Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

KERKLIKE JOERNAAL

KLAG VAN LEERDWALING TEEN SPANGENBERG DEUR

RING VAN NG KERK AGTERWEë GEHOU

Neels Jackson berig in BEELD, Vrydag 22 Augustus 2003, dat 'n klag van leerdwaling teen prof Sakkie Spangenberg, teoloog van UNISA, vir eers agterweë gehou word.

Die NG Kerk se ring van Lyttelton het 'n beroep op hom en lidmate wat soos hy dink gedoen, "om hul oortuigings te heroorweeg sodat hulle hulself nie op grond daarvan van die Christelike gemeenskap losmaak nie".

Dit kom terwyl daar 'n klag van leerdwaling teen Spangenberg by die ring ingedien is. As deel van hul gesprek met hom het die ring 'n dokument van 25 bladsye oorweeg waarin Spangenberg uiteensit hoe hy dink oor die erfsonde, die maagdelike geboorte, Jesus se kruisdood, die hellevaart, die opstanding, die hemelvaart, die wederkoms en die Christendom en ander godsdienste.

Die ring het tot die oortuiging gekom dat Spangenberg se standpunte in dié dokument en in ander geskrifte nie rym met die Christelike geloof nie.

Spangenberg het ... gesę dit rym nie met 'n sekere interpretasie van die Christendom nie. Dit is 'n Middeleeuse weergawe van die geloof. Met ander weergawes van die Christelike geloof klop sy standpunte wel.

Volgens Spangenberg het die kerk hom gestuur om Grieks en Hebreeus te gaan leer sodat hy die basisdokumente van die geloof, die boeke van Die Bybel, beter kan verstaan. In sy studie het hy agtergekom dat die Bybelboeke op sekere punte nie sę wat aan gelowiges voorgehou is nie.

Op grond daarvan glo hy byvoorbeeld nie dat die verhaal oor Jesus se maagdelike geboorte die historiese waarheid is nie. "Die verhaal van die maagdelike ontvangenis wil slegs kommunikeer dat Jesus 'n besondere persoon was en dit aanvaar ek van harte".

Teen dié agtergrond het Spangenberg gesę hy bepleit 'n verruiming en groter openheid in die gesprek oor die teologie.

Dr Johan Ernst, voorsitter van die ring, het gesę hulle wil die gesprek met Spangenberg voortsit en dat die klag vir eers agterweë gehou word. berig in BEELD, Vrydag 22 Augustus 2003, dat 'n klag van leerdwaling teen prof Sakkie Spangenberg, teoloog van UNISA, vir eers agterweë gehou word.

Die NG Kerk se ring van Lyttelton het 'n beroep op hom en lidmate wat soos hy dink gedoen, "om hul oortuigings te heroorweeg sodat hulle hulself nie op grond daarvan van die Christelike gemeenskap losmaak nie".

Dit kom terwyl daar 'n klag van leerdwaling teen Spangenberg by die ring ingedien is. As deel van hul gesprek met hom het die ring 'n dokument van 25 bladsye oorweeg waarin Spangenberg uiteensit hoe hy dink oor die erfsonde, die maagdelike geboorte, Jesus se kruisdood, die hellevaart, die opstanding, die hemelvaart, die wederkoms en die Christendom en ander godsdienste.

Die ring het tot die oortuiging gekom dat Spangenberg se standpunte in dié dokument en in ander geskrifte nie rym met die Christelike geloof nie.

Spangenberg het ... gesę dit rym nie met 'n sekere interpretasie van die Christendom nie. Dit is 'n Middeleeuse weergawe van die geloof. Met ander weergawes van die Christelike geloof klop sy standpunte wel.

Volgens Spangenberg het die kerk hom gestuur om Grieks en Hebreeus te gaan leer sodat hy die basisdokumente van die geloof, die boeke van Die Bybel, beter kan verstaan. In sy studie het hy agtergekom dat die Bybelboeke op sekere punte nie sę wat aan gelowiges voorgehou is nie.

Op grond daarvan glo hy byvoorbeeld nie dat die verhaal oor Jesus se maagdelike geboorte die historiese waarheid is nie. "Die verhaal van die maagdelike ontvangenis wil slegs kommunikeer dat Jesus 'n besondere persoon was en dit aanvaar ek van harte".

Teen dié agtergrond het Spangenberg gesę hy bepleit 'n verruiming en groter openheid in die gesprek oor die teologie.

Dr Johan Ernst, voorsitter van die ring, het gesę hulle wil die gesprek met Spangenberg voortsit en dat die klag vir eers agterweë gehou word.