|
KERKLIKE KONFLIK IN SUID-AFRIKA 2005
Behoudende denke teenoor leer- en regeerveranderings in die kerk
Gepubliseer en uitgegee deur P van der Kooi
| As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? (Psalm 11:3) |
| - Verantwoording -
Wat u hiermee ter hand neem om te lees en ter harte te neem, het sy ontstaan in die negentiger jare van die afgelope eeu. Dit dateer mynersyds op 8 Maart 1994, toe “bekommerde” Gereformeerdes in Nylstroom (Waterberg) byeen geroep is om beslag te verleen aan hulle ooreenstemmende innerlike oortuigings.
In dié tyd was die nuwe Bybelvertaling (1983) in die meeste kerke, ook in Gereformeerde kerke, aanvaar vir gebruik in die eredienste. ‘n Neiging vir leer- en regeerveranderings in die kerk was aanvoelbaar, hoewel nog nie formeel deur middel van besluitneming, bekragtig nie.
Die Voortsettingskomitee wat aangewys is op die vergadering te Nylstroom, het enkele jare gefunksioneer as kontak vir behoudende broeders en susters in die Gereformeerde kerkverband. Daar het gedurende die bestaan van die Voortsettingskomitee toe nog twee openbare vergaderings onder sy leiding plaasgevind, maar op die end is, vanweë magteloosheid om in dié stadium ‘n sinvolle leiding te verskaf, besluit om die komitee te ontbind. Dit was, na afloop van die Nasionale Sinode GKSA, in Januarie 1997. Van toe af het beswaardes in die kerk meer en meer onrustig geraak en begin dink en beraadslaag oor formele beswaarskrifte om te laat dien in kerklike vergaderings tot op sinodale vlak.
In die besef van ‘n behoefte wat ontstaan het vir ‘n eie mondstuk, verskyn Die Kerkpad op die toneel, volkseie en konfessioneel Gereformeerd. Die eerste uitgawe het in Maart 1997 verskyn en sedertdien tweemaandeliks, ses uitgawes per jaar. Dit was ‘n “poging om te voorsien in die behoefte van ‘n mondstuk om op die verontrustings en versugtinge antwoord te verskaf en om teen deformatoriese neigings, sowel binne die kerk- as in volksverband, te getuig en om, getrou aan die profetiese roeping (Es 33 :7), die huidige gedagtestromings aan die Skrifgesag te onderwerp”.
Beskrywend is voorligting verskaf en by wyse van inligting is die aandag voortdurend gevestig op kennis van positief behoudende bydraes in die literatuur wat beskikbaar is en is polemies die afwykende, anderse “nuwe” sienings, wat in die kerklike en sekulęre pers bekendgestel is, betwis. Tot op hierdie stadium was dit nog moontlik om saam te leef in die verband van kerke, hoewel nie meer van harte nie. Die invoering van die nuwe Psalmboek met die vreemde Cloete-omdigting van Psalms en relativering van nagmaalgebruike maak “gemeenskap van die heiliges” onmoontlik vanweë uiteenlopende, botsende kerklike liturgieë. Die feit dat talle beswaarskrifte en appelle, by wyse van meerderheidsbeslissing, tydens die Nasionale Sinode GKSA, Januarie 2003, afgewys is en fundamentele “strukturele veranderings van die kerk”, wat behels dat swart kerke geografies ingedeel word in klassisverbande van die GKSA, in die gesigsveld is, dit alles maak dat hierdie geskrif deur my geskryf en opgestel is vir verspreiding in Afrikaner volks- en kerkverband.
Tot eer van die Here en tot heil van Sy kerk en lidmate, binne Afrikaner-volksverband.
P van der Kooi. Hervormingsdag, 31 Oktober 2005 |
KERKLIKE KONFLIK IN SUID-AFRIKA 2005
Die saak waaroor dit gaan
Sedert die sestiger jare van die vorige eeu, het daar ‘n aanvoelbare klimaatsverandering gekom in die Afrikaanse gereformeerde kerke van die protestantse tradisie. Dit raak allermees die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) en die Gereformeerde Kerke (GKSA). Dit raak egter ook die Nederduitsch Hervormde Kerk, wat as gevolg van ekumeniese betrekkinge op teologiese vlak gedeeltelik daarin betrek is. Dit is veral ten aansien van die sogenaamde “Nuwe Hervorming” waar teoloë oor disputeer. Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) is vroegtydig afgestig van die NGK, hoofsaaklik vanweë veranderde beskouings oor etniese eenheid en verskeidenheid, oor die “Belhar” strewe van binne die NGK “kerklike familie”. Maar dit het tog ook ‘n suiwerende proses teweeg gebring ten aansien van skriftuurlik teologiese kwessies ten opsigte waarvan die APK ‘n behoudende staanplek ingeneem het. In die Gereformeerde Kerke het daar ‘n ander ontwikkeling plaasgevind, wat resulteer in Sinodebesluite (2003) as gevolg waarvan daar verskillende beskouings heers oor die aanvaarding en gebruik van die 1983 Bybelvertaling, oor die Cloete-omdigting van die Psalms vir gebruik in die eredienste, oor nagmaalvierings waarmee die aansit by die tafel en die gebruik van kelkies in die gedrang is en die toelating van vroue in die kerklike ampsbediening. Daarbenewens is daar verwarring oor behoudendheid in die huidige Suid-Afrikaanse konteks.
In die GKSA is Afrikanerdenke oor Afrikanervolk-wees nie versoenbaar met Gereformeerd-wees nie, altans soos dit deur die redakteur van Die Kerkblad, prof JH (Amie) van Wyk, bevestig is met daaroor te disputeer in In die Skriflig, April 2005. In ‘n artikel oor “Die Gereformeerd-wees van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika” sien hy dit as ‘n vermeende volksteologie en volkskerk-benadering.
‘n Voortsetting van die volkskerkgedagte (en ‘n bepaalde vorm van volksteologie) is nog te vind in die redaksionele kolomme van Die Kerkpad. Vergelyk die herhaalde versekerings van ‘n “volkseie benadering as (ons) redaksionele beleid” in die uitgawes van Junie, Augustus, November 1998; in die Januarie-uitgawe 1998 word verwys na ‘n volkseie benadering vir die verbandelike organisasie van die kerk”; in die uitgawe van Mei 2004:27 word gestel dat “ons blad feitlik die enigste krities-behoudende Afrikaner-volkseie kerklike orgaan binne die gereformeerde gesindte is”. Kerke in Suid-Afrika wat ‘n uitgesproke volkskerkkarakter het, is die NHK (vgl die nuwe ordereël 4 wat die vorige art 3 van die Kerkwet vervang het) asook die APK. In Die Skriflig April, 2005, p 186
Dit is sonder meer duidelik dat prof Van Wyk as woordvoerder van verligte denke binne die GKSA funksioneer. Die Kerkblad is die amptelike orgaan van die Gereformeerde Kerke. Van Wyk beskou die betwiste sinodebesluite op grond van meerderheidsbeslissing as vas en bindend. Ten opsigte van kerkordelike beslegting van geskille verklaar hy die Gereformeerde kerkorde kollegialisties, in die sin van kerklike bestuur van bo af, vanaf die sinodale vlak.
Indien die meerderheid in ‘n sinode ‘n besluit geneem het, is daardie besluit vas en bindend, tensy bewys kan (my kursivering PvdK) word dat die besluit in stryd is met Gods Woord. In die Skriflig April 2005, p 185
Die teks van artikel 31 KO lui soos volg:
Wat op ‘n kerklike vergadering met meerderheid van stemme besluit is, moet as vas en bindend beskou word tensy bewys word dