Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

KERKLIKE JOERNAAL

HANDELINGE VAN

NASIONALE SINODE GKSA 2003

Minderheidsrapport van Kommmissie Liturgiese Sake rakende die beswaar

teen die aanvaarding van die 2001 (Cloete) omdigting nie gepubliseer nie

Die Handelinge van die agt-en veertigste Nasionale Sinode van die GKSA, te Potchefstroom vanaf 6 Januarie 2003, vermeld op bladsy 640 oor die Rapport van die Kommissie oor Liturgiese Sake as volg:

A. Ds AH Mulder stel die Rapport. Hy laat berymings van Ps 27, 29, 143, 26, 119, 11, 516 en Jesu, Meine Liebe sing. ...

B. Besluit: die Rapport word verwys na die Kommissie: Liturgie, asook na die Kommissie: Bybel om te kyk na 'n aanbeveling in verband met die Messiaanse karakter van die omdigting van sekere Psalms.

C. Ds DJ Bakker rapporteer namens die Kommissie: Liturgie - Meerderheidsrapport.

D. Dr VE d'Assonville rapporteer namens die Kommissie: Liturgie - Minderheidsrapport.

E. Besluit: Die Minderheidsrapport word deur die Sinode afgestem.

Toe die Rapport (pt A) gestel is, het die Sinode al meer as 'n week vergader en is op die Kommissie (pt B) reeds talle besware geopper teen die inhoudelike van die 2001 (Cloete) omdigting en die wyse waarop dit tot stand gebring is. Die besware is deur die meerderheid van die Kommissie nie in ag geneem nie. Die Rapport van die Deputate Liturgiese Sake is vrywel onveranderd aanvaar en na die Sinode verwys vir besluitneming soos hierbo vermeld.

Nog voordat die Sinode albei Kommissierapporte bespreek en daaroor besluit het, is die bogenoemde (pt A) Cloete-omdigtings en aanvullende Skrifberymings uit die Liedboek onder die gesag van die Sinodevoorsitter gesing. Ongetwyfeld het dit gedien om die gevoelens ten opsigte van die Cloete-omdigting gunstig te beïnvloed.

Rapportering (ptt C en D) het op 'n later stadium plaasgevind. Nadat albei, ds Bakker en dr d'Assonville, hulle rapporte gestel en toegelig het, is die meerderheidsrapport met naasteby tweederde van die aanwesige stemgeregtigdes aanvaar. Aan die materie van die minderheidsrapport is tydens die bespreking vrywel verbygegaan.

Daar is ook nie vermeld dat ten opsigte van die opdrag wat aan Deputate gegee is (pt 2.3.2) "om nuwe Skrifberymings (omdigtings) te probeer vind en na ontvangs te beoordeel volgens die reeds goedgekeurde prosedures ..." en die Sinode se versoek aan lidmate "om nuwe voorleggings aan die Deputate deur te stuur", in die vergadering van die Kommissie 'n beswaar gestel is nie. Hoewel dit wel in die Rapport wat tydens die Sinode gedien het opgeneem is, is dit nie in die Handelinge gepubliseer nie. Dit lui as volg: "Een lid van die Kommissie het dit 'duidelik gestel', Hy kan hom nie met hierdie aanbeveling vereenselwig nie omdat hy van oortuiging is dat 'n onbepaalde vermeerdering van Skrifberymings asook ander Skrifgetroue en Belydenisgetroue liedere die gebruik van Psalmsang in die erediens gaandeweg verminder."

Die Minderheidsrapport, onderteken deur vier ouderlinge (sonder bylaes gepubliseer in Die Kerkpad, Maart 2003, bl 15), verskyn nie in hierdie uitgawe van die Handelinge nie. Dit is onwaarskynlik dat dit foutiewelik uitgeval het. Dit is meer voor die hand liggend dat dit weens hierbo gestelde feit, dat die Minderheidsrapport deur die Sinode afgestem is, verontagsaam en weggelaat is.

As gevolg van hierdie nalatigheid kan nie objektief van die aangevoerde besware teen die aanvaarding van die Deputate- en Sinodekommissierapporte aangaande die Cloete-omdigting en bykomstige berymings uit die Handelinge kennis geneem word nie.

Is onder hierdie omstandigheid die argument dan nog geldig dat op die verskyning en kennisname van die Handelinge van die Sinode gewag moes word, alvorens sy besluite te kan beoordeel nie? Dien die rapporte wat tydens die sitting van die Sinode aan die afgevaardigdes ter hand gestel is dan nie as meer betroubaar nie? En dien hulle, die afgevaardigdes se getuienis (vir sover dit objektief gestel is), nie genoegsaam vir inligting en leiding in gevalle van besluitneming in die kerke van die GKSA-kerkverband nie?

En is dit nie die taak van die Deputate belas met die samestelling van hierdie Handelinge om in 'n spesiale skrywe die kerke in te lig oor die bestaan en inhoud van hierdie minderheidsrapport tesame met sy bylaes wat uitgeval of weggelaat en verswyg is nie?