| Keuselys
|
|
 Dit is onderwerp Artikels van algemene aardDe volgende verhalen zijn gepubliceerd over dit onderwerp.
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 18:07 EET
Algemeen
|
BERIG IN: DIE AFRIKANER, 9 - 15 SEPTEMBER 2005
Die skokkende onthullings dat parlementslede en selfs kabinetslede hulle laat lei deur die voorvadergeeste in staatsake, is waarskynlik die grootste bewys van die agteruitgang van sake in Suid-Afrika sedert die ANC oorgeneem het.
Sangomas het, volgens inligting, vrye toegang tot die parlement waar hulle deur regeerders geraadpleeg word oor 'n groot verskeidenheid van sake.
|
Lees meer... '“VOORVADERGEESTE” BEïNVLOEDING RAAK SA PARLEMENT' (4705 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:17 EET
Algemeen
|
DIE BYBEL IS DIE GODSOPENBARING
- DR JD DU TOIT (TOTIUS) IN VERSAMELDE WERKE, DEEL 5. JOHANNESBURG 1960, BL 95 -
Die Bybel ontvou vir ons die Goddelike plan van verlossing soos gesentraliseer in Jesus Christus, die Middelaar van God en die mense. Dit bring “die heilige Evangelie wat God self eers in die Paradys geopenbaar het en daarna deur die heilige aartsvaders en profete laat verkondig en deur die offerandes en ander seremonies van die Wet vooraf laat afbeeld het en eindelik deur Sy eniggebore Seun vervul het” (HK, Vr/antw 19).
Notitie:
As dit eers duidelik en beslis op die voorgrond staan, kan ons voorts vasstel dat hierdie heilsboodskap van die Skrif nie soos 'n olyftak op die stormagtige lewenswaters drywe nie.
Die Woord van God predik die verlossing in Christus; maar let nou daarop hoe dit geskied. Die Skrif begin met die skepping van hemel en aarde. Dit eindig met die wêreldkatastroof in die Openbaring en die verrysenis van 'n nuwe hemel en aarde. Dit handel oor die opkoms, bloei en insinking van wêreldryke soos Egipte, Babel, Tirus en andere. Dit bevat gebooie vir die huisgesin, die sosiale verhoudinge, die owerheid en ander lewenskringe en lewensverhoudinge. Wie mag vir die Woord van God grense stel en sê: Tot hiertoe en nie verder nie?
Vir al die vertakkinge van die wetenskap vind ons in die Skrif die hoofbeginsels vanwaar uitgegaan moet word en wat by ons studie fundamenteel en rigtinggewend moet wees.
Dit is dus duidelik dat die Skrif vir die gelowige 'n goudmyn van oneindige rykdom is. Maar - en dit is die punt waar dit nou op aankom - dié myn moet langs die weg van moeisame arbeid ontgin word. Die goudstukkies en goudstippels, soms o so fyn, moet uit die rotse gehaal en tot blokke gevorm word. En dan eers kan die edele metaal tot munt gestempel word.
Hierdie beeldspraak is, na ons gedagte, 'n genoegsame aanduiding van die heerlike arbeid wat vir die ondersoeker voorlê . Die Skrif gee die riglyne vir die gebou wat moet verrys. Laat elkeen maar oppas hoe hy bou.
|
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:15 EET
Algemeen
|
Die geskiedenis, wat nie 'n voorwerp van ydele nuuskierigheid mag wees nie, is nuttig; nie slegs omdat dit 'n treffende onderrig in die ervaring van die voorgeslagte gee nie, maar veral ook omdat dit, in die lig wat die Bybel vir Christene verskaf, God se almag, wysheid, regverdigheid, en genade in die lotgevalle van 'n sondige mensdom openbaar.
|
Lees meer... 'Daar staan geskrywe en dit het geskied' (1176 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:14 EET
Algemeen
|
- DR DF MALAN SE AFSKEID VAN SY GEMEENTE, NG KERK GRAAFF-REINET, 13 JUNIE 1915 -
Ons teks vind u opgeteken in die 31ste vers van 1 Korinthiërs 10: “Of julle dan eet en drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God”. Veral staan ons stil by die laaste gedeelte: “Doen alles tot verheerliking van God”.
