Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

KERKLIKE JOERNAAL

ONENIGHEID IN KERKVERBAND

GEREFORMEERDE KERK WOLMARANSSTAD

PLEIT VIR BYEENROEP VAN 'N BUITENGEWONE NASIONALE SINODE

Net soos talle ander het ook die kerkraad van Wolmaransstad kommissies vir studie betreffende betwisbare besluite van die jongste Nasionale Sinode aangestel. Daar is nog geen finale besluit oor dié sake geneem nie. Voorlopig word die status quo gehandhaaf. Dit behels dat sake en gebruike rakende die invoering van kelkies by die nagmaal, die 2001 (Cloete) omdigting en die aanvaarding van vroue in die besondere ampte vereers nie uitgevoer word nie.

Die kerkraad is bekommerd oor "die eer van God en die eenheid van die kerk" wat as gevolg van dié Sinodebesluite in die gedrang is. Met die oog daarop is 'n beskrywingspunt wat indringend vra om 'n spesiale Sinode op te roep wat hierdie sake sal hanteer, deurgestuur na die klassis Vryburg wat DV 9 September 2003 byeenkom.

Die implikasie van dié beskrywingspunt sal wees dat klassis Vryburg hierdie saak, na aanvaarding daarvan, sal laat dien by die Partikuliere Sinode Noordwes. As dit gehandhaaf word en daarbenewens nog 'n partikuliere sinode 'n versoek tot die saamroep van 'n buitengewone sinode laat dien, kan dit dalk vroeg volgende jaar plaasvind (KO, art 50).

Daar kan slegs bespieël word oor die uiteindelike resultaat daarvan. Sal dit die beswaarmakers oortuig tot aanvaarding van die besluite? Of sal dit die reeds aanvaarde 2001 (Cloete) omdigting en die gebruik van kelkies by die nagmaal en vroue wat ondertussen reeds in die amp van diaken bevestig is, herroep en die kerke laat terugkeer tot die status van voorheen?