die Kommunisme

Evolusie en die Bybel

KOMMENTAAR: 
Dialoog (debat) oor die waarheid van God se Woord?

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 5 September 2002

REDAKSIONEEL

Met die oog op die redaksie van hierdie uitgawe van ons blad was die afgelope twee maande besonder. Daar was talle gebeurtenisse wat indruk gemaak of geskok het. Soveel as moontlik is alles wat in die gereformeerde lewe saak maak, bekendgestel, beskryf en gekritiseer.

Dit is opmerklik dat ander tydskrifte van Die Gereformeerde Kerke oor die sake van die PU vir CHO swyg soos die graf, asook oor die sekulêre verbintenisse wat met die toetrede van die nuwe rektor, dr Theuns Eloff, ontstaan het.

Wat ons betref, is in hierdie uitgawe standpunte gestel wat die tradisionele Gereformeerde geloofsoortuigings handhaaf. Dit het ook betrekking op die komende GKSA Sinode van Januarie 2003. In vorige uitgawes is die sake wat daar sal dien uitvoerig aan die orde gestel en toegelig. Laat dit meer as duidelik wees dat ons redaksie nie die liturgiese veranderings wat in sekere kringe voorgestaan word, goedkeur en sal bevorder nie. Dit betref die saak van die vrou in kerklike ampsbediening, die aanvaarding van die Cloete-omdigting in die Nuwe Liedboek van die Kerk, die sing van vrye liedere in die erediens, kelkies by die gebruik van die Heilige Nagmaal en nog minder die bediening daarvan in die kerkbanke nie.

Wat die saak van die Bybelvertaling aangaan, staan ons vas by die 1933/53 vertaling as die meer suiwere weergawe van God se Woord.

Verder staan ons by die kerke waarmee ons een is in die leer, diens en kerkregering, dat ons hulle ook ondersteun in motivering en bekendstelling. Help asseblief om ons redaksie van ons blad van inligting te voorsien oor alles wat saak maak om in die kerkverband bekend te stel. Daar is talle sake wat van algemene belang is wat ons graag wil publiseer.

ADMINISTRASIE

Die asseblief-versoek wat met die versending van die vorige uitgawe gepaard gegaan het, het goeie resultate opgelewer. Tog het nog nie almal positief daarop gereageer nie. Daarom herhaal ons dit by die versending van hierdie uitgawe maar weer, om te probeer om ons intekenaarlys op datum te gaan kry. Dit betref dus slegs diegene wat nog nie vir die vorige, die vyfde jaargang hulle intekengeld bygedra het nie.

Aangesien na die verskyning van die volgende uitgawe hierdie, die sesde jaargang voltooi is, en die eerste uitgawe van die sewende jaargang DV in Januarie 2003 gaan verskyn, sal dit waardeer word om vroegtydig herintekeningsbydraes daarvoor te ontvang. Ons probeer om die koste, tensy drastiese kosteverhogings gaan plaasvind, dieselfde as vir hierdie jaargang, dit wil sê R90-00 te handhaaf. Donasies vir onvoorsiene kostes en bydrae vir finansieel-behoeftiges sal daarbenewens waardeer word.