Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Geloofsverklaringe

AKTUEEL: Die Gesag van Meerdere Vergaderings

SKRIFOORDENKING: Waar staan jy?
Josua 5:13-15

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (Slot)

Vermensliking van die Bybel

Die nuwe Psalmberyming (Vergelykings Psalm 8)

God se plek vir die vrou in die gemeente

Totius oor "Aanbidding en Lofsang" in die Erediens

Emeritering van Prof Christ Coetzee

Die Wêreldorde van Babilon

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Kindernagmaal 'n ernstige dwaling"
"Parlement van Wêreldgodsdienste"
Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Strominge in die Opvoedingsteorie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (1)

PERSRUBRIEK: 
Mense is sondig, nie stelsels nie

Die tien gebooie: Die wet van die enigste God
Skrifkritiek: Verklaring van Jesaja 53

KOMMENTAAR: 
(1) "Die 'politieke, kerklike en morele sonde' van apartheid"
(2)Die saak van "Menseregte" in Demokratiese Perspektief
(3)"Kloning: Konflik tussen wat kan en wat mag"

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (8)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van Geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 5  September  1999

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

WARE BETEKENIS VAN DIE CALVINISME

P VAN DER KOOI

CALVINISME IS SINONIEM AAN GEREFORMEERD-WEES VIR DIE WETENSKAP EN DIE PRAKTYK VAN DIE LEWE

(Vorige aflewering)

ABRAHAM KUYPER (1)

In die hieraan voorafgaande artikels in hierdie reeks is uitvoerig aandag aan Groen van Prinsterer verleen as die grondvester van die anti-revolusionêre rigting in Nederland. Groen is oorlede op 19 Mei 1876. Abraham Kuyper was sy natuurlike en algemeen aanvaarde opvolger. Kuyper is op 29 Oktober 1837 gebore en was dus 40 jaar toe Groen begrawe is. Sedert die sestiger jare, vandat Kuyper hom vir die skoolstryd begin interesseer het en, wyer ook, vir die aktivering van "die kleine luyden" op die vlakke van die sosiale samelewing, het hy met Groen eers skriftelik maar later ook persoonlik in aanraking gekom en is hy sterk deur hom beïnvloed.

Die belangrikste bydrae wat Kuyper gelewer het was die aktivering van die mense op grondvlak, die "kleine luyden". Dit was op die terreine van die samelewing, die onderwys, die politiek, die arbeids- en die behuisingsomstandighede en nie in die minste nie die stigting van die Vrye Universiteit.

Op alle vlakke het Kuyper begin om in die kring van anti-revolusionêres organisasies te stig of aan te moedig in plaas van die sosialistiese dwang teenoor die owerheid.

Hoewel hy as predikant sy loopbaan begin het was sy belangstelling op die sosiale problematiek van sy tyd gerig. Dit was in die tyd van die industriële ontwikkeling en tegelyk daarmee die greep van die sosialistiese leiers op die verstedeliking van die bevolking. Tegelyk daarmee die dwang van die kerkbestuur van die Hervormde Kerk in Nederland, om oor alle sake kerklik te besluit en swak daarin te voorsien.

Rig jou poging op die voorturende stryd oor die onderwyskwessie, ja, maar tog ook veral nie minder op die vrymaking van die Hervormde Kerk, was Groen van Prinsterer se boodskap aan Kuyper. "De geest van een volk beslist voor de toekomst van een volk, en die geest wordt gevormd door school en kerk beide", aldus Groen.

Net soos Groen het ook Kuyper die verderflike grondslag van die Franse Revolusie onderken. Dié valse beginsel het Nederland op die laaste van die vorige eeu nie as kontrabande op sy grense gekeer nie, maar toegelaat na binne. Die oorheersende klasse het dit aan ons gedoopte volk opgedwing; en dit is as gif toegedien in vrywel al ons nasionale instellings, wette en gewoontes. Dit is niks minder nie as 'n nasionale sonde, te onvergeefliker omdat in geen land, so sterk as in Nederland, die Christelike beginsel tot heerskappy gekom het nie, sê Kuyper op 12 Mei 1891. Hy vervolg aldus:

"De revolutie te Parijs is metterdaad gebleken niet maar een wisseling van regeeringsvorm, maar een wisseling van stelsel, van politiek systema, van algemeen menschelijke theorie te zijn geweest. Voor den eeredienst van den hoogen God, is met het Humanisme de eeredienst van den mensch in de plaats getreden. De bestemming van den mensch is van den hemel naar de aarde verlegd. De Schrift is uiteengerafeld en Gods Woord smadelijk verworpen, om aan de majesteit der Rede hulde te bieden. Het Kerkelijk instituut is misbruikt als instrument om het geloof te ondermijnen; straks te verwoesten. De volksschool heeft dienst moeten doen, om het opgroeiend geslacht te ontwennen aan de vroomheid der vaderen. De hoogescholen zijn herschapen in instellingen, waar het Darwinisme den geestelijken adel des menschen aanrandt, door zijn schepping naar Gods beeld te loo-chenen. Genotzucht verdrong hemelzin. En "emancipatie" is het wachtwoord geworden, waarmee getornd werd aan den band van het huwelijk; aan den eerbied dien kinderen hun ouders schuldig zijn; aan den zedelijken ernst van onze vaderlandsche zeden."

Teenoor die liberales se huldiging van die ideologie van die (Franse) rewolusie stel Kuyper die antitese van die Calvinisme. Op 29 April 1897 formuleer hy dit in 'n toespraak as volg:

"Stelt u daartoe duidelijk voor den geest, wat wij, Nederlandsche anti-revolutionairen, met ons Calvinistisch beginsel bedoelen. En immers dan was en is dit in 't gemeen: Niet alleen ons persoonlijk en huiselijk, maar ook ons nationale leven te verstaan als uit God, het te laten beheerschen door Gods ordinantiën, en het te doen strekken tot Gods eer. ... Met deze scherpe antithese staat de antirevolutionaire partij tegenover elk en een ieder, die de volle, ongekrenkte autoriteit der Heilige Schrift verwatert of verwerpt."

Al vroeg in sy openbare optrede waarsku Kuyper teen staatsdwang en oorheersing op die terreine wat nie tot die owerheid se bevoegdheid behoort nie:

"Duidelijk moest het voor onszelven en voor onze tegenstanders uitkomen, dat wij, Nederlandsche antirevolutionairen, onzen Calvinististischen aard verloochenen zouden, indien we niet ook op de sociale quaestie met alle macht ons wierpen, om juist daardoor de buiten haar oevers getreden staatsmacht, die den vrijen burgergeest, het cosmo-politisme dat ons nationaal karakter, en de negotie die de religie bedreigt, met de hulpe Gods te weerstaan."

So het ook Kuyper voortgebou aan die grondslag van die Calvinisme.