| Keuselys
|
|
|
Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 18:07
Algemeen
|
BERIG IN: DIE AFRIKANER, 9 - 15 SEPTEMBER 2005
Die skokkende onthullings dat parlementslede en selfs kabinetslede hulle laat lei deur die voorvadergeeste in staatsake, is waarskynlik die grootste bewys van die agteruitgang van sake in Suid-Afrika sedert die ANC oorgeneem het.
Sangomas het, volgens inligting, vrye toegang tot die parlement waar hulle deur regeerders geraadpleeg word oor 'n groot verskeidenheid van sake. Hierdie inligting is verstrek deur eerwaarde Meshoe, leier van die ACDP, in die parlement. Hy gaan selfs verder wanneer hy nie net na die raadpleging van voorvadergeeste verwys nie, maar openlik erken dat demone op hierdie wyse 'n vastrapplek in die regering van die land verkry. Dié kan onberekenbare skade in die land berokken, en Meshoe skryf dan ook die vlaag van misdaad en gewelddadigheid wat daarmee gepaard gaan, direk daaraan toe. Die geesteswêreld waarin die tradisionele swarte beweeg, wat die kultus van voorvadergeeste-aanbidding beoefen, hou direk verband met die okkulte.
Meshoe het aan die lig gebring dat die raadpleging van sangomas en dolosgooiers doelbewus verswyg word, sodat die publiek nie daarvan mag weet nie. Dit beteken dat die ANC daarvan bewus is dat die uitlek van sulke inligting skokgolwe deur die land sal stuur.
Die tradisionele leiers distansieer hulle van Meshoe se onthullings, en laat weet dat hulle geen kennis dra van sangomas wat vrye toegang tot die wetgewende liggame in die land, ook die parlement, het nie.
Die voorvadergeeste-aanbidding is ook nie net beperk tot die parlement en wetgewende liggame in die provinsies nie. Hierdie kultus speel ook 'n belangrike rol in staatsaangeleenthede buite die wetgewende proses.
Die ANC glo dat die voorvadergeeste deurlopend betrok-ke was by die stryd teen apartheid. Daarom word daar pogings aangewend om voorvadergeeste van leiers van die struggle wat in die buiteland gesterf het, terug te bring na Suid-Afrika.
So het Terror Lekota, Minister van Verdediging, verlede jaar 'n kartondoos met stoflike reste van voorvadergeeste uit Lesotho na Suid-Afrika gebring sodat hulle hier ter ruste gelê kon word. Dieselfde gebeur met geeste van leiers wat in Europa en elders buite die RSA gesterf het. Dié geeste moet 'n rusplek in Suid-Afrika tussen hulle eie mense kry.
Afvaardigings word meermale oorsee gestuur om voorvadergeeste “huis toe” te bring. In sulke gevalle word hulle vergesel deur sangomas om te verseker dat al die nodige rituele volgens alle voorskrifte mag geskied.
Een van die populêrste plekke waar voorvadergeeste gehuisves word, is die Vryheidspark, die ANC se terrein van herinnering op 'n koppie buite Pretoria binne sig van die Voortrekker-monument. Met die begin van die ontwikkeling van die terrein het dit gepaard gegaan met talle tradisionele rituele wat verband hou met godsdiens van die swartes.
Thabo Mbeki het as president self daaraan meegedoen. Hy het van die seremonies wat daar uitgevoer word, self bedryf. Die blankes was geskok oor alles wat daar plaasgevind het, maar die nuutste onthullings plaas al hierdie rituele wat daar uitgevoer is, in 'n nuwe perspektief wat die skokkende daarvan net verder onderstreep.
Vryheidspark beloof om 'n hoofsentrum van voorvader-geeste-aanbidding in Suid-Afrika te word. Daar word aangevoer dat die huisves van voorvadergeeste by Vryheidspark 'n daad van versoening is. Inderdaad is dit die loslaat van die okkulte op Suid-Afrika wat tot verdere rampspoed moet lei.
Die grootste skok is egter die onthulling van Meshoe dat die terugbring van voorvadergeeste na Suid-Afrika 'n presidensiële projek is. Dit val dus direk onder die jurisdiksie van Thabo Mbeki.
Met die sinkretistiese benadering van die ANC -regime ten opsigte van godsdienssake, word ook ruimskoots voorsiening gemaak vir rituele waarby voorvadergeeste betrokke is. Desmond Tutu, 'n voormalige aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, was self al by sodanige rituele betrokke. Hier word spesifiek verwys na die inhuldiging van Nelson Mandela in 1994.
Pryssangers speel altyd 'n groot rol by die inhuldiging van 'n nuwe president. Dan word die hulp van die voorvadergeeste afgesmeek op die regering van die nuwe president.
By die aanbidding van die veelgodedom binne sinkretisme word ook voorsiening gemaak vir die animisme of voorvadergeeste-aanbidding. Selfs in skole word jong blanke kinders in die nuwe godsdiensprogramme daaraan blootgestel.
Wat nou plaasvind, hou geen verband met respek vir an-der mense se godsdienstige gebruike nie - voorvadergeeste-aanbidding speel 'n direkte rol in die besluitnemingsproses, wat landsake direk raak waaraan landsburgers blootgestel word.
Dit hou selfs die implikasies in dat die haat vir die blanke, en meer besonder die Afrikaner, en die aftakeling van sy kulturele erfenis, sy taal en sy geskiedenis, teruggevoer kan word na die demoniese impak wat die okkulte in die staatshuishouding in Suid-Afrika speel.
|
|
|
|
Inloggen
|