| Keuselys
|
|
|
Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 17:25
Hoofartikel
|
Gereformeerde Afrikaner volksgenote word nou skerp aangeval binne die verband van die GKSA, deur manne-broeders wat op prominente plekke aangestel is en hulle waardigheid en gesag tans misbruik om hulle liberale sienings oor “kerkwees en volkwees” te verkondig. Dis manne van kaliber wat hulle teologiese verklaring en uitleg van die Heilige Skrif verabsoluteer in hulle standpunte rakende behoudende Afrikaners, wat nie kán of wil vereenselwig met die “nuwe (demokratiese) Suid-Afrika“ nie. Skrifverklaring oor “vreemdelingskap” in die algemene Sendbrief van 1 Petrus, word situatief verklaar en dien as 'n boodskap gerig aan behoudende Afrikaners. Die kerkorde word gestel in verband van kollegialistiese, van bo af oorheersde kerkbestuur, 'n sinode saamgestel deur 'n “getrapte“ afvaardiging, ten opsigte waarvan meerderheidsbesluite in alle gevalle as vas en bindend beskou moet word. Veranderde omstandighede maak dat die “volks-”benadering met 'n ongeldige verwysing na sinodebesluite oor “apartheid”, as ontoelaatbaar en as uitgedien beskou en, sodanig, gedoseer word. Wat is hierop die antwoord? Daar is teveel om dit in een artikel te kan doen. Daarom is die publikasie van 'n geskrif wat spesifiek daaroor handel, as bylae hieraan toegevoeg.
Veranderinge in die GKSA se teologisering van die Bybel hang beslis saam met die dialektiese teologie, voortspruitend uit Martin Heidegger (1889) se denke, deur hom uiteengesit in sy Sein und Zeit met te doseer dat die Dasein ein Seinsverhältnis betref wat Seinsverständnis is. Die interpretasie van die tyd as die moontlike horison van elke begrip van die “syn” (bestaan), maak nie saak watter een, is sy verlopige doel. Hieruit kan afgelei word dat dit Heidegger van die begin af gegaan het oor datgene waarop hij zich tot op heden richt en wat tot op de dag van heden aan al zijn uitleggers het meeste hoofdbreken heeft gekost: die “Dasein” (bestaan). Op verskillende wyses is Heidegger se “skool” verder gevoer en ontwikkel, ateïsties, maar ook in die teologie en kerklike bestaan.
Dit bring ons op die terrein van die eksistensie-filosofie. Dit gaan uit van die menslike bestaan en menslike soeke na rigting en geborgenheid. Op daardie pad het die bekende Fransman Jean Paul Sartre (1905) die vryheid van die mens (en sy denke) beklemtoon en aangevoor dat die vryheid die enigste fondament is van die waardes en dat niks, absoluut niks, die aanvaarding van hierdie of 'n ander waardeskaal regverdig nie. Dus is daar geen vaste, onveranderlike norme om daarop te bou nie. In daardie denke is daar geen plek vir Christelike geloofsoortuiging op grond van die ewige onveranderlike Woord van God nie.
Selfs al sou daar algemene norme bestaan, sê Sartre, dan sou 'n mens niks daarmee kan uitrig nie. Die mens moet sy vryheid gebruik om die norme te skep vir die omstandigheid van sy bestaan. Die mens moet in 'n volstrekte outonomie waardes skep, gedragsnorme uitvind en sy moraal kies. Sartre sê verder, dat algemeen geldende norme nie aan die hemel geskrywe staan nie. . . Dit staan geskrywe in die mens self, as waarheid, as die werklikheid, as objektiewe betekenis van sy menslike natuur, wat absolute vryheid behels.
Insig met die oog op wat in konkrete situasies gedoen moet word, vind sy vertrekpunt in die ontmoeting van die zu sein (die bestaan) en die etiese ideaal vir die menslike betrekking in 'n konkrete situasie. Ten opsigte daarvan is daar geen algemene geldende norme nie. want al sou hulle aan die hemel geskrywe staan, dan sou dit nogtans die mens nie ontslaan van die plig om dié norme te 'ontsyfer', met ander woorde, dié te interpreteer, of meer Gereformeerd klinkend(!), te “eksegetiseer” en betekenis (uitleg) daaraan te verleen nie. Dis in kort die verloop van denke wat gelei het tot die dialektiese teologie, wat daaruit voortgespruit het. Daar het, onder meer, die Switserse teoloog, Karl Barth, verdere beslag aan verleen. Die wyse van misbruik van die Bybel om teologie te beoefen om 'n liberale lewensbeskouing situatief op kerklike kateders en in geskrifte te verkondig en dáárvoor, volgens 'n nuwe Skrifuitleg, die sogenaamde Gereformeerde teologie, die huidige omstandighede te benader oor 'n morele gedrag, wat as “goed” of “verkeerd” beskou moet word, kan as dialektiese teologie onderskei en getipeer word.
In die Skriflig, ('n teologiese blad wat streef na die beoefening en uitbouing van die Reformatoriese teologie op 'n wetenskaplik verantwoorde wyse tot diens van die kerk en koninkryk van God), teologiseer prof JJ (Fika) Janse van Rensburg, tesame met regskundige GJ Pienaar, op bl 48, April 2005, in 'n Skrifstudie oor die betekenis van 1 Petrus rakende die “vreemdelingskap” hul slotsom aldus:
In Suid-Afrika se Handves van Regte word verskeie individuele, politieke, gods-dienstige, opvoedkundige, ekonomiese en taal- en kultuurregte van Afrikaners beskerm. Hierbenewens word verskeie politieke, godsdienstige, opvoedkundige, ekonomiese en taal- en kultuurregte wat in groepsverband uitgeoefen word, verskans en beskerm. Vreemdelingskap hou verband met die verlies of nie-erkenning van hierdie regte. Afrikaners wat hulle dus as vreemdelinge in hulle eie land beskou, ervaar hierdie sentiment, omdat hulle nie bereid is om hierdie regte in die nuwe bedeling aktief uit te oefen en/of op te eis nie. In hierdie verband is dit noodsaaklik dat die burgerlike samelewing hierdie regte moet beskerm, opeis en afdwing.