|
Lees meer... '“Doen alles alles tot verheerliking van God”' (6396 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:12 EET
Algemeen
|
Die Bybel met Verklarende Aantekeninge (1959) bl 678/9 -
Plek, tyd, doel en boodskap van skrywe
As plek van ontstaan van die brief word in 1 Petrus 5 : 13 Babilon genoem. Hiermee word nie bedoel die ou Babel aan die Eufraat of Babilon in Epipte nie, maar dis 'n geheimsinnige aanduiding van Rome, die hoofstad van die Romeinse wêreldryk. Deur Rome simbolies Babilon te noem, word die hoofstad en die gesag van die Romeinse wêreldryk vir die Christene aangedui as die sentrum van gruwele, goddeloosheid en afgodediens. Ons het hier 'n oorblyfsel van Joods-oud-Christelike geheimtaal. Ook in Openbaring 14:8; 16:19; 17:5 en 18:2, 10, 21 word Rome aangedui as Babilon.
|
Lees meer... 'DIE EERSTE ALGEMENE BRIEF VAN DIE APOSTEL PETRUS' (3975 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:08 EET
Algemeen
|
- DR B SPOELSTRA. IN: HANDLEIDING BY DIE KERKORDE VAN DIE GKSA, 1966, INLEIDING. BL 1 - 19 -
1 Die begrip kerkorde
Die kerkorde wil die orde en reël vir die kerk bepaal. Dit is nie 'n kerkwet nie, omdat God alleen vir die kerk vir die kerk wette kan neerlê. Wetgewing veronderstel ook dat die wetgewende liggaam (sinode) voor die wette bestaan. In die gereformeerde kerkregering moes die kerkrade eers 'n onderlinge ooreenkoms in 'n Kerkorde tref en daarna kan 'n sinode op sterkte daarvan bindende besluite neem (Amos 3:3). Die Kerkorde is dus die ooreenkoms waarvolgens kerkrade onder andere in sinodes saamkom en daarom kan dit nie 'n wet van die sinode wees nie. In die kollegialistiese kerkregeringstelsel roep die staat egter gewoonlik die sinode kragtens 'n staatswet in die lewe en delegeer hy die wetgewende mag na hierdie kollegialistiese sinode op grond waarvan dit weer met sy wette magte aan kerkrade verleen. Hier ontleen die kerkraad dan sy mag en bevoegdheid aan die sinodale kerkwet.
|
Lees meer... 'DIE PRESBITERIALE STELSEL VAN KERKREGERING' (11820 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:06 EET
Algemeen
|
- DR B SPOELSTRA IN: HANDLEIDING BY DIE KERKORDE VAN DIE GKSA, 1966, INLEIDING. BL 19, 39 - 41 -
Die plaaslike kerk vorm 'n kerkverband vir die regering
Net soos die gelowiges vergader om 'n kerk te vorm omdat hulle één in Christus is, en die ampsdraers weer in 'n raad van en vir die kerk saamkom om in die Naam van Christus te regeer, so kom die kerkrade weer met ander kerkrade, met wie hulle één in leer is, saam om die regering in kerkverband te behartig. Daar is so 'n voorbeeld in die Skrif waar verteenwoordigers van die kerk van Antiochië saam met die kerk van Jerusalem vergader het en hulle gesamentlik besluit met gesag aan alle kerke deurgegee het (Hand 15). In die kerkverband gaan die selfstandigheid van die plaaslike kerke nie verlore nie ...
|
Lees meer... 'PLAASLIKE KERKE EN KERKVERBAND' (3410 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:05 EET
Algemeen
|
DR GPL VAN DER LINDE
iN: 'N VERKLARING VAN DIE GEREFORMEERDE KERKORDE, 1983. POTCHEFSTROOM. BL 156
In artikel 41 van die Kerkorde tree, net soos in die voorgaande artikels vanaf artikel 29, die grondliggende be-ginsel van presbiteriale kerkregeringstelsel op die voorgrond. Die plaaslike kerk is die volledige openbaring van die liggaam van Christus, maar nie die enigste nie. en is daarom op die ander kerke aangewys om in die kerkregering die wil van die Here na te speur, toe te pas en te handhaaf.
