Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

Aktueel

HULDE AAN DIE BOERE-AFRIKANER VROU EN MOEDER

NUUSKOMMENTAAR OP RADIO PRETORIA, MAANDAG 11 AUGUSTUS 2003

9 Augustus is deur die ANC-owerheid tot Nasionale Vrouedag verklaar. Die ANC wil dan ook graag die indruk skep dat vroue in Suid-Afrika eintlik eers onder sy bewind wetrklik tot hulle reg gekom het. Dit is natuurlik onwaar.

Die skepping en viering van allerlei spesiale dae, is 'n kenmerk van bewindhebbers wat die humanisme aanhang. Dit is pure oëverblindery om hull eie mislukkings te verdoesel en skep handige geleenthede vir ideologies-gedrewe gesubsieerde feesvieringe wat daarop gemik is om die lof van die regime en sy ideologie te besing. Suilke geleenthede word dan ook benut vir breinspoeling en indoktrinasie.

Die humanisme plaas die mens en nie God nie, in die middelpunt van die lewe. Juis daarom trek die Humanisme en sy uitlopers soos die Liberalisme en die Kommunisme, die verhouding tussen mense en die menslike instellinge en strukture voortdurend skeef. In die veronderstelde volmaakte samelewing probeer hulle van bo af menslike verhoudinge organiseer, sodat dit aan hul uitgangspunte en ideale voldoen. Teen hierdie agtergrond moet ook die sogenaamde Nasionale Vrouedag beskou en beoordeel word.

Die humanisme en diegene wat dit aanhang en toepas, saai onmin en konflik tot waar hulle gaan. Iets of iemand word alewig verabsoluteer. Só byvoorbeeld, is die Kommunisme en sy aanhangers voortdurend behep met die werkersklas wat dan kwansuis deur die sogenaamde Kapitaliste uitgebuit word. Die werkers word dan georganiseer en aangehits om allerlei buitensporige eise te stel tot op die punt waar die ekonomie te gronde gaan en dit op 'n verloor-verloorsituasie afstuur. Die Liberalisme, die ideologiese bloedverwant van die Sosialisme, verhef weer die individu tot iets amper goddeliks. Individuele menseregte word feitlik 'n godsdiens.

Albei hierdie "ismes" vind 'n tuiste in die "New Age" waarin die lof van die soewereine mens besing word en waarin daar geen plek vir God en sy gebod is nie. Albei hierdie humanistiese rigtings is in oormaat in die huidige Suid-Afrika en in amptelike beleid op alle vlakke te vinde.

Binne hierdie mensgesentreerde denke word dan spesi-le dae - menseregtedag, vryheidsdag, werkersdag, jeugdag, vrouedag, erfenisdag, versoeningsdag en welwillendheidsdag - van staatsweë ingestel en met groot fanfare en uitspattigheid gevier. Die implikasie is dat menseregte, vryheid, arbeidsadel, jeugbelange, vroueregte, erfenisbewaring, versoeniing en welwillendheid, dinge is wat vóór die ANC-magsoorname óf nie tot hul reg gekom het nie, óf glad nie bestaan het nie. Dit is natuurlik snert.

Meeste van die onderlinge verhoudinge wat met die bogenoemde sake verband hou, was vroeër beter en gesonder as tans. Slegs in 'n samelewing georden volgens Christelike norme en waardes, word daarin geslaag om ware harmonie en verdraagsaamheid te skep. Slegs in so 'n samelewing kan die vrou, die jeug, die werkers en die omgewing waarlik tot hul reg kom.

Die Boerevolk het nie 'n dag nodig om vroue te probeer oophef nie. Ons eer altyd die Boere-Afrikanervrou en - moeder wat dwarsdeur ons geskiedenis ons volk se hoogste ideale verpersoonlik het. Ons wil veral elke dag hulde bring aan die huidige geslag Boere-Afrikanervroue en -meisies wat koers hou te midde van die felste ideologiese aanslag in ons geskiedenis.