Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die les van die geskiedenis

AKTUEEL: Hulde aan die vrou en moeder

Tutu : Die plofkrag van die Bybel       

SKRIFOORDENKING:
Verwyder vreemde gode....

Oproep vir 'n Verootmoediging....

Sonde van kerkskeuring?

Reformatoriese verset

Die hartklop van die verlossing

Besinning oor Sinode 2003: Vrou in die diakenamp

KERKLIKE JOERNAAL: 
Handelinge van Nasionale Sinode 2003

Onenigheid in kerkverband

Kerkrade GKSA Bloemhof en Christiana reageer

Klag van leerdwaling teen Spanenbergagterweë gehou

NG Kerk se affiliasies

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Sinode GKSA: Standpunt teenoor evolusionisme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Bybel in Afrikaans - Sewentig Jaar

Gereformeerde Skrifverklaring Openbaringsgeskiedenis of Sosio-histories

PERSRUBRIEK: 
Gesprek met Ronel Pieterse

Sistematiese beïnvloeding van twyfelagtiges in die Kerk

Versoening en Naasteliefde

Feminisme en die huisgesin

Hervorming

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Kantianisme

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 4 September 2003

REDAKSIONEEL

Die laaste gedeelte van die jaar word volksfeeste gevier en herdenkingsdae gehou soos GRA-dag op 14 Augustus, Krugerdagvierings op 10 Oktober en Geloftefeeste op 16 Desember. Dit gaan volgens gewoonte gepaard met verootmoedigingsdienste met 'n predikant as voorganger. Op sigself beskou is dit 'n goeie saak, naamlik om met die oog op dit wat herdenk en gevier word, vooraf of agterna neer te buig voor die aangesig van God. Dit is immers goed om die Here te loof en tot eer van sy Naam te psalmsing (Ps 92:2). Ewenwel moet besef word dat ware verootmoediging nie bestaan uit die bywoning van besondere dienste slegs op besondere dae nie. Psalm 92 is 'n lied vir die sabbatdag. Dit handel oor die innige verhouding van die sondaarmens met sy Skepper-God. Dit wek die mens om hom te beywer om met medegelowiges in die huis van die Here saam te kom om Hom te loof en te prys. Dit bly helaas in gebreke by talle van ons volksgenote wat op dié besondere dae deelneem aan verootmoedigingsdienste maar geen getroue lidmate van Christus se kerk is nie, altans nie op Sondae nie. Ware verootmoediging gaan gepaard met bekering. Dit beteken dat die mens na homself gaan kyk en terugkyk na die pad wat hy geloop het, daar waar hy vandaan kom. Was dit alles reg vir die Here? Is die persoonlike verhouding met die Here heg en herken ons ons sondes in die private bestaan asook in die kerklike en volksbestaan? Verootmoediging verplig tot omkering op die verkeerde pad en die gaan op die regte weg. Die padwyser is die Woord van die Here wat suiwer gebruik, gepreek en bely moet word in samehang met opregte gebede en die daaglikse bekering van ons persoonlike en gemeenskaplike sondes. Dit is ware verootmoediging voor God.