Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Soek  
Keuselys  

  

Die Kerkpad November 2005: Redaksioneel

Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 17:27 Redaksioneel 
Die datum van 31 Oktober staan, vandat Martin Luther sy 95 stellinge op dié dag, in 1517, op die deur van die slotkapel te Wittenberg vasgespyker het, bekend as Hervormingsdag. Veral die geloofsake van ewige saligheid of ewige straf aan liggaam en siel, was die brandpunt van Luther se konflik met die Roomse Kerk. Die handel in aflaatbriewe (“die heilige handel”, soos dit onbeskaamd genoem is) het tot 'n skandaal ontwikkel.

Die Middeleeuse mens was verskriklik bang vir die tydperk van straf in die vagevuur wat in soveel besonderhede deur die kerk uitgespel is. Vandat boetedoening 'n sakrament geword het, het die gewone man geglo dat 'n aflaatbrief verseker dat sy straf wat hy ná sy dood in die vagevuur moet verduur, verkort sal word. Daar is byvoorbeeld geglo dat die relekwieë van die slotkerk waar Luther sy 95 stellinge op die deur vasgespyker het, vir pelgrims 'n afslag van 1 902 202 jaar en 270 dae sou verseker!

Luther het besef dat die handel in aflaatbriewe heeltemal onskriftuurlik is. Dit het die mense net in hulle kwaad gesterk en het daartoe gelei dat hulle hul van Christus en God se vergiffenis weggekeer het. Op hierdie punt het Luther se teologie radikaal van dié van die kerk verskil. Die pous het daarop aanspraak gemaak dat hy oor die mag beskik om “die hekke van die hel te sluit en die poort na die paradys oop te maak”. 'n Onbekende monnik het hierdie gesag uitgedaag. Sy tydgenote het dadelik besef dat Luther geraak het aan die ontblote senuwee van die kerkhiërargie sowel as die alledaagse praktyk van die Christendom. Christelike Europa was daarna nooit weer dieselfde nie. Weer staan ons voor so 'n kruispad oor die kerkhiërargieë (NGK en GKSA) wat gewetensbindende besluite uitvaardig oor wat in kerk en samelewing behoort gedoen te word en dit aan die hand van dialektiese “teologie” motiveer. Dis weer so 'n tyd vir REFORMASIE van die kerk(e).


  
Inloggen  




 


Bent u nog niet geregistreerd? U kunt zich inschrijven!
Problemen met inloggen?

Alle logo's en handelsmerke op hierdie webtuiste is die eiendom van hulle onderskeie eienaars. Die kommentaar op die webtuiste is die eiendom van die outeur. Die res is © 2005 van die Kerkpad.
Hierdie webtuiste gebruik PostNuke, 'n web portaal stelsel wat in PHP geskryf is. PostNuke is Gratis Sagteware beskikbaar onder die GNU/GPL lisensie.

Alle nuusartikels is ook met RSS beskikbaar vanaf backend.php