Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Geloofsverklaringe

AKTUEEL: Die Gesag van Meerdere Vergaderings

SKRIFOORDENKING: Waar staan jy?
Josua 5:13-15

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (Slot)

Vermensliking van die Bybel

Die nuwe Psalmberyming (Vergelykings Psalm 8)

God se plek vir die vrou in die gemeente

Totius oor "Aanbidding en Lofsang" in die Erediens

Emeritering van Prof Christ Coetzee

Die Wêreldorde van Babilon

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Kindernagmaal 'n ernstige dwaling"
"Parlement van Wêreldgodsdienste"
Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Strominge in die Opvoedingsteorie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (1)

PERSRUBRIEK: 
Mense is sondig, nie stelsels nie

Die tien gebooie: Die wet van die enigste God
Skrifkritiek: Verklaring van Jesaja 53

KOMMENTAAR: 
(1) "Die 'politieke, kerklike en morele sonde' van apartheid"
(2)Die saak van "Menseregte" in Demokratiese Perspektief
(3)"Kloning: Konflik tussen wat kan en wat mag"

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (8)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van Geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 5  September  1999

POLITIEKE KRONIEK

DIE ANC
TEENOOR DIE GEREFORMEERDE (CHRISTELIKE)
GELOOF EN LEWENSBESKOUING

- P VAN DER KOOI -

(Vorige Aflewering)

In hierdie kroniek wil ons die aandag vestig op die prinsipiële onversoenbaarheid met die ideologiese beginsels, stryd en strewe van die ANC om ons land in al sy fasette te oorheers, soos wat dit voor en sedert die politieke revolusie van 2 Februarie 1990 as beleid aanvaar is en tans realiseer.

-'n Brosjure van SERKOS (Sentrum van Reformatoriese en Kontemporêre Studies) Studiestuk No 1, Herfs 1989 -

8. DIE ANC EN DIE KERK 1)

Op 29 Februarie 1988 het verskeie kerkleiers, ten spyte daarvan dat dit onwettig was, na die Parlements-gebou gemarsjeer om 'n protesbrief aan die Staatspresident te oorhandig. Die ANC ondersteun hierdie optrede dieselfde dag met 'n oproep: "... as the leaders of the church have said - we have no reason to listen to our oppressors. Therefore the task ahead of us is clear. We should all join the church and defy Pretoria's oppressive laws."

Op 1 Maart 1988, die dag na die protesmars, spreek die ANC sy tevredenheid met die optrede van die leiers uit: "The church must now be developed into a fierce battleground against the regime" en "from today all church services must be services that further the democratic call". Die SARK-leiers se bondgenootskap met die leiers van die ANC is verder duidelik in verklarings op 31 Mei 1988 en 29 Junie 1988 waarin kerke opgeroep word om onder meer die COSATU staking te steun en die 26 Oktober 1988 verkiesing te boikot. Laasgenoemde is in ooreenstemming met die ANC-aksieplan wat 'n hewige propagandaveldtog teen vrye verkiesings voer.

Chikane, hoofsekretaris van die SARK, som die redes vir die samewerking van die ANC en sy binelandse frontorganisasies soos volg op: "Church leaders decided, it is their responsibility to take over the issues and programmes these organisations (ingeperkte organisasies) were carrying out and implement themselves. And they feel these activities form a central part of the proclamation of the Gospel". Hy bevestig die standpunt van die Bevrydingsteologie soos deur die ICT en die SARK verkondig: "God can only be God if He is involved involved in the liberation of people from oppression, exploitation and domination. Religion can only be true religion if it is in liberating form, otherwise it become opium of the people ... Religion is ... the spirit of soulless stagnation. It is opium of the people".

