Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Soek  
Keuselys  

  

Die Kerkpad November 2005: DIE EERSTE ALGEMENE BRIEF VAN DIE APOSTEL PETRUS

Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 17:12 Algemeen 

Die Bybel met Verklarende Aantekeninge (1959) bl 678/9 -


Plek, tyd, doel en boodskap van skrywe

As plek van ontstaan van die brief word in 1 Petrus 5 : 13 Babilon genoem. Hiermee word nie bedoel die ou Babel aan die Eufraat of Babilon in Epipte nie, maar dis 'n geheimsinnige aanduiding van Rome, die hoofstad van die Romeinse węreldryk. Deur Rome simbolies Babilon te noem, word die hoofstad en die gesag van die Romeinse węreldryk vir die Christene aangedui as die sentrum van gruwele, goddeloosheid en afgodediens. Ons het hier 'n oorblyfsel van Joods-oud-Christelike geheimtaal. Ook in Openbaring 14:8; 16:19; 17:5 en 18:2, 10, 21 word Rome aangedui as Babilon.

In die benaming Babilon vir Rome, lę ook 'n profesie dat die bloeddronke stad Rome, net soos die ou Babel, ten gronde sal gaan. Na Rome as plek waar hierdie brief geskryf is, wys ook die oudkerklike oorlewering, naamlik dat Petrus voor sy dood in Rome gewerk het en daar die marteldood gesterf het. As Petrus ongeveer in die jaar 64 tydens die Christenvervolginge van Nero in Rome gesterf het, is die brief kort tevore geskrywe, ongeveer 62 - 63. Hierdie datering van die brief kom ook goed ooreen met die omstandighede van die Christene wat in die brief veronderstel word.

Die doel van die brief is deurgaans om die lesers te vertroos en te bemoedig, te vermaan en te bevestig, sodat as die vervolging en die lyding oor hulle losbreek, hulle dan standvastig sal bly in die genade van God. Dan moet hulle nie aan die hoop van die Christen begin twyfel of terugval in die heidendom nie, maar hulle moet liewer deur hulle lewe in liefde en reinheid die bewondering van hulle vyande afdwing en so die oorwinning van die evangelie bevorder, 1 Pet 2:11 en 3:14v. Hulle moet onder beproewinge hulle verheug in en vashou aan die lewende hoop van die Christen, wat gerig is op die heerlike erfenis wat in die hemel bewaar word vir elkeen wat aan Christus vashou,1:3-6. Die droefheid onder allerhande beproewinge, 1:6; 4:12, het skynbaar sy oorsprong in die belasteringe deur die heidense volksgenote, 2:12, 15; 3:14v; 4:12-19.
Die Christene aan wie die brief gerig is, word beledig oor die naam van Christus, 4:14; hulle word belaster omdat hulle nie meer in die heidense sondelewe wil meedoen nie, 4:3v. Die apostel vermaan hulle ernstig om in hul hele lewenswandel heilig te wees, 1:13v; om deur 'n onberispelike lewenswandel die belasteringe tot skande te maak en in hul onskuldige lyding God te verheerlik, 2:11v; 3:13v en 4:1v. In hulle beproewinge moet hulle die onbevlekte en onverwelklike erfenis wat in die hemele bewaar word, in die oog hou, 1:4v en 5:10v.
Dit is duidelik dat die Christenlesers uit die heidene gekom het, 1:14, 18; 2:9v en 4:3. Die brief veronderstel 'n toestand van regsonsekerheid vir die Christene . Die heidendom in die Romeinse węreldryk het begin opmerk dat die Christene nie hul hoogste trou gee aan die gesag van die Romeinse owerheid nie, omdat hulle burgers is van 'n hemelse vaderland. Dit het die heidense volksgenote vyandig en agterdogtig gemaak. 'n Gees van algemene vyandigheid teen die Christene het begin posvat, Tot op daardie tyd is hulle nog nie stelselmatig deur die Romeinse staat vervolg nie. Tog het Petrus reeds ingesien dat die Romeinse ryk in wese die Gode vyandige Babilon is, 5:13, en in die lyding wat Christene reeds verduur het van die heidense volksgenote, het die skrywer die klou van die Satan erken, wat binnekort sal toeslaan, 5:8. Voordat die storm van vervolging ook van staatsweë sal losbars, skrywe die apostel hierdie troosbrief om die verstrooide Christene in Klein-Asië te versterk en te bemoedig.

Die boodskap wat hierdie troosbrief aan die bedreigde Christene in Klein-Asië wil bring, kan nie beter saamgevat word nie as in die woorde van Romeine 8:18: “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie” vgl 5:10. Die brief wil die lesers bemoedig en vermaan om vas te staan in die genade van God en om onder lyding en verdrukking nie daaraan te twyfel nie. Hulle moet heilig tussen die heidene lewe en waardige verteenwoordigers wees van hul hemelse vaderland As hulle as Christene onskuldig moet ly, moet hulle God daarin verheerlik. Onder die swaarste druk moet hulle lewe in die verwagting van die hemelse erfenis, 1 Pet 5:10, 12, en volhard in die doen van goeie werke. Die Kerk van Christus sal telkens weer in tye van druk en geloofsvervolging die boodskap van hierdie brief en die troos en krag daarvan in sy volle diepte leer verstaan.

  
Inloggen  




 


Bent u nog niet geregistreerd? U kunt zich inschrijven!
Problemen met inloggen?

Alle logo's en handelsmerke op hierdie webtuiste is die eiendom van hulle onderskeie eienaars. Die kommentaar op die webtuiste is die eiendom van die outeur. Die res is © 2005 van die Kerkpad.
Hierdie webtuiste gebruik PostNuke, 'n web portaal stelsel wat in PHP geskryf is. PostNuke is Gratis Sagteware beskikbaar onder die GNU/GPL lisensie.

Alle nuusartikels is ook met RSS beskikbaar vanaf backend.php