|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 4 September 2003
REFORMATORIESE VERSET
Verbondseminaar 2003 - Pretoria, 26 Julie 2003
VERSET EN DIE SKRIF
LESING DEUR DS GUSTAV OPPERMAN - GEREFORMEERDE KERKE SANNIESHOF EN DELAREYVILLE
lnleiding"Teenstand; weerstand; opstand". Volgens die HAT beteken die woord "verset" die volgende:. Verset bied, pleeg, of aanteken. Gewapende, lydelike verset. In verset kom teen n onderdrukker, vreemde oorheerser. Die betekenis gaan duidelik in twee rigtings uiteen: om verset te pleeg, om gewapende verset te pleeg om in verset te kom teen n onderdrukker of n vreemde oorheerser dui alles in die rigting van verset as opstand. Terwyl om verset te bied, om teenstand te bied of aan te teken, meer gerig is op verset as weerstand. Omdat hierdie n inleidende bydrae sal wees, is dit miskien wys om eerstens die betekenis van die woord "verset" vir n oomblik in oënskou te neem.
Wat verset as weerstand betref het ons twee besonderse verwysings in die Skrif, naamlik Efesiërs 6:13 waar dit gaan oor die gelowige se weerstand teen die aanslae van die duiwelse magte en Hebreërs 12:4 waar die gelowige se weerstand teen die sonde in die gesigsveld kom. Beide hierdie aanwendings van die begrip weerstand verskil ooglopend van die begrip verset as opstand. Die verskil tussen verset as weerstand en verset as opstand kan egter ook soms moeilik wees, maar die onderskeid moet myns insiens gehandhaaf word. Die rede daarvoor sal straks duideliker word.
Ter wille van bondigheid kies ek om verset as opstand breedvoeriger verder uit die Skrif toe te lig.
Die wortel van verset
As ons moet soek na die wortels van verset soos deur die Openbaringsgeskiedenis duidelik word, dan moet ons by die eerste drie hoofstukke van Genesis begin. Daar kom die mens in verset teen die Woord van God. Hierdie verset veronderstel n ander verset, n verset wat die eerste menslike verset voorafgaan - dit is die verset van die Slang, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld ver!ei (Op 12:9).
Die tiperende van die Satan se verset word vir ons in Jesaja 14 geskets. Daar gaan dit oor die val van die koning van Babel, maar dit is eweneens van toepassing op die Satan. Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! ... Jy het in jou hart gesê; ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms ... Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (Jes 14:12-14).
Hierdie verset kom net so maklik in die menslike hart op. So maklik het die eerste mens en sy vrou geglo dat hulle soos God sal wees (Gen 3:5). Sedertdien is die versinsels van die mens se hart altyd boos (Gen 6:5; Pred 9:3). Sedertdien is die mens!ike hart n fontein van opstand, n fabriek van afgode soos Calvyn dit by geleentheid gestel het. Die mens kom in verset teen die wil van God in sy lewe.
Hierop moet ons ag gee. Verset verstaan as opstand - is in die eerste instansie nie n kenmerk van God nie! Verset is by uitstek n kenmerk van die Satan en sy kinders. Soos die Here Jesus hom in Johannes 8:44 as "die vader van die leuen" brandmerk, so kan ons hom sekerlik ook "die vader van verset" noem. lets hiervan is al in die verlede raakgevat deur n skrywer soos Groen van Prinsterer, toe hy die verband tussen Ongeloof en Revolusie aangetoon het: "De haat tegen het evangelie is het kenmerk van de revolutie" (1951:144).
Hierdie beginsel kom duidelik na vore tydens Jesus se verhoor. Die Joodse volk wat in opstand was teen God het gekies vir die man van opstand. Die ongeloof van die Jode maak dat die opstandeling, die revolusionêr, Barnabas, vir hulle n aanneemliker keuse was toe daar n gevangene vrygelaat moes word. En Pilatus het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer (Luk 23:25). Ook in sy laaste oomblikke voor sy kruisiging sien ons Jesus Christus teenoor verset en opstand te staan kom. Christus en sy onderdane heers oor verset.