Gqiba, hoofkapelaan van die ANC, beskou sy taak in die Departement vir Godsdiensaangeleenthede soos volg: "My task ... is therefore to try to contextualise the Gospel without distorting its essence, that is that Christ is the Lord. Secondly I have to establish links with the church people back in South Africa. There the Church as institution, is still not on the side of the oppressed". Die politisering van die kerk deur die ANC kom uit in die ambivalensie in Gciba se verduideliking van die wese en aard van die ANC en die rol van die internasionale kerk in die bevrydingstryd. "... the ANC from its inception, was not and is still not a political party ... .As an alternative parliament, the ANC rightly comprise people from all groupings in South Africa. ... It is the duty of the ANC, as the vangaurd political movement, to ensure that unity in action against the racist regime is obtained. We are involved in a national democratic struggle ...". Die internasionale kerk word beskou as politieke bondgenote vir verandering: "As political partners ... you have become that important force of change which is busy paving the way for a free, undivided and democratic South Africa".

'N NUWE SUID-AFRIKA?

Die verskyning van The Road to Damascus Kairos and Conversion op 19 Julie 1989 het die derde fase van die proses van ontwikkeling van die Bevrydingsideologie in Suid-Afrika ingelei. Die proses van ontwikkeling val saam met die mate waarin die bevolking aan die Bevrydingsteologie blootgestel word en dit aanvaar. Volgens die dialektiese formule van die Marxisme in die Bevrydingsteologie is aan die een kant as tese die demokratiese magte genoem The People. "The People ... is a social force, a social movement, a new social consciousness. The People means the poor and oppressed insofar as they have now become subjects of their own future (historical actors) ...". Aan die ander kant is as antitese die Westerse Imperialisme wat verwys na die Westerse lande wat die Derde Wêreldlande onderdruk, uitbuit en domineer. "It should be understood to include the South African experience of a white First World that oppresses a black Third World within the same country". Die konflik tussen The People en die Westerse Imperialisme is dan die sintese waaruit die vrye, nie-rassige, verenigde, demokratiese Suid-Afrika gebore moet word.

Volgens die dialektiese formule van die Bevrydingsteologie is daar drie fases waardeur die proses van ontwikkeling gaan. Aan die begin word die Bevrydingsteologie aangebied as 'n moontlike interpretasie van die bybelse boodskap. Hierdie fase kan as die bewusmakingsproses (conscientization) gesien word waardeur gepoog word om lede van die bevolking bewus te maak daarvan dat hulle onderdrukkers is. Vir hierdie doel is The Kairos Document: A Challenge to the Church en die Evangelical Witness in South Africa gebruik.

Gedurende die tweede fase word die Bevrydingsteologie as 'n geldige interpretasie van die bybelse boodskap voorgehou. Met hierdie fase word die identifiseringsproses aan die gang gesit. Gedurende dié proses begin sekere leiers (waaronder kerkleiers) in die gemeenskap hulle steun aan die bevrydingstryd gee. Hulle sluit aan by die onderdruktes in hulle stryd om bevryding op politieke en maatskaplike terrein. Die ICT dokumente Church and Labour en Church and Violence is deel van hierdie identifikasieproses. Die SAKBR se weekblad The New Nation het ook bygedra tot hierdie fase.

Met die verskyning van The Road to Damascus Kairos and Conversion is die derde fase van die dialektiese formule van die Bevrydingsteologie in Suid-Afrika betree. In hierdie fase word gewerk aan 'n grondige gemeenskaplike bekering wat op die sintese, die nuwe Suid-Afrika, moet uitloop. Met hierdie proses van gemeenskaplike bekering word die Bevrydingsteologie aangebied as die enigste geldige interpretasie van die bybelse boodskap. Die oue, wat deur die ICT-teoloë, die status quo of bestaande orde genoem word, kan nie evolusionêr ontwikkel nie. Bevryding vanuit die bestaande orde beteken die gewelddadige en nie-gewelddadige omverwerping van die bestaande lewensorde, wat as apartheid en apartheidsregime bekend staan. "One of the most serious and lasting legacies of European colonialism is racism. In South Africa it has been institutionalised and legalised in the form of the notorious system of apartheid". Die ANC sal hierdie dokument soos die ander moet aanvaar as deel van die rewolusionêre proses.

1) Teksverwysings van die aanhalings is weggelaat maar dit is beskikbaar in 'n gekopieerde uitgawe van die publikasie in sy geheel, (20 bladsye), verkrygbaar by die administrasie van ons blad, teen R12-00 per eksemplaar (koste vir posversending ingesluit).