|
Lees meer... 'DIE KLASSIS - BEGINSEL' (944 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:03 EET
Algemeen
|
“Teologiese riglyne vanuit 1 Petrus, met 'n juridiese begronding”
JJ (Fika) Janse van Rensburg en Gerrit J Pienaar
gepubliseer in: In die Skriflig, Jaargang 39.1, April 2005, bl 27 - 52
“Sommige Suid-Afrikaners, en meer spesifiek Afrikaanssprekende landsburgers, beleef hulle huidige situasie as dié van vreemdelinge in hul eie land. Talle voorregte wat hulle in die verlede geniet het, bestaan nie meer nie. Meer nog - dit voel vir Afrikaners asof hulle voortdurend ook nog andere voorregte kwytraak. In hierdie artikel word gepoog om die motief van vreemdelingskap in 1 Petrus toe te pas op die genoemde probleem, asook om tersaaklike Suid-Afrikaanse grondwetlike bepalings te betrek. Die doel met hierdie vertrekpunt is om predikers en pastors toe te rus om 'n geldige Bybelse perspektief op die probleem te bied. Sodanige perspektief kan moontlik bydra tot 'n meer positiewe houding by Afrikaner-Christene wat hierdie belewing van vervreemding het, sodat hulle hulle roeping in Suid-Afrika kan vervul in 'n gees van hoop”. dis die “opsomming van dié navorsing”.
|
Lees meer... 'VREEMDELING IN JOU EIE LAND?' (3438 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 17:02 EET
Algemeen
|
“Geen enkel christenmensch toch is normatief. Een feitelik gegeven is nooit normatief. De feiten dwingen ons wel: niemand kan zich ervan ontdoen, en ieders handelen móet uitgaan van hetgeen gegeven is. Onze handen kunnen wel graaien in de lucht, maar ze kunnen daar niets beginnen. Alleen als ze zich steken in het gegeven materiaal der historisch gegroeide werkelijkheid, kunnen zij dit <materiaal> gaan <bewerken>. En voor die bewerking (het handelen in verantwoordelikheid) zijn wij aangewezen op van God gestelde normen. Zij dwingen niet, doch bevelen. Normatief is daarom alleen het Woord van God, gegeven in de Schrift, normatief is niet de christen of de christenheid, maar de sprekende Christus, als door openbaring ons bekend geworden, en ook zelf God <verklarende> en Diens Woord zonder zondige of uit machteloosheid opkomende weerhouding tot ons sprekende wetgewer, en wetshandhawer, en wetsverklaarder, Hij namens God gezonden tot de menschen.
Elke historische strooming, ook elke presente cultuurstrooming, of -beskrywing, die zich zou richten naar het <gegeven> christendom, of zélfs naar het ideale christendom, als gedachtenbeeld, móet eindigen in zonde, wetsverkrachting, ongodsdienstigheid; zij zou niet anders kunnen optrekken dan een toren van Babel”. Want zij is, door haar verkeerd uitgangspunt, daarmee reeds begonnen.
|
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:32 EET
Algemeen
|
“Dit is 'n groot versugting by my dat ons ons taalgenote oor die kleurgrens binnenooi. Hoeveel van ons kleurtaal-genote het ons al binnegenooi na ons sakekerns, ons kultuurorganisasies, ons vroueverenigings, in kerkverband, hoeveel van ons het al onderwysers uitgeruil, hoeveel van ons meer gegoede skole het al uitgereik en tweeling-skappe gevorm met hulle wat nog sukkel met basiese geriewe?
