|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 4 September 2003
KERKLIKE JOERNAALNG KERK WIL AANSLUIT BY EVANGELIESE ALLIANSIE: TEASA
Die NG Kerk gaan aansoek doen om lidmaatskap van die evangeliese alliansie van Suid-Afrika (TEASA).Dit is 'n organisasie van evangeliese kerke en organisasies met 'n lidmaatskap van sowat 3 miljoen Christene in die land.
Die kerk se algemene sinodale kommissie (ASK) het ... dié besluit geneem nadat die algemene sinode verlede jaar opdrag gegee het dat die ASK moontlike aansluiting by Teasa moet ondersoek.
Eerwaarde Moss Ntlha, hoofsekretaris van Teasa, het ... sy blydskap oor dié besluit te kenne gegee. Hy het gesę daar was gesprekke tussen verteenwoordigers van die NG Kerk en Teasa en dat die NG Kerk 'n groot bydrae binne die kerklike gemeenskap kan lewer.
Hy het gesę daar is reeds 29 denominasies wat aan Teasa behoort.
Teasa was een van die organisasies wat bygedra het tot die organisasie van die onlangse Southern African Christian Leadership Assembly (SACLA).
Volle lidmaatskap van SARK
Die NG Kerk se aansoek om volle lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sal na verwagting volgende jaar gehanteer word wanneer die SARK sy volgende drie-jaarlikse algemene vergadering hou.
(Neels Jackson - BEELD, Donderdag 21 Augustus 2003)