|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 4 September 2003
Aktueel
TUTU OOR DIE "PLOFKRAG VAN DIE BYBEL"NEELS JACKSON, IN: BEELD, SATERDAG 16 AUGUSTUS 2003
Hy is seker dr. D.F. Malan het deelgeneem aan die algemene joligheid in die hemel toeD.F. Malanrylaan in Johannesburg hernoem is tot dr. Beyers Naudé, het aartsbiskop Desmond Tutu Vrydag gesê.
Tutu het die eerste jaarlikse Beyers Naudé-gedenklesing by die Universiteit van Pretoria aangebied en na dié en ander voorvalle uit Naudé se lewe verwys as voorbeelde van God se humor.
Die 88-jarige Naudé, wat deesdae nie eintlik meer in die openbaar verskyn nie, het die geleentheid Vrydag in n rolstoel bygewoon. Hy het gesê sy gesondheid is goed en hy doen nog elke oggend oefeninge. Hy het die Kagiso-trust bedank wat die gedenklesing borg en die Beyers Naudé-skoolontwikkelingsprojek bekend gestel het. Vir hom is dit baie belangrik dat minderbevoorregte swart skole gehelp word.
Tutu het sy lesing gewy aan die plofkrag van die Bybel. Hy het gesê die regering het in die vorige bedeling baie boeke verbied omdat dit ondermynend sou wees. Hulle het altyd gesê die regering is te laat, want Die Bybel is die mees revolusionêre boek wat in onderdruktes se hande geplaas kan word.
Volgens Die Bybel het elke mens oneindige waarde omdat elkeen na die beeld van God gemaak is. Dit staan direk teenoor wat in die apartheidstyd gebeur het.
Tutu het ook gesê dat God nie onpartydig is nie, maar onbeskaamd aan die kant is van die swakkes en mense wat "na die onderkant van die hoop" en "die agterkant van die ry" gedruk word.
Dít was die sienings wat Naudé geïnspireer het. "En hoe
skouspelagtig het God hom nie reg bewys nie," het Tutu gesê.
n Kort biografiese video oor Naudé se lewe is vertoon. n Aangedane Naudé het
trane afgevee toe die gehoor hom daarna n staande ovasie gegee het.
Dr Pieter van der Dussen het op die saak ingegaan en aan dr Martin Kuiper (in Nederland) op E-pos gevra of dit as godslasterend en heiligskennis getipeer moet word. "Ek verneem graag u beoordeling hiervan. Is dit Godslastering?"
Dr Kuyper antwoord daarop as volg:
"Ek glo nie dat ons hier n geval van Godslastering het nie. Dit is tipies uitlatings van iemand wat in die greep is van die humanistiese teologie, waarby God gekommersialiseer word as die God van die swakkes en verontregtes. In die verslag sit trouens n innerlike teenstrydigheid: aan die een kant sê Tutu dat alle mense na die beeld van God gemaak is; aan die ander kant "bemoei" God Hom nie met mense aan die wenkant van die lewe nie (dus: blankes!), maar aan die ander kant staan God "onbeskaamd" aan die kant van die swakkes in die samelewing.
Teologies gesien sit hier n hele string van ketterye in die verslag van die woorde van Tutu, waarvan die leer van die alversoening die meeste in die oog spring. Heiligskennis? Ag nee, Tutu praat van n ander God as die God wat Hom in die Bybel openbaar en dit ìs... geen god nie!
Jy vind dit weersinwekkend. Maar dit is redenerings wat mens wêreldwyd sien by mense wat die Woord van God losgelaat het, ook al skerm hulle met Bybelse gedagtegoed. Dit staan alles in die lig van die leuen van Satan aan die begin: "is dit ook dat God gesê het...? en dan volg n Bybelteks, uit sy verband geruk, aangehaal."