Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Geloofsverklaringe

AKTUEEL: Die Gesag van Meerdere Vergaderings

SKRIFOORDENKING: Waar staan jy?
Josua 5:13-15

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (Slot)

Vermensliking van die Bybel

Die nuwe Psalmberyming (Vergelykings Psalm 8)

God se plek vir die vrou in die gemeente

Totius oor "Aanbidding en Lofsang" in die Erediens

Emeritering van Prof Christ Coetzee

Die Wêreldorde van Babilon

Dr Abraham Kuyper se pluriformiteitsleer

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Kindernagmaal 'n ernstige dwaling"
"Parlement van Wêreldgodsdienste"
Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Strominge in die Opvoedingsteorie

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (1)

PERSRUBRIEK: 
Mense is sondig, nie stelsels nie

Die tien gebooie: Die wet van die enigste God
Skrifkritiek: Verklaring van Jesaja 53

KOMMENTAAR: 
(1) "Die 'politieke, kerklike en morele sonde' van apartheid"
(2)Die saak van "Menseregte" in Demokratiese Perspektief
(3)"Kloning: Konflik tussen wat kan en wat mag"

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (8)

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van Geneeskunde

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 5  September  1999

REDAKSIONEEL

Daar is 'n verskeidenheid van sake wat in hierdie uitgawe aan die orde gestel word. Allereers 'n waarskuwing oor die verskuilde Skrifkritiek in die "Geloofsverklaring 2000" wat deur die amptelike mondstuk van die NG Kerk geloods word. Dit versnel die pas van die verwerping van die waaragtige geloof in God as die almagtige Skepper, Onderhouer en die Beskikker van ons lotgevalle. Dit relativeer die gesag van die Heilige Skrif oor die norme wat in die samelewing, in die verbande van kerk en volk tot uitdrukking gebring moet word.

'n Volgende artkel handel oor die gesag van meerdere vergaderings as deel van 'n dispuut binne GKSA-verband, wat handel oor die al dan nie binding aan besluite oor omstrede aangeleenthede.

Vervolgens die afsluiting van 'n reeks oor die kinderkommunie wat tans binne die NG Kerke in dispuut is. Dit is 'n saak wat nie net tot die NG Kerk beperk is nie, die NH Kerk wil ook al aandag daaraan skenk. En wat van die Gereformeerde Kerke waar ook oor die Nagmaal reeds 'n dispuut aan die gang is? Mag die Here ons bewaar vir kerkverval wat voortspruit uit die gepeuter aan die Woord- en Sakramentsdiens van sy Kerk, soos Hy dit voorgeskryf het.

Op die terreine van die samelewing word die gelykstelling van godsdienste al hoe meer 'n normale verskynsel. Daartoe dien 'n nuuskommentaar van Radio Pretoria wat dit kritiseer.

Van die hand van prof GJC Jordaan 'n waarderingswoord by die emeritering van prof Christi Coetzee.

Die "Eenheid in die Verskeidenheid", die pluriformiteit van die kerk, kom nogmaals aan die orde na aanleiding van betwiste "gangbare menings" in die Gereformeerde Kerken in Nederland.

Talle ander sake wat nie hier genoem kan word nie, vra nog die aandag om oor te besin. ®