Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

VERSOENING EN NAASTELIEFDE

Die Boodskapper publiseer in sy uitgawe van September 2003 (bl 18) onder hierdie hoof onder andere die volgende aktuele Skrifeksegese en toepassing daarvan.

Wat is liefde?

Dit gaan by naasteliefde oor die nakoming van die tweede tafel van die wet, dus sluit dit in die vyfde tot die tiende gebod. Gesag moet eerbiedig word; huwelikstrou, -reinheid en -kuisheid  moet gehandhaaf word; ander se besitreg moet eerbiedig word; die ander se goeie naam moet beskerm word deur die waarheid; en ek moet tevrede wees met wat ek het (Rom 13: 8-10). Binne hierdie riglyne lë die Skrif enkele aksente ...

Matthéüs 22:39 en Markus 12:30-31

Hier kom die gebod voor: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Dit beteken nie dat jy jouself moet liefhê en dan jou naaste net soveel nie. Dit beteken egter dat jy jou naaste sal liefhê asof dit jouself is wat jy llefhet: plaas jou naaste in jou plek (soos Jesus self dit gesê het) - "Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete" (Mat 7:12). Anders gestel: "Soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen" (Luk 6:31).

Daar bestaan 'n geloofseenheid, deur die Heilige Gees gesmee, tussen almal wat deel uitmaak van die algemene kerk, ongeag volks-, taal-, kultuur-, tydsverskille. Hierdie eenheid word ook in elke plaaslike kerk in eie volksverband beleef.

Alhoewel Matthéüs 28:19 nie 'n volkseie kerk voorskryf nie, dui dit duidelik op volkseie kerke. Dit wys volkseie kerke beslis nie af nie.

Die liturgiese formuliere van die gereformeerde kerkfamilie gaan uit van geslagte - en daarmee van volke.

Die kerk word nie deur God opgeroep tot een institutêre wêreldkerk of internasionalisme nie. 'n Mens bly lid van 'n bepaalde volk. Die geloof hef volkskap net so min op as wat geloof die mens se geslagtelikheid of sy huwelik of gesin ophef.

Die kerk mag nie vir politieke doeleindes misbruik word om 'n volk te ondergrawe nie.