Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Ekumene

AKTUEEL: Grondbesit: Van die Here XVII tot Mugabe

SKRIFOORDENKING:
Geroepenis kan 'n verskil maak.

Uitspraak van die Kaapse Sinode NGK: VU toekenning Dr Luther King

OPE BRIEF: PU vir CHO

Gereformeerde Kerke by kruispad

Individualisme en Menseregte

Infiltrasie van ... die Kommunisme

KERKLIKE JOERNAAL: 
Aartsbiskop Tutu kry Eregraad van PUK

Winsbejag met kerk se fondse?

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Pretoriase Akademie vir CVHO open sy deure

Christelike en Afrikaanse Onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Leer uit die geskiedenis

Die Johannesburgse Aardeberaad

PERSRUBRIEK: 
Versoek aan Kader Asmal om onderwyswet terug te trek

Waarom nie net Skrif vertrou?

VIGS

"Happy Clappy" Gospel optrede in Gereformeerde Kerk Meyerspark

Die Kommunisme

Evolusie en die Bybel

KOMMENTAAR: 
Dialoog (debat) oor die waarheid van God se Woord?

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 5 September 2002

Hoofartikel

Ekumene is die "in"-ding in die kerklike lewe van vandag. Ekumene is 'n woord wat 'n bepaalde eenheid aandui. Ons bely dit in die Apostoliese Geloofsbelydenis, ook bekend as die Twaalf Artikels van die algemene ongetwyfelde, Christelike geloof, wat reëlmatig as deel van die liturgie in Gereformeerde kerke dien. Hierdie belydenis staan bekend as een van drie ekumeniese geskrifte, saam met die Geloofsbelydenis van Nicéa en dié van Atanasius. Ons bely daarin ons geloof aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk. "Algemene" kerk is in die ouer tekste van die Twaalf Artikels as "katolieke kerk" weergegee. Katoliek, soos dit ook as deel van die offisiële naam van die Roomse kerk - Rooms-Katoliek - bekendstaan, het dieselfde betekenis as ekumene. "Ekumene" verwys na die gehele bewoonde węreld, die ganse kultuurwęreld sover dit die gehele mensheid daarby insluit. Dit is dus 'n węreldwye ekspansie van die kerk, soos 'n woordeboek dit beskryf as die samewerking van al die Christelike kerke. Aangesien dié samewerking in die gedrang is, wil ons dit kortliks bespreek.

'n Bybelteks wat nogal ruim gebruik word om die węreldwye "eenheid" van gelowiges te beklemtoon, is Johannes 17 : 21: "Dat almal een kan wees". Ja, die Here Jesus Christus het gebid vir die ware ekumene van sy kinders. "Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die węreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee , en hulle het u woord bewaar. ... Maar ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo - dat almal een mag wees net soos U, Vader in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die węreld kan glo dat U My gestuur het ..." (Joh 17 : 6, 20, 21).

Die praktyk van die ekumene, soos wat ons dit tans ervaar, is vanuit suiwer Skriftuurlike motivering betwisbaar. Johan Gouws

'n Bybelteks wat nogal ruim gebruik word om die węreldwye "eenheid" van gelowiges te beklemtoon, is Johannes 17 : 21: "Dat almal een kan wees". Ja, die Here Jesus Christus het gebid vir die ware ekumene van sy kinders. "Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die węreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee , en hulle het u woord bewaar. ... Maar ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo - dat almal een mag wees net soos U, Vader in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die węreld kan glo dat U My gestuur het ..." (Joh 17 : 6, 20, 21).

Die praktyk van die ekumene, soos wat ons dit tans ervaar, is vanuit suiwer Skriftuurlike motivering betwisbaar. Johan Gouws (1) wys daarop dat Calvyn vir ekumene in die kerk gepleit het maar dat sy eenheid omskryf is en geensins grensloos was nie. "Die eenheid wat Calvyn beoog het was geen algemene broederskap waarvan die inhoud en grondslag nie dogmaties bepaald is, maar 'n eenheid in die Waarheid. Waar die Woord van God gehoor word, daar is eenheid; en waar Gods Woord verwerp word, daar is verstrooiing. Hieruit lei ons af dat daar wel sprake kan wees van die interessante onderskeiding van ware en valse ekumene, 'n ware en onware eenheidstrewe"

Hoewel die oorspronklike opset van die Ekumeniese beweging binne die gereformeerde kerklike kringe begin het met die formele binding aan die Gereformeerde belydenisskrifte, reik dit tans veel verder en sluit dit selfs die nie-Christelike godsdienste daarby in, soos die Węreldraad van Kerke en sy geaffilieerde plaaslike Rade, soos byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en ander.

