Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 3 No 5 September 1999
KERKLIKE JOERNAAL
DIE WĘRELDBOND VAN GEREFORMEERDE KERKE (WBGK)
Teoloog van Ghana nuwe hoofsekretaris- Berig in BEELD, Woensdag 21 Julie 1999 -
Die Węreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK) het 'n Afrika-teoloog, dr Setri Nyomi van Ghana, aangewys as sy nuwe hoofsekretaris. Hy volg dr Milan Oppocensky, wat in Maart aan-staande jaar uittree, op. Oppocensky het verlede jaar tydens die algemene sinode van die NG Kerk die sinode as hoofsekretaris van die WBGK toegespreek in die debat wat aanleiding gegee het tot die NG Kerk se fundamentele afwysing van apartheid.
Die besluit het gelei tot die opheffing van die NG Kerk se skorsing uit dié ekumeniese liggaam.
Nyomi (45) is 'n predikant van die Evangelies-Presbiteriaanse Kerk van Ghana. Hy werk by die All African Conference of Churches as senior amptenaar met die verantwoordelikheid teologie, opvoeding en gesinslewe.
Hy het in sy aanvaardingstoespraak onder meer die veroordeling van die bybelse regverdiging van apartheid as kettery, as 'n hoogtepunt in die geskiedenis van die Węreldbond uitgesonder. Hy is die eerste nie-Europeër wat in dié pos aangestel word.
Die Węreldbond het meer as 200 lid-kerke met meer as 75 miljoen lidmate.Dr Allan Boesak is in 1982 verkies tot president van die WBGK. Hy het dié amp tot aan die einde van die jare tagtig beklee.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
"In het licht der Schriften zien we hier weer duidelik de samengang van de prostituerende kerk-vrou en het staats-beest."
"Wat vroeger nationaal bedreven werd, geschied thans internationaal. De afvallige bruid grijpt naar de gouden scepter der wereldmacht. ...
Een streven naar vestiging der Nieuwe Orde. De Oecumene biedt zich zo aan als dienstmaagd van de Wereldstaat, ancilla imperii universalis. Zij staat klaar om na de eis des tijds een nieuw, ánder evangelie te prediken, het Wereldstaat-evangelie. In den beginne was de daad van Wereldordening. In dit eschatologische heden kere deze daad terug. Geleide economie. Geleide politiek. Gesocialiseerd eigendom. Vrijheid, Gelijkheid en Broederschap. De kerk, geen partij kiezend tussen 'Oost' ....en 'West', doch zoekend naar scheppende, creatiewe oplossingen."
Van der Waal C. 1951. ANTITHESE OF SYNTHESE? De Oecumenische Beweging beschreven en getoetst. Enschede: Boersma. (bl 314, 315)