| Keuselys
|
|
|
Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 17:19
Aktueel
|
Die Bybel is heilig en kanoniek (NGB, art 6).
Daar mag niks bygevoeg of uit weggelaat word nie (NGB, art 7).
Die Woord van die Here is, soos Hy is, ewig, sonder begin en einde;
tyd en ewigheid, asook hemel en aarde omvattend,
onverganklik, onwankelbaar, vas en seker.
Die Bybel is 'n (goud) standaard, waaraan alle leer en lewe onder alle omstandighede, in alle tye en vir almal dieselfde, getoets moet word.
Dis waar dit op aankom: om God se Woord klaar en helder te hoor,
te verstaan en toe te pas (etiek) in die omstandighede van die lewe.
Dié verhewe standaard mag nie deur menslike denke vertroebel word nie.
Die Bybel is slegs waar en seker as dit letterlik, sonder teologisering, vertaal is.
Menslike tyd en omstandigheidsgetuienis, oftewel “dialektiese teologie”,
is sigbaar en hoorbaar aanwesig in die 1983-Afrikaanse vertaling.
Dit ondermyn die gesag van die Woord, wat die sprekende God is vir almal,
in alle tye en onder alle omstandighede, dieselfde.
Totius beskryf die Bybel as 'n standaard, “vir die gelowige 'n goudmyn van oneindige rykdom”.
“Maar - en dit is die punt waar dit op aankom - dié myn moet langs die weg van moeisame arbeid ontgin word. Die goudstukkies en goudstippels, soms o so fyn, moet uit die rotse gehaal en tot blokke gevorm word. En dan eers kan die edele metaal tot munt gestempel word.”
|
|
|
|
Inloggen
|