1600 Jaar na die eerste ekumeniese konsilie te Nicea is die eerste "ekumeniese konsilie" van die moderne tyd belę. Dit was in Stockholm, in 1925. Dit betref ingrypende verskille. In Nicea was die stryd teen Arius, wat die Godheid van Christus ontken het, die swaartepunt. Dáár was die handhawing van die suiwer belydenis van Jesus Christus, die petra waarop Hy sy gemeentes bou en in stand hou, die belangrikste tema. Maar die kongres te Stockholm het ander doeleindes nagestreef en het die steen, wat deur God tot 'n hoeksteen gestel was, verwerp. Laasgenoemde se taak is aldus omskryf: "Die Konferensie vir Werk en Lewe streef na die vereniging van die verskillende kerke vir praktiese arbeid, terwyl hy afsien van 'n behandeling van vrae aangaande belydenis en kerkorde". Waar Nicea die eenheid gehandhaaf het deur te begin met die formulering van die belydenis teenoor ketters, het Stockholm doelgerig dit buite bespreking gelaat. Dáár is slegs 'n eenheid deur praktiese samewerking nagestreef, waarmee hulle die węreld wou red. Die gevolg van hierdie "leer-myding" was die spesialisering op probleme. "Die leer skei maar diens verenig!" was die kernspreuk van 'n bekende stigterslid, dr Nathan Söderblom. Die volgende onderwerpe is op die agenda van die kongres behandel:

1.  Die verantwoordelikheid van die kerk met betrekking tot Gods plan met die węreld. (Verskillende toesprake oor hierdie tema het eenheid en vrede bepleit opdat die koninkryk van God, die groot kultuurstaat van die toekoms sou kon gevestig word.)

2.  Die kerk en die ekonomiese en industriële vrae.

3.  Die kerk en die sosiale en etiese vrae.

4.  Die kerk en die onderlinge verstandhoudinge tussen die volke.

5.  Die kerk en die Christelike opvoeding.

6.  Metodes van praktiese en organisatoriese samewerking tussen die kerke.

Daar was afgevaardigdes uit alle dele van die węreld. Daar was onder andere 33 biskoppe en aartsbiskoppe. Daar was Wes-Europese gereformeerdes maar ook oosterse-ortodokse. Net soos onlangs in ons land, is daar 'n gemeenskaplike skuldbelydenis uitgespreek: "Ons bely voor God en die węreld die sondes en tekortkomings, waaraan die kerke hulle deur gebrek aan liefde en meelewende begrip skuldig gemaak het. Mense wat ernstig na waarheid en geregtigheid gesoek het, het ver van Christus gestaan omdat sy navolgers Hom op so 'n onvolmaakte wyse aan die mensheid getoon het. Die oproep van die huidige tydsgewrig aan die kerk moet derhalwe 'n oproep tot bekering en tog ook 'n beroep op 'n vreugdevolle nuwe begin, gesterk deur die onuitputlike kragte van Christus, wees".

Gedurende die eerste kwart van die twintigste eeu is  in toenemende mate in kerklike kringe die tendens tot samewerking bemerk. Op die konferensies vir praktiese Christendom, Life and Work, onder leiding van Söderblom, te Stockholm 1925, Oxford 1937 en Edinburg 1937, is met geduld na elke afvaardiging se standpunte geluister. Ook die Anglikaanse afvaardiging het hulle mening gelug. Ekumeniese skakels is hegter gesluit. Die Internasionale Sendingraad het sedert hul eerste vergadering in 1910 te Edinburg onder leiding van John R Mott, tot in 1958, met hul vergadering te Ghana, presies sewe keer vergader. Voorstelle is gemaak om 'n Węreldkerke-organisasie tot stand te bring wat al hierdie bewegings sou kon akkommodeer. In 1946 is uiteindelik 'n voorlopige komitee gestig wat tot die totstandkoming van die Węreldraad van Kerke in 1948 gelei het (2).