Christus bring versoening tussen God en mens. Maar dit is nie al nie. In Kol 2:15 wys Paulus op die triomf van Christus oor die owerhede en magte. Hiermee wil die apostel die gemeente te Kolosse vertroos met die versekering dat die wêreldheerskappy nie in die duiwel se hande is nie. Nee, dit is Jesus Christus wat triomfeer. "Die wêreld moet daarom nie in die eerste plek as die werkterrein van die duiwel gesien word nie, maar as die gebied waaroor Christus hoe langer hoe meer sy heerskappy laat geld" (Floor, 1974:21).
As ons dus na verset verwys, verwys ons eerstens na duiwelswerk. Omdat die gelowige in diens van die Koning staan, moet al sy werk dalk eerder bekend staan as die onderdrukking van verset en opstand. Dit geld myns insiens ook vir die Christen wat "plichtmatige verzet" (Groen van Prinsterer, 1951:29) met ander woorde, verset as weerstand beoefen. Soos reeds aangetoon, moet ons dus nie verward begin raak en verset as weerstand, as opstand begin sien nie. In die lig van bogenoemde is die gelowige wat die duiwelse magte weerstaan, ook besig om die duiwel se opstand te onderdruk.
Die gelowige kom nie in verset nie, hy is in diens van sy Koning, dié Onderdrukker van verset. Hy is burger en onderdaan in die koninkryk van Christus (Fil.3:20). Sy Heer en Meester het die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer (Kol 2:15).
Omdat die werk van die gelowige in diens is van die Koning, dra dit ook n amptelike karakter (vgl. HK, Sondag 12 v/a 32). Wanneer die gelowige enige vorm van duiwelse verset onderdruk, moet dit n amptelike karakter dra. Soos die priesters van ouds eers hulself moes reinig alvorens hulle hul amptelike werk kon doen, so moet die gelowige in sy amp homself ook eers reinig. Alle onderdrukking van verset in die geloofsgemeenskap begin by die onderdrukking van verset in die gelowige se eie hart (vgl. I Kor 10:12). Alle onderdrukking van verset deur die kerk buite die geloofsgemeenskap begin by die onderdrukking van verset in die binnekring van die geloofsgemeenskap self. Indien die oordeel van God by die huis van God begin (1 Pet 4:17) moet die selfbeoordeling uiteraard ook daar begin. Sonder die profetiese en apostoliese gesag wat deur Christus aan ons werk n amptelike karakter gee, sonder selfbeproewing, is daar geen waarborg dat ons werk nie ook in n opstand sal ontaard nie.
Daarom mag ook nie alle modelle in die Skrif vir ons normatief wees nie. Dit is so dat die H
"Teenstand; weerstand; opstand". Volgens die HAT beteken die woord "verset" die volgende:. Verset bied, pleeg, of aanteken. Gewapende, lydelike verset. In verset kom teen n onderdrukker, vreemde oorheerser. Die betekenis gaan duidelik in twee rigtings uiteen: om verset te pleeg, om gewapende verset te pleeg om in verset te kom teen n onderdrukker of n vreemde oorheerser dui alles in die rigting van verset as opstand. Terwyl om verset te bied, om teenstand te bied of aan te teken, meer gerig is op verset as weerstand. Omdat hierdie n inleidende bydrae sal wees, is dit miskien wys om eerstens die betekenis van die woord "verset" vir n oomblik in oënskou te neem.
Wat verset as weerstand betref het ons twee besonderse verwysings in die Skrif, naamlik Efesiërs 6:13 waar dit gaan oor die gelowige se weerstand teen die aanslae van die duiwelse magte en Hebreërs 12:4 waar die gelowige se weerstand teen die sonde in die gesigsveld kom. Beide hierdie aanwendings van die begrip weerstand verskil ooglopend van die begrip verset as opstand. Die verskil tussen verset as weerstand en verset as opstand kan egter ook soms moeilik wees, maar die onderskeid moet myns insiens gehandhaaf word. Die rede daarvoor sal straks duideliker word.