Uit die voorafgaande is dit duidelik dat sommige Afrikaners 'n ongeldige persepsie het dat hulle vreemdelinge in hulle eie land geword het. Daar is ewewel praktyke en omstandighede wat hulle 'n gevoel van vervreemding kan laat ervaar. Aangesien Afrikaners, anders as die eerste lesers van 1 Petrus, volledig burgers van die land is, is daar 'n konstitusionele weg om enige verontregting aan die kaak te stel en te laat beëindig.
Predikers en pastors moet gelowiges oproep om die konstitusionele weg te gebruik én moet hulle daarin begelei. Hulle moet gelowige Afrikaners daarop wys dat hulle posisie nie naastenby so benard is as dié van die gelowiges in Petrus se tyd nie. As die oproepe wat God deur Petrus gegee het vir daardie verskriklike diskriminerende situasie gegeld het, hoeveel te meer geld dit nie vir hedendaagse konstitusioneel beskermde Afrikaners nie? Daarom moet elke (Afrikaner-) Christen hierdie grondwetlike regte gebruik wanneer hy/sy diskriminasie en 'n gevoel van vervreemding ervaar. Indien hierdie grondwetlike optrede egter faal of as die weg van appèl op grond van die Grondwet nie gevolg kan word nie, is die boodskap van 1 Petrus duidelik. Die opdragte van 1 Petrus aan die “vreemdelinge van die verstrooiing” moet naamlik letterlik en prakties uitgevoer word.
In ‘n ander artikel hierin: “Die eerste algemene Brief van die Apostel Petrus” is die betekenis van die vreemdelingskap in die Petrusbrief objektief beskryf deur teoloë wat daaraan meegewerk het (in die vorige bedeling) sonder om na 'n konkrete situasie van aktuele omstandighede te verwys. Dit was Gereformeerd-sien na en vertolking van die Skrifte: Gereformeerde teologie! Wat hier deur prof Fika van Rensburg getrakteer word is niks minder as 'n eksistensiële benadering en toepassing van die Skrif, soos wat hy die huidige bedeling as 'n beter toestand en toekoms idealiseer. Die eksistensialis sê: daar is geen vaste onveranderlike norme aan die hemel geskrywe nie, en al sou dit wél daar wees, dan moet dit uitgelê en toegepas word met die oog op die siuasie waarin 'n mens verkeer. Dit kan nie vir álle tye en álle omstandighede en vir álmal algemeen geldig wees nie. Die mens is vry en sy gewete lei hom in die keuse vir beoordeling van “waar” of “vals”, “goed” of “boos, “reg” of “verkeerd”. Dit word, “Christelik” getransponeer, as “Gereformeerde teologie” in 'n Gereformeerde tydskrif vir beoefening en uitbouing van die Reformatoriese teologie, as 'n ... verantwoorde wyse tot diens van die kerk en koninkryk van God, gedoseer.
In dieselfde uitgawe van In die Skriflig, 39.1, April 2005, het die redakteur van Die Kerkblad, prof JH (Amie) van Wyk 'n artikel gepubliseer waarin hy na ons hedendaagse bestaan verwys met te vermeld dat ons “leef ook in Suid-Afrika in 'n post-apartheidsituasie”. Dié artikel behandel die vraagstuk van die Gereformeerd-wees van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Dis na aanleiding van meningsverskille in die kerk, aldus prof Van Wyk (lees ook die Kommentaar: op: “Gereformeerd-wees”.
Ons leef in 'n land waar ons enorme ekonomiese as-ook politieke vraagstukke in die gesig staar. Dan is nog nie eers na die groot ekologiese krisis verwys nie. In Suid-Afrika waar sosiale onrus en onreg hoog opvlam, moet kerk en teologie hulle dus met fundamentele dinge besig hou en is die tyd baie min om aan middelmatige sake aandag te bestee. ...
Die standpunte van die Nuwe Hervorming beïnvloed tans die debat oor kerk- en teologiese sake in die GKSA nadelig en daarom wil ek daarteen waarsku dat ons me-kaar nie in die geval van 'n meningsverskil, oorhaastig en simplisties van invloed van die Nuwe Reformasie moet verdink nie. sê prof Van Wyk.
Daarmee het hy gesê dat hy nie saamgaan met die vérstrekkende teologiese standpunte aangaande die opstanding en hemelvaart van Jesus Christus nie. In daardie teologie is Christus nie die vleesgeworde Woord nie. Vir die Nuwe Reformasie is die Skrif nie die onbetwyfelde Woord van God nie. Gevolglik kan nie die voorskriftelike norme en lewenswaardes daaruit afgelei word nie. en moet norme en waardes deur middel van 'n soort dialektiese denke, rasionalisties, eksistensieel, gekonsipieer word.
Prof Amie van Wyk, beskou die Skrif wél as gesaghebbend, besonder ook vir die moraal en etiek wat hy voorstaan. Hy vaar egter in troebel waters, as ook hy die Skrif situatief verklaar, vanuit die feite na die norm en nie andersom nie, Maar dis nogtans 'n minder sterke vorm van die eksistensiële dialektiese teologie.
|
|
|
|
Inloggen
|