Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 3 No 5 September 1999
AKTUEEL DIE GESAG VAN MEERDERE VERGADERINGS Die kwessie van die binding aan kerklike besluitneming, onderhewig aan die al dan nie ratifisering daarvan, is in diskussie na aanleiding van 'n brief van dr Jan Visser wat aanvoer dat die sogenaamde "ratifikasiereg" geen plek in die Gereformeerde kerkregering het nie. "Indien daar 'n oortuiging is dat 'n sekere besluit van 'n kerklike vergadering strydig is met Skrif en Kerkorde, moet dit volgens art 31 KO "bewys" word, en nie slegs subjektief "aangetoon" word nie. Hierdie bewyslewering kan in die praktyk op twee maniere gedoen word: òf by wyse van 'n beswaarskrif by dié vergadering wat die besluit geneem het, òf by wyse van 'n appèl by 'n meerdere vergadering. Slegs een van hierdie kerklike vergaderings het die bevoegdheid om te verklaar dat 'n bepaalde besluit in stryd is met Skrif en Kerkorde, en daarom geen regskrag meer het nie", aldus dr Visser. Ds Hennie Momberg antwoord hierop (onbetrokke m.b.t. die onderhawige saak) as volg:Ek meen dat dit ons roeping is om op n verantwoordelike manier die saak van ratifikasie voortaan deeglik te beredeneer. Die styl waarin dit teties gedoen behoort te word is hierin van kardinale belang, juis omdat die kerkreg van die GKSA blykbaar hoegenaamd nie die ratifikasiestandpunt ondersteun nie. Ek meen dat enkele pennestrepe hieronder voorlopig ons gedagtes aan die gang kan sit. As u wil kan u daarvan gebruik maak in u antwoord aan dr Visser.