Ter wille van bondigheid kies ek om verset as opstand breedvoeriger verder uit die Skrif toe te lig.
Die wortel van verset
As ons moet soek na die wortels van verset soos deur die Openbaringsgeskiedenis duidelik word, dan moet ons by die eerste drie hoofstukke van Genesis begin. Daar kom die mens in verset teen die Woord van God. Hierdie verset veronderstel n ander verset, n verset wat die eerste menslike verset voorafgaan - dit is die verset van die Slang, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld ver!ei (Op 12:9).
Die tiperende van die Satan se verset word vir ons in Jesaja 14 geskets. Daar gaan dit oor die val van die koning van Babel, maar dit is eweneens van toepassing op die Satan. Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! ... Jy het in jou hart gesê; ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms ... Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (Jes 14:12-14).
Hierdie verset kom net so maklik in die menslike hart op. So maklik het die eerste mens en sy vrou geglo dat hulle soos God sal wees (Gen 3:5). Sedertdien is die versinsels van die mens se hart altyd boos (Gen 6:5; Pred 9:3). Sedertdien is die mens!ike hart n fontein van opstand, n fabriek van afgode soos Calvyn dit by geleentheid gestel het. Die mens kom in verset teen die wil van God in sy lewe.
Hierop moet ons ag gee. Verset verstaan as opstand - is in die eerste instansie nie n kenmerk van God nie! Verset is by uitstek n kenmerk van die Satan en sy kinders. Soos die Here Jesus hom in Johannes 8:44 as "die vader van die leuen" brandmerk, so kan ons hom sekerlik ook "die vader van verset" noem. lets hiervan is al in die verlede raakgevat deur n skrywer soos Groen van Prinsterer, toe hy die verband tussen Ongeloof en Revolusie aangetoon het: "De haat tegen het evangelie is het kenmerk van de revolutie" (1951:144).
Hierdie beginsel kom duidelik na vore tydens Jesus se verhoor. Die Joodse volk wat in opstand was teen God het gekies vir die man van opstand. Die ongeloof van die Jode maak dat die opstandeling, die revolusionêr, Barnabas, vir hulle n aanneemliker keuse was toe daar n gevangene vrygelaat moes word. En Pilatus het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer (Luk 23:25). Ook in sy laaste oomblikke voor sy kruisiging sien ons Jesus Christus teenoor verset en opstand te staan kom. Christus en sy onderdane heers oor verset.
Christus bring versoening tussen God en mens. Maar dit is nie al nie. In Kol 2:15 wys Paulus op die triomf van Christus oor die owerhede en magte. Hiermee wil die apostel die gemeente te Kolosse vertroos met die versekering dat die wêreldheerskappy nie in die duiwel se hande is nie. Nee, dit is Jesus Christus wat triomfeer. "Die wêreld moet daarom nie in die eerste plek as die werkterrein van die duiwel gesien word nie, maar as die gebied waaroor Christus hoe langer hoe meer sy heerskappy laat geld" (Floor, 1974:21).
As ons dus na verset verwys, verwys ons eerstens na duiwelswerk. Omdat die gelowige in diens van die Koning staan, moet al sy werk dalk eerder bekend staan as die onderdrukking van verset en opstand. Dit geld myns insiens ook vir die Christen wat "plichtmatige verzet" (Groen van Prinsterer, 1951:29) met ander woorde, verset as weerstand beoefen. Soos reeds aangetoon, moet ons dus nie verward begin raak en verset as weerstand, as opstand begin sien nie. In die lig van bogenoemde is die gelowige wat die duiwelse magte weerstaan, ook besig om die duiwel se opstand te onderdruk.