|
Lees meer... 'IDEOLOGIESE INTEGRASIE IN DIE PERS' (3316 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:30 EET
Algemeen
|
“Die rainbow nation” waarna die nuwe Suid-Afrika streef
'n Interessante artikel in RAPPORT, 25 September 2005, bl 18, het op my tafel beland, waaruit enkele strofes onder aandag van Kerkpadlesers gebring word. Dit betref 'n siening van 'n kleurling met die naam van Wyndrich Wyngaard, hy skryf oor “ruimte wat bruin stemme moet opeis”.
|
Lees meer... 'DIE AFRIKANER OOK DEEL VAN UBUNTU?' (5189 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:18 EET
Algemeen
|
Dis 'n artikel wat in BEELD, Woensdag 5 Oktober 2005, bl 15, verskyn het.
Dis 'n uittreksel uit 'n toespraak van mnr Jack Bloom,
wat gelewer is tydens die “Erfenisdag”-viering by die Gautengse wetgewer.
Dis 'n antipode teenoor die ophef betreffende “die wieg van die mensheid”,
wat oor Sterkfontein en omgewing beweer word.
“In die mens se evolusieboek is dit die rykste nalatenskap op aarde”
sê Elsabé Brits in 'n nevenstellende artikel: “Rykste evolusieskat”
|
Lees meer... 'Evolusionisme - Vertrekpunte verskil' (3142 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Maandag, 17 Oktober 2005 - 16:16 EET
Algemeen
|
NUWE SENTRUM GAAN EVOLUSIETEORIE SKOUSPELAGTIG PROPAGEER
Die besoekersentrum Maropeng (“om terug te keer na die plek van oorsprong”), wat na verwagting vroeg in Desember sal open, gaan die verhaal van die mens en sy voorsate oor miljoene jare op 'n interaktiewe manier vertel. Daar gaan 'n opelugteater vir 5 000 mense wees , slaapplek vir 120 leerlinge en 'n hotel met 24 kamers, konferensiegeriewe, verskeie uitstallings en selfs 'n terrein waar kinders “fossiele” kan uitgrawe.
|
Lees meer... 'NUWE SENTRUM GAAN EVOLUSIETEORIE SKOUSPELAGTIG PROPAGEER' (1748 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:59 EET
Algemeen
|
27 Junie 1931 - 24 Julie 2005Ds JP (Jan) Coetzee, emeritus predikant van Pretoria-Meintjeskop is op die dag van die Here, Sondag 24 Julie 2005, na ernstige siekte van enkele weke oorlede.
|
Lees meer... 'DS JP COETZEE' (4036 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:58 EET
Algemeen
|
DS CJ HUGO. IN: GRENSE: 'N SIMPOSIUM OOR RASSE- EN ANDER VERHOUDINGE. 1961, bl 195 - 207
Uitgegee deur Universiteits-Uitgewers en Boekhandelaars (Edms) Bpk te Stellenbosch
Terwyl in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, aan die hand van "Belhar", en in die Gereformeerde Kerke met die voorlopige besluit en bekendstelling van planne vir strukturele veranderings (Die Kerkpad, Uitgawes: Januarie 2005, bl 1 - 3 en Mei 2005, bl 14), die skroef al stywer aangedraai word vir kerkverbandelike eenheid, is die referaat wat ds Hugo (NGK) in 1961, in die nadraai van die Cottesloe- konferensie gelewer het, waardevol en nuttig om weer van kennis te neem.
