| Keuselys
|
|
|
Geplaatst door: Admin op 17 Okt 2005 - 17:05
Algemeen
|
DR GPL VAN DER LINDE
iN: 'N VERKLARING VAN DIE GEREFORMEERDE KERKORDE, 1983. POTCHEFSTROOM. BL 156
In artikel 41 van die Kerkorde tree, net soos in die voorgaande artikels vanaf artikel 29, die grondliggende be-ginsel van presbiteriale kerkregeringstelsel op die voorgrond. Die plaaslike kerk is die volledige openbaring van die liggaam van Christus, maar nie die enigste nie. en is daarom op die ander kerke aangewys om in die kerkregering die wil van die Here na te speur, toe te pas en te handhaaf.
Die eenheid van die kerke sowel as die selfstandigheid van elke kerk kom nadruklik uit in Openbaringe 1 : 4 en 13. Johannes spreek in die Naam van Jesus Chris-tus, die Koning van die kerk, die “sewe kerke” as die volheid van die kerk van Christus aan, sonder om die plaaslike kerke op te los in 'n groot geheel. Christus is “tussen die sewe kandelaars” wat die sewe gemeentes is.
Hoewel kompleet en selfstandig, is elke plaaslike kerk onderworpe aan dieselfde Hoof en Koning, Jesus Christus. Dit moet op dieselfde wyse regeer word (Hand 14:23; Titus 1:5).
In elke kerk moet ouderlinge gekies word, dieself-de vereistes vir die wat verkies kan word tot ouderlinge en diakens word vir elke kerk gestel (1 Tim 3). Die ouderlinge wat in elke stad verkies word, moet “as 'n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig nie ... een wat vashou aan die betroubare Woord wat volgens die leer is ...” (Titus 1:7 vv).
|
|
|
|
Inloggen
|