Die gelowige kom nie in verset nie, hy is in diens van sy Koning, dié Onderdrukker van verset. Hy is burger en onderdaan in die koninkryk van Christus (Fil.3:20). Sy Heer en Meester het die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer (Kol 2:15).
Omdat die werk van die gelowige in diens is van die Koning, dra dit ook n amptelike karakter (vgl. HK, Sondag 12 v/a 32). Wanneer die gelowige enige vorm van duiwelse verset onderdruk, moet dit n amptelike karakter dra. Soos die priesters van ouds eers hulself moes reinig alvorens hulle hul amptelike werk kon doen, so moet die gelowige in sy amp homself ook eers reinig. Alle onderdrukking van verset in die geloofsgemeenskap begin by die onderdrukking van verset in die gelowige se eie hart (vgl. I Kor 10:12). Alle onderdrukking van verset deur die kerk buite die geloofsgemeenskap begin by die onderdrukking van verset in die binnekring van die geloofsgemeenskap self. Indien die oordeel van God by die huis van God begin (1 Pet 4:17) moet die selfbeoordeling uiteraard ook daar begin. Sonder die profetiese en apostoliese gesag wat deur Christus aan ons werk n amptelike karakter gee, sonder selfbeproewing, is daar geen waarborg dat ons werk nie ook in n opstand sal ontaard nie.
Daarom mag ook nie alle modelle in die Skrif vir ons normatief wees nie. Dit is so dat die H
ERE by meer as een geleentheid n reguit hou met n krom stok geslaan het. Ons kan die rigter Ehud as voorbeeld (Rig 3:12-30) neem: Ehud was weliswaar deur die HERE as verlosser verwek (3:15), maar sy optrede was die van n sluipmoordenaar. Dit was egter in n tyd dat die woord van die HERE skaars was. (1 Sam 3:1) Daar was ook geen koning in Israel nie en elkeen het gedoen wat reg was in sy oë (Rig 21:25). Vandag kan ons as gelowiges nie n woordskaarste of koningskaarste as verskoning voorhou nie. Ons leef met die hele Skrif, die voltooide besonderse openbaring as n lig vir ons pad en as lamp vir ons voete. Ons ken en aanbid die Koning der konings en leef onteenseglik onder sy gesag. Hy leer ons ook om ontsag vir gesag te hê.Ontsag vir gesag
Hierdie ontsag vir gesag is reeds te sien in die houding van die voortvlugtende Dawid wat weier om sy hand te lig teenoor die despotiese koning Saul. Menslik gesproke het hy seker alle reg daartoe gehad, maar vir Dawid geld daar n ander beginsel: die gesag kom van Bo af, ook hierdie magsbehepte en vervolgsugtige koning Saul se gesag. Volgens Dawid slaan niemand sy hand aan die gesa!fde van H
ERE en bly ongestraf nie (1 Sam 26:9). Dawid wys hierdeur dat menslike oorwegings nie so sterk geld as God se insettinge nie.Die H
ERE vra ontsag vir gesag: vir die ouerlike gesag, vir die gesag van die man oor die vrou, vir die gesag wat Christus se dienaars in die kerk beoefen, vir die gesag wat in die maatskappy in die verskillende kringe uitgeoefen word en die gesag wat die owerheid oor sy onderdane het.Selfs die heidense despote ontvang hulle gesag van bo-af, sonder dat hulle noodwendig soos Saul daartoe gesalf is. Dat die goewerneur Pilatus n tiran was, lei geen twyfel nie. Daarvan getuig die Skrif self (Luk 13:1). Maar die Seun van Dawid herken Pilatus se gesag as n Godgegewe gesag (Joh 19:10) en daar is by Hom klaarblyklik geen sweem van verset teenoor hierdie gesag nie (vgl. ook Mat 22:21; Rom 13:1-7; Tit 3:1; 1 Pet 2:13,18).
