Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Geloofsverklaringe

AKTUEEL: Die Gesag van Meerdere Vergaderings

SKRIFOORDENKING: Waar staan jy?
Josua 5:13-15

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (Slot)

Vermensliking van die Bybel

Die nuwe Psalmberyming (Vergelykings Psalm 8)

God se plek vir die vrou in die gemeente

Totius oor "Aanbidding en Lofsang" in die Erediens

Emeritering van Prof Christ Coetzee

Die Wêreldorde van Babilon

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Kindernagmaal 'n ernstige dwaling"
"Parlement van Wêreldgodsdienste"
Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Strominge in die Opvoedingsteorie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (1)

PERSRUBRIEK: 
Mense is sondig, nie stelsels nie

Die tien gebooie: Die wet van die enigste God
Skrifkritiek: Verklaring van Jesaja 53

KOMMENTAAR: 
(1) "Die 'politieke, kerklike en morele sonde' van apartheid"
(2)Die saak van "Menseregte" in Demokratiese Perspektief
(3)"Kloning: Konflik tussen wat kan en wat mag"

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (8)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van Geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 5  September  1999

OPVOEDING EN ONDERWYS

Jan H van Wyk,

in lewe professor in Teoretiese Opvoedkunde PU vir CHO

skryf in sy werk:

STROMINGE IN DIE OPVOEDINGSTEORIE

(Durban: Butterworth 1979, bl 47/48)

"Deur proses en doel te vereenselwig, verloor die opvoeding rigting. Waarheen is die opvoeding op weg as daar nie ook 'n doel buite die opvoedingshandeling lê nie? ...

"'n Vaste doel bring geen verstarring nie omdat dit in hierdie bedeling van gebrokenheid nie verwerklik kan word nie en dus juis 'n blywende rigtinggewende faktor is.

"Om sosiale bruikbaarheid as doel vir die opvoeding te stel, is om die sondige, gebroke, skeefgetrekte samelewing as norm te neem.

"Om sosiale bruikbaarheid as norm vir curriculumvasstelling te beskou is humanisties. Die Christenopvoeder vra: Watter kennis rus die kind toe vir sy primêre roeping om God en sy naaste lief te hê en sy kultuurtaak tot heil van sy medemens en tot eer van sy Skepper na te kom?

"Die skoolaktiwiteit is nie, soos die pragmatis leer, ten eerste op die sedelike opvoeding ter wille van sosiale nut gemik nie, maar op religieuse oriëntering sodat hy al sy aktiwiteite

in diens van die omvattende koninkryk van God kan stel. Die skool moet teosentries wees in al sy geledinge, nie pedosentries nie. Ook die kind moet God dien.

"Die 'doenskool' en 'luisterskool' staan nie antiteties teenoor mekaar nie; die skool is albei, want luister is ook doen, 'n aktiewe handeling. Die pragmatisme oordryf die handearbeid; denkarbeid is van net soveel waarde."