Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

KERKLIKE JOERNAAL

KERKRADE GKSA BLOEMHOF EN CHRISTIANA

REAGEER OP SINODEBESLUITE

Die Kerkraad van Bloemhof het besluit om:

1. nie gevolg te gee aan die voorgestelde veranderings in die Apostolicum en Athanasium (algemene belydenisskrifte), met betrekking tot die sinsnede "Neergedaal na die hel" nie;

2. nie die riglyne van die sinode ten opsigte van die Sabbat-Sondag kwessie volledig te aanvaar nie;

3. ten opsigte van die toelating van die vrou in die amp van diaken die status quo te handhaaf, soos op die sinode van 1988 besluit is en bevestig met die sinode van 2000 toe 'n beswaarskrif teen hierdie besluit in sy geheel nie geslaag het nie;

4. aangaande die 2001 (Cloete) omdigtings, dit nie saam met die 1936-beryming van die Psalms te gebruik nie.

Die Kerkraad van Christiana het besluit om:

1. aangaande die 2001 (Cloete) omdigtings, dit nie saam met die 1936-beryming van die Psalms te gebruik nie en om toekomstige studie van die 2001-omdigtings te bestudeer voordat die besluit heroorweeg word. Die kerkraad voel dat die ondersoek van elke Psalm 'n gewigtige taak is en dat hulle nie oor die tegnies-teologiese kennis be-skik om die taak self deeglik uit te voer nie;

2. die riglyne van die sinode ten opsigte van die Sabbat-Sondag kwessie nie volledig te aanvaar nie;

3. vrouens nie in die amp van diaken toe te laat nie. "Vir ons as Gereformeerdes, wat die onfeilbare gesag van die Bybel as die Woord van God sonder enige teëspraak aanvaar, is dit onhoudbaar om die besluit van sinode 2003 t.o.v. die vrou in die diakenamp summier te aanvaar".

Hierdie besluite is breedvoeriger toegelig in amptelike stukke wat aan lidmate van dié kerke uitgedeel is.