Verdere motiverings vir die afwys van verset
Hoekom is dit so? Daar is eerstens n les daarin opgesluit vir die gelowige. n Les wat baie duidelik in Sagaria 4:6 gestel word: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die H
ERE van die leërskare. Hierop lewer Edelkoort (1945:78) die volgende kommentaar: "met deze woorden is elke nationaal-politieke voorstelling van het komende heil afgewezen. Het messiaansche rijk is geen rijk van deze wêreld, opgekomen uit deze wereld, en in stand gehouden met de machten van deze wereld, maar is van een ander orde en is van ander herkomst en word gestut met ander krachten" So stel die Here Jesus dit ook aan Pilatus: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. Of ons nou daarvan hou of nie: die weerstand, die onderdrukking van verset, die stryd het n geestelike dimensie en daarmee moet ten alle tye rekening gehou word (vgl ook 2 Kor 10:3-6).Daar is nog n rede vir die afwys van verset en opstand. Ons vind dit baie duidelik in die apostoliese briewe. In sy eerste brief aan Timoteus vra Paulus dat daar voorbidding gedoen word vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons n rustige en stil lewe kan lei ... want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom (1 Tim 2:24). Ek wil nie nou ingaan op al die argumente wat die Arminiane en die Remonstrante rondom vers 4 aanvoer nie. Vir hierdie betoog is dit belangrik dat hierdie gedeelte (1 Tim 2:1-7) missiologies verstaan moet word. Paulus sien homself as n leraar van die heidene wat Christus as n losprys vir almal verkondig. Die verkondiging van die evangelie is immers gerig tot alle nasies en stamme en volke en tale (Op 7:9). Vir hierdie doel het alle evangelieverkondigers n rustige en stil lewe nodig.
Daarom moet daar vir die owerhede gebid word. Daarom vereis die apostels onderdanigheid aan die owerheid. Daarom herinner Paulus ook in sy brief aan Titus dat die gelowiges onderdanig moet wees aan die owerhede en magte om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk (3:1). Hoekom? Sodat die gelowiges die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier, want die reddende genade van God het aan aIle mense verskyn (2:10,11). Die missiologiese opdrag gaan weereens voorop, dit styg uit bo eie belang en nasionalistiese oorwegings. Geweld, oorlog, opstand, oproer en stakings is nie bevorderlik vir die Woordverkondiging nie. Die evangelie gedy met n rustige en stil lewe. Dit is opmerklik dat die duiwel dan ook dikwels deur die aanstigting van burgerlike opstand die evangelieverkondiging in die wiele probeer ry (Hand 6:1; Lev; 14:2,5; 16:22:17:8:19:28 vv; 21:27).
Met bogenoemde uiteensetting in gedagte kom die Christelike lydsaamheid ter sprake. Hierdie deug word 22 keer in die Nuwe Testament genoem. Die gelowige is bereid om onreg te verduur, om selfs te roem in verdrukking, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk (Rom 5:3). In Petrus se eerste brief verwys hy na die base wat verkeerd optree (1 Pet 2:18vv). Hy vermaan die slawe om nog steeds onderdanig te wees, want dit is genade as iemand ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. Hierdie voorbeeld is gestel deur Jesus Christus self, Hy wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel. Dieselfde lydsaamheid sal sekerlik ook van toepassing wees in die geval waar die gelowige onderdaan teenoor n onregverdige owerheid te staan kom. Elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam (Mat 5:41).
Stefanus kon seker soos Elia vir n Goddelike ingryping gebid het, toe hy met die verset van die Joodse Raad teen Jesus Christus te doen gekry het. In reaksie op so n gebed kon die aarde hulle dalk verslind het, soos dit vir Korag, Datan en Abiram ingesluk het. Maar daar was nie so n gebed nie. Die gebed van Stefanus met sy steniging is eerder n eggo van sy Koning se gebed by die kruis: Here, reken hul hierdie sonde nie toe nie (Hand 7:60). In die geval van die jong man, Saulus wat met Stefanus se klere aan sy voete gestaan het, is hierdie gebed dan ook verhoor
Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees ... Die gelowige se teenwoordigheid in hierdie ongelowige wêreld kom baie duidelik na vore in die beelde wat die Here Jesus self gebruik het: nie soutsuur nie maar suurdeeg, nie n sweisvlam nie maar n lig, nie dinamiet nie maar n mosterdsaadjie.
