Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

VRAAGGESPREK MET RONéL PIETERSE IN DIE KERKBLAD

DIE KERKBLAD publiseer in sy uitgawe van September 2003, op (bl 10 en 11), 'n gesprek met Ronél Pieterse wat onder andere 'n Meestersgraad in Teologie behaal het. Sy dien tans as 'n tydelike dosent by die Vaal-driehoekkampus van die PU vir CHO. Sy is getroud met ds Hannes Pieterse, predikant van die Gereformeerde Kerk Vanderbylpark-Oos. Sy preek met geleenthede in die NG Kerk en tree op as geleentheidspreker. Daar is enkele antwoorde van Ronél Pieterse waarop ons graag die aandag vestig, wat in die Rubriek Kommentaar op bladsy 26 gekritiseer word. Die redakteur, prof Amie van Wyk, het onder andere gevra:

 Vraag (1): Jy beskik oor 'n M-graad in teologie. Hoe het dit gekom dat jy teologie gaan studeer het? ................

Antwoord: Toe ek 'n dogtertjie van 12 was, het die Here my op 'n besondere wyse geroep om voltyds sy Woord te bedien. Deur my hoërskooltyd is hierdie roeping telkens op verskillende maniere bevestig.

Vraag (2): Ons het ou sinodebesluite wat vandag moeilik toegepas kan word. Sinode 1920 het hom byvoorbeeld teen vrouestemreg in die politiek en by implikasie in die kerk uitgespreek. Hoe oordeel jy hieroor?.......

Antwoord: Die resultaat van die straf in Genesis 3 ten opsigte van die verhouding tussen man en vrou is vir my hierin sigbaar. As mens die geskiedenis bekyk, word dit duidelik dat mans deur die eeue 'n sondige heerssug oor vroue gehad het. Dit het veroorsaak dat mans deur 'n sekere bril na vroue gekyk het en gesien deur hierdie bril, is die vrou 'n minderwaardige wese teenoor die man. Dit lyk ook of dit die bril was waarmee die Sinode 1920 die vraag oor vrouestemreg bekyk het. Dit word duidelik as mens die volgende aanhalings lees. "Die mindere posisisie vloei voort uit die andersoortigheid van wese en aard deur God aan haar toebedeel ... As sodanig tree dan die vrou nie op volgens haar skeppingsordonansie nie, maar as persoon naas en in gelyke posisie met die man." .Dit was dus nie net 'n kwessie van stemreg nie, maar gesien deur hierdie bril was dit ook onbehoorlik vir vroue om byvoorbeeld te werk of akademiese opleiding te ontvang. Die bril waardeur vroue bekyk is, het dus gelees: Vroue is minderwaardige wesens wat slegs 'n sekere rol kan vervul wat beperk is tot die huislike lewe. .........................................

Vraag (3): Hoe oordeel jy oor die Feministiese Teologie?.....................

Antwoord: Dit klink nou of ek vassteek by die brilgedagte, maar net soos wat mense ander mense volgens sekere vooropgestelde idees beoordeel, lees mense ook almal die Bybel deur 'n sekere bril. Dit is waar verskillende teologieë ontstaan. Die Feministiese Teologie lees die Bybel deur die bril van die verontregte vrou. Daar is egter baie verskillende nuansies in die Feministiese Teologie. Ek beskou myself nie as 'n feminis nie. Dit is egter ongelukkig so dat daar waar die waarheid deur een soort bril verdraai is, daar 'n reaksie en teenpool gebied moet word om weer by die waarheid uit te kom.

Vraag (4): Moet ons God as manlik voorstel? Is dit die bedoeling van die Ons-Vader gebed?..............................

Antwoord: In artikel 1 van die NGB staan: Ons glo almal met die hart hart en bely met die mond dat daar 'n enige en eenvoudige geestelike Wese is wat ons God noem: ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en 'n alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.

In die Onse Vader-gebed word hierdie Goddelike wese in 'n noue persoonlike verhouding met elke gelowige gestel. Ek dink dus nie ons moet God as manlik voorstel nie, omdat dit nie is hoe die Woord God openbaar nie. God is 'n geestelike Wese wat openbaar word deur vroulike en manlike metafore om aan ons verstaanbaar te wees.

Vraag (11): Enigiets anders op die hart?

Antwoord: Ek wil graag aansluit by die eerste vraag. Op die afgelope Sinode het ek my blootgestel deur openlik te praat oor my en ander vroue se roeping. Iets wat my diep in die hart geraak en seergemaak het, was die feit dat sommige sinodegangers hierdie roeping om die Woord te verkondig, gelykgestel het met 'n sondige begeerte wat maar net onderdruk moet word. Ek dink dit is nogal gevaarlik om vir mense te vertel dat 'n roeping wat die Gees op iemand se lewe plaas, eintlik afkomstig is van die duiwel. ...