Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

WAT IS NOU DIE SONDE VAN KERKSKEURING?

Sekere kerkrade en individue het hulle misnoeë met, en verwerping van bepaalde sinodebesluite uitgespreek omdat dit in stryd met die Woord van God is. Sekere roomsgesindes het egter strydkrete en beskuldigings van skeurmakery die wêreld ingestuur. In die harte van Gereformeerdes leef 'n denkskema wat van die kerkegemeenskap 'n skeurbare struktuur probeer maak. Hulle is oortuig van die sinodale kerkbegrip - 'n konsep wat destyds met sy dwinglandy juis aanleiding gegee het tot die herinstituering van vrye Gereformeerde kerke onder die seringboom te Rustenburg. ...

Is dit noodwendig 'n misdaad wanneer lidmate of 'n gemeente nie inval by die meerderheidsbesluit nie en daarom die kudde verdeel? Reformatore en lidmate wat aan reformatoriese aktiwiteite in die kerkgeskiedenis deelgeneem het, is daarvan beskuldig.

'n Kerkverskeurder is nie iemand wat die kerkre-geerder se magspel van eiesinnigheid breek soos Elia met Agab nie, maar iemand wat met magspel die kerkvolk in ongehoorsaamheid van God af wegskeur, soos Agab (1 Konings 18:17-18). Judas noem hulle in verse 18 en 19 spotters wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (dinge wat hulle nie uit die Woord van God kry nie), sinnelike mense wat die Gees nie het nie en skeuring maak. Wanneer 'n kerklike vergadering, na ernstige beswaar en herhaalde waarskuwing, deur sy besluite standpunte of praktyke duld wat in stryd is met die Woord, is so 'n besluit 'n demonstrasie van eiesinnige magspel. Dáárdeur word 'n kerkegemeenskap geskeur.

Ds HLJ Momberg. In: Waarheid en Dwaling

Augustus 2003 (bl 5,6)