In 1956 publiseer 'n gesamentlike komitee van die Węreldraad en die Internasionale Sendingsraad dat van toe af vir hulle alle "sending" die aard van 'n dialoog moet hę, aangesien in die werk van die evangelisasie sowel geluister as gespreek, ontvang as onderrig word. "'n Aggressiewe aanval op ander geloof, sluit die deure vir die evangelie, terwyl 'n ootmoedige benadering deure oopmaak. Dit moet nou in die besonder die geval wees in ons kontak met die Jode." Dit is duidelik dat die onderskeiding van waar en vals ten opsigte van die lidkerke daarmee weggeval het.

Die Gereformeerde Kerke is hiermee gedompel in 'n wentelende spiraal van vrysinnigheid. Dis 'n nimmer eindigende dialoog wat op die terreine van die ekumene plaasvind. Verteenwoordigers van die Afrikaanse (suster-) kerke ontmoet mekaar op konferensies waar die belydenisgrondslag ondermyn word. Een van die kenmerke van die ekumeniese beweging is dat dit as "tweede Reformasie" juis die uitgangspunt van die "eerste" Reformasie verlaat het en uitgaan van die betreklike eenheid, wat tussen elkaar uitsluitende menings gevind word.

"Als God Vader is van alle mensen en 'alle Menschen werden Brüder', welnu, dan zal voorop moeten staan een eerbiedigen van elkaars overtuigingen. De Reformatie zei: Wij hebben de Waarheid! Denk aan de ... uitspraak van Calvijn, waarin hij de roomsen gezworen en openbare vijanden der waarheid noemt. Doch thans heeft men een andere richting gekozen: er valt over de waarheid te praten, zij is verhandelbaar, 'negotiable'. En daar blijkt een voortzetting van de geest der renaissance" (3).

In ons land is die gees en praktyk van eenheid en horisontale versoening sterk bevorder deur die aksie van Aartsbiskop Desmond Tutu in sy posisie as sekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. In dié hoedanigheid was hy 'n verkondiger van 'n valse eenheid wat deur 'n onware ekumene bevorder word. Wie tekort doen aan Christus as God se Seun en ons Borg gebonde Evangelie-na-die-Skrifte, hy verbeur die reg om te spreek van, oor en vir die ekumeniese apostolaat. "Al roept hij ook de keel zich schor voor de Oecumenische Boodschap, en voor de Oecumenische Beweging en voor het Oecumenisch Apostolaat, het wordt er niet anders van. De 'Boodschappen' moeten trouw zijn aan de Boodschap; en zo niet, er daagt geen oecumenische dageraad" (4).

As gevolg van ekumeniese kontak sluip die dwaalleer ons kerke binne in die vorme van Skrifkritiek, liturgiese vernuwing en aanpassing aan sekulęre omstandighede. Tydens die eerste konferenasie te Stockholm (1925) was die saak van die vrou in kerklike ampte reeds voorgestaan. Gesamentlike viering van die Nagmaal het al spoedig praktyk geword terwyl die suiwerheid in leer en lewe nie getoets is nie. Soos hierbo gestel is, is die agenda van die "Ekumene" toegepits op sosiale vraagstukke. Samewerking met die Verenigde Nasies spruit daaruit voort. Dit was ook sigbaar tydens die Węreld-Aardeberaad wat in Sandton gehou is.

Gesien in ware lig beteken toetrede tot die Węreldraad (WVK) metterdaad prinsipiële toestemming in die deurbraak tussen Bybelgetrouheid en vrysinnigheid, verflouďng van die grense en die aanvaarding van 'n saamgaan van belyders met betwyfelaars en loënaars van Christus.

Lees ons nie in Openbaring 13 van die twee diere wat uit die see en uit die aarde opkom nie? Altwee oefen mag uit om die gelowiges te verlei en afvallig van God te laat word. Albei verteenwoordig die valse profesie en kan gesien word as die verteenwoordigers van die sekulęre, godlose New Age - Een-węreldstaat en van die valse Ekumene, die valse kerk wat "aan hom self en sy besluit meer mag en gesag toeskryf as aan die Woord van God en homself nie aan die juk van Christus onderwerp nie" (NGB, art 29).