|
Lees meer... 'DIE TAAK VAN DIE KERK TEN OPSIGTE VAN RASSEVERHOUDINGS' (14792 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:53 EET
Algemeen
|
- DR CHRIS SAAYMAN - NG KERK EENDEKLUIL -
MET WAARDERING OORGENEEM UIT: VOX VIVA, GEREFORMEERDE INTERNET TYDSKRIF. AUGUSTUS 2005, NR 33
Deesdae kom ‘n mens dit dikwels teë dat sommige gemeentes - van histories-gereformeerde kerke - hul eredienste op ‘n pinkster-charismatiese wyse inklee en tóg daarop aanspraak maak dat hulle steeds gereformeerd is. Daarmee word bedoel dat die eredienste op die tipiese patroon van die Pinkster- en Charismatiese kerke geknip word wat betref die tipe liedere wat gesing word (onder andere sogenaamde "praise and worship" – wat ook al weer ‘n geykte patroon geword het en waar lidmate geleer word hóé daar nou éíntlik aanbid moet word – gewoonlik met ‘n voorsanger wat tussen die liedere sy/haar eie prekies prewel, die tipe musiek en instrumente, aanbidding met liggaamsgebare (onder andere ‘n gewuif met die hande en ‘n gewikkel van die lywe en selfs danspassies), vrye liturgiese orde (soms géén orde) ensovoorts. Hierby kan gevoeg word die manifestering van die "gawes van die Gees" soos tale en profesie. Dit gaan dus oor die uiterlike inkleding van die eredienste.
|
Lees meer... 'GEREFORMEERD IN CHARISMATIESE KLEED' (8298 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:51 EET
Algemeen
|
'n Woord ter waarskuwing met die oog op die toekoms uitgespreek deur prof dr SP van der Walt op Saterdag 28 Maart 1959 tydens die Eeufeesvierings GKSA te Rustenburg
As 'n mens sou vra wat daar in die twintigste eeu op die kerklike erf gebeur het wat werklik van historiese belang is, sou 'n mens moet sê: 'n Besondere reformatoriese gebeurtenis soos 1618-1619 was daar nie. Daar was ook nie afskeidings wat as reformatoriese gebeurtenisse bestempel kan word nie, soos byvoorbeeld 1834 en by ons in 1859 nie. Al wat daar werklik was, is juis nie 'n toespitsing op die eiendomlike nie (wat juis so nodig is), maar die taal word gehoor van gespreksgemeenskap, verbinding van kerke deur rade, dikwels op karige belydenisgrondslag. Hierdie rade van kerke word genoem ekumenisiteit.
|
Lees meer... 'EKUMENIESE BEWEGINGS' (4409 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:42 EET
Algemeen
|
- DR JD VORSTER. IN: "AFRIKANER-LIBERALISME" 1977: BOEKENHOUT UITGEWERS BEPERK, BL 30VV -
(Tweede aflewering)
Een van die vroue-predikante van die United Presbyterian Kerk in die VSA gaan selfs sover in haar propagering van die feminisme dat sy selfs sê: "We must call God she half the time and the Holy Spirit she all the time" anders diskrimineer jy teen die vroue. En by die algemene vergadering van haar sinode is daar selfs gedemonstreer hoe 'n erediens "desexed" kan word. Om 'n bepaalde vrouebeweging te behaag, word daar nie geskroom om te laster nie. Die Skrif word gebruik om die skrif af te takel.
|
Lees meer... 'LIBERALISME OP KERKLIKE TERREIN' (9158 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:40 EET
Algemeen
|
Prof Johan Malan - Universiteit van die Noorde -
Verskeie hoogs populêre en gerespekteerde kerkleiers in die wêreld wys tans die weg na geestelike dwalings aan. Sommige van hulle verkondig van die begin af hulle valshede om die mensdom te mislei. Ander is voormalige evangeliese leiers wat kompromie met wêreldse denkrigtings gemaak het en nou op ‘n subtiele manier Bybelse leerstellings met hulle humanistiese verlossingsleer, sielkundige metodes van kerkleierskap en kerkgroei, ekumeniese denke, voorspoedsteologie en 'n misplaaste koninkryksvisies vervang. Die volgende sewe dwalings is tipies van moderne kerkleiers wat ‘n humanistiese benadering tot hulle taak het:
|
Lees meer... 'DWALINGS VAN DIE KERKGROEIBEWEGING' (17171 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:37 EET
Algemeen
|
Slotaflewering
"'Eenheid' en 'solidariteit' is tipies Marxistiese begrippe, soos dit tipies Marxisties is om te praat van 'strukture' waar dit om die menslike samelewing gaan."
|
Lees meer... 'DIE MARXISTIESE INSYPELING' (9417 bytes)
|
|
|
|
Inloggen
|