Die onderdrukking van verset teen die erediens en Woordverkondiging
Ons kon die onderwerp oor verset en die onderdrukking van verset hiermee afgesluit het; die Bybel toegemaak het en huis toe gegaan het om hierdie beginsels praktyk te maak in ons lewens. Daar is egter nog een beeld uit die Bybel wat ons aandag vra, een Skrifgedeelte wat nie verbygegaan kan word nie. Hierdie beeld doem voor ons op in die Persoon van Jesus Christus met die sweep in sy hand, Jesus Christus by die omgekeerde geldtafels in die tempel.
Hierdie gebeure werp dan ook lig op die onderdrukking van verset teen die Woordverkondiging en die erediens in die besonder.Onder erediens verstaan ek al die elemente van die erediens: samekoms, lofprysing, skuldbelydenis, Woordverkondiging, gebed, die seën van die H
ERE asook dit wat bekendstaan as die daaglikse erediens. In alle gevalle word die herstel van die erediens en die omgang met die HERE voorafgegaan deur Woordverkondiging, hetsy deur die HERE self of deur sy gesante (vgl Rom 10:13-17). Die herstel van die gevalle mens se verhouding met God en die herstel van die Goddelike erediens is wesenlik een-en-dieselfde. Alle Goddelike werksaamheid op aarde vind sy hoogtepunt in die hemelse erediens (Op 4). "Die basis van die erediens is die hele heilsplan van God in die Skrif soos dit in Jesus Christus konkreet geword het ... dit is die hele weg wat God in die loop van die eeue gegaan het, van die skepping tot by die wederkoms van Christus, om die heil te verwerklik wat Hy reeds voor die grondlegging van die wêreld vir ons mense bepaal het" (Barnard, 1981:389).Deur die eeue word die erediens ook in stand gehou. Al word dit met die vernietiging van Jerusalem gereduseer tot n klompie klaagliedere, al word die luisterryke erediens van die tempel in die tyd na die ballingskap vervang met die eenvoudige sinagogediens of later selfs met Daniël se daaglikse gebed, al word dit aan die begin van die Nuwe Testamentiese geloofsgemeenskap nog verder gereduseer tot huisbyeenkomste, sal daar altyd eredienste wees ... Daarom is die opstand van die duiwelse magte teen die Woordverkondiging en die erediens so fel. Vandag nog.
Die H
ERE sal sy erediens in stand houOm hierdie rede word Farao se opstand teen die herstel van die erediens met soveel beslistheid deur die H
ERE onderdruk. Die primêre doel van die uittog uit Egipte en die inname van die land Kanaän was nie die volk se vryheid nie. Dit was ook nie die besetting van die beloofde land nie. Die primêre doel van die uittog word reeds in Eksodus 3:18 duidelik gestel. Die volk moet geleentheid kry om aan die HERE te offer. Farao kom in opstand teen die lsraeliete se offerdiens, aan die Ek is wat Ek is.Die eintlike betekenis van die Sinai-gebeure lê ook in die feit dat die grondslag daar gelê word vir die erediens soos dit uiteindelik in die tyd na die vestiging in die land sou uitgesien het (Westermann, 1981:191). Die hele boek Deuteronomium getuig dat die inname van die land direk in verband staan met die aanbidding en diens van die enige ware God. In die lig moet die Kanaänitiese volke se verset en die onderdrukking van hierdie verset gesien word. Dat die Leërowerste van die H
ERE (vgl. Jos 5:14) vir Josua, Dawid en die krygsmanne gebruik om die land te heilig, is slegs genade.Lofverheffinge van God is in die volk se keel, en n tweesnydende swaard in hulle hand; om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke: om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; om n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek.n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja ! (Ps 149:6-9)
Jesus se "tempelreiniging"
Die sogenaamde tempelreiniging" is die enigste geleentheid in die Skrif waar Jesus Homself deur gewelddadige optrede laat geld het. Dit is die enigste geleentheid tydens sy aardse bediening dat hy die verset teen sy werk gewelddadig onderdruk het. Ek noem dit n verset teen sy werk. Daarmee bedoel ek sy werk om die verhouding tussen die gevalle mens en sy Skepper en die gepaardgaande erediens volkome te herstel. En wanneer die Christus deur Sy werk die voorhangsel wat die aangesig van God verberg het, laat skeur (Mat 27:51), wanneer Christus die middelmuur van skeiding (Ef 2:14) wat die heidene tot die buiteplein beperk het, afgebreek het, dan moes sy hemelse Vader sekerlik nie uitkyk op n rowerspelonk (Mark 11:17), op n straatmark nie. Dan moes sy Vader uitkyk op die menigte van gesigte uit al die nasies wat hulself oor die jare heen in daardie voorhof tot die Iewende God in gebed gewend het (vgl 1 Kon 8:41vv.; Jes 56:6vv). Let n bietjie op hoe Jesus sy optrede in Markus 11:11 verduidelik: En Hy het geleer en vir hulle gesê: "Is daar nie geskrywe: My huis moet n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit n rowerspelonk gemaak."
Die ywer vir sy Vader se huis het Hom verteer (Joh 2:17). Met mag en mening onderdruk Jesus Christus hierdie verset teen die ware erediens en Woordverkondiging. Die teenwoordigheid van die gelowiges uit die nasies in die sogenaamde voorhof van die heidene was tog immers deur al die eeue n verkondiging van die Christus wat sou kom net soos die altaardiens dit al daardie jare was. Hierdie verset teen die ontplooiing van die heilsgeskiedenis kom van die Sanhedrin, die Hoëpriesterlike familie. Volgens Jeremias (1978:49) is dit hoogswaarskynlik dat Annas en sy familie n goeie aandeel in hierdie florerende besigheid in die tempelarea gehad het. Dit het ten minste hul goedkeuring weggedra.
Die opstand teen God kom dan in hierdie geval vanuit die kerk self. Ons kan egter verder gaan. Ons kan sê dat hierdie spesifieke opstand ook vanuit die geledere van die owerheid gekom het. Binne die destydse bestel was die Hoëpriester ook n regeringshoof met uitvoerende gesag ... "the highest administrative and judicial authority of Jewry" (Jeremias, 1978:151). Hier was n deformerende kerk met staatsgesag wat homself teenoor die ware erediens, die Woordverkondiging en die heilsplan van God opgestel het. Jesus sou onverbiddelik daarteenoor optree.
Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom (Mark 12:17). In bogenoemde geval het Christus dit wat aan God toekom, opgeëis. Waar dit die Woordverkondiging aangaan, word Christus se gesag bo alle ander gesagsvorme gestel. So stel Petrus dit ook teenoor die Joodse Raad in Handelinge 4:19,20: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis, want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
Die gelowige en die onderdrukking van verset teen die woord en erediens
Waar dit die erediens en die Woordverkondiging aangaan, mag dit selfs van tyd tot tyd nodig wees om toepaslike geweld aan te wend om die opstand teen daardie gesag te onderdruk. Met die herbou van Jerusalem se mure kom Sanballat, Tobia, die Arabiere, die Ammoniete en die Asdodiete in verset en opstand. Die bouers het voortgegaan om te bou ... troffel in die een hand, werpspies in die ander (Neh 4).
n Woord van waarskuwing sal nie onvanpas wees op hierdie stadium nie. Ek het doelbewus die begrip toepaslik gebruik waar dit saam met die woord geweld gebruik word. Jesus het gegaan en n sweep van toutjies gemaak (Joh 2:15) en daarmee die handelaars verdrywe. Hy kon sekerlik een van die alomteenwoordige tempelpolisie se swaarde afgeneem het en die handelaars daarmee be-hoorlik afgeransel het. Hy kon selfs vir sy Vader gebid het en die sou Hom 12 legioene engele beskikbaar stel (Mat 2&53) om Hom te help om die verset te onderdruk. Ons kan ons kwalik die gevolge voorstel. In die geval was n gevlegte sweep egter genoeg.
Wanneer verset teen die erediens en Woordverkondiging onderdruk word, moet in gedagte gehou word dat die gelowige of die geloofsgemeenskap nie besig is om die oordeel van God self te voltrek nie. Want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here (Rom 12:19). Alle onderdrukking van verset moet dus net genoeg wees om die Woordverkondiging en die erediens in stand te hou. n Gevlegte sweep en niks meer nie.
Dieselfde Jesus Christus wat die handelaars uit die tempelterrein verdryf het, verskyn weer in die eerste hoofstuk van die boek Openbaring met oë soos n vuur-vlam en n skerp tweesnydende swaard wat by sy mond uitgaan (1:14,18). Sy eerste woorde rig Hy nie tot die magte wat teen hom in opstand gekom het nie. Hy rig sy eerste woorde tot sy geloofsgemeenskap, die sewe gemeentes van Klein Asië. Ook binne daardie gemeentes en samelewings was daar diegene wat in opstand was teen die Woord en die ware erediens: die Nikolaïete, die sinagoge van die Satan, die volgelinge van Bileam en lsébel, die valse profetes. Die Heilige, die Waaragtige bevraagteken of die gelowiges hierdie opstand teen Hom met die kerklike tug onderdruk het. Hy ken immers die gemeentes se werke (2:2,9,13,19; 3:1,8,15). Hy moedig hulle aan om die opstand te onderdruk, die slegte mense nie te verdra nie, om hulle werke te haat, om hulle eie klere nie te besoedel nie, om lydsaam te wees, om sy Woord te bewaar en bowenal om te oorwin (2:7,11,17,26; 3:5,12,21).
Die ywer vir Sy Vader se huis het Jesus verteer. Daar is ook opstand teen die huis van ons Vader in hierdie land. Dit neem verskillende vorme aan. Enkele voorbeelde:
Weens bepaalde teologiese beskouinge, is die suiwerheid van Woordverkondiging in die erediens self in gedrang.
Die erediens is toenemend besig om of in die konsertagtige of in die mistieke op te gaan.
Christus se psalms word van alle kante bedreig.
Die handhawing van die tug rondom die sakramente is besig om heeltemal te verflou.
Die Woordverkondiging in die onderwys word van alle kante bedreig.
Mag die ywer vir die huis van Here elke gelowige in hierdie land ook verteer.
Opsomming Daar moet duidelik onderskei word tussen verset as opstand en verset as weerstand.
Waar dit verset as opstand aangaan, is die gelowige in navolging van Christus n onderdrukker daarvan.
Die onderdrukking van opstand begin in die hart van die individuele gelowige, daarna in sy geloofsgemeen-skap, daarna in die samelewing. Persoonlike verootmoediging en die verootmoediging van die geloofsgemeenskap is n voorvereiste vir enige optrede.
Ter wiIIe van die Woordverkondiging, moet die gelowige en die geloofsgemeenskap bereid wees om persoonlike onreg te verduur.
Ter wille van die handhawing van Woordverkondiging en die erediens, moet die gelowige en die geloofsgemeenskap in navolging van Christus bereid wees om die verset daarteen met toepaslike maatreëls te onderdruk.
Daar moet duidelik onderskei word tussen verset as opstand en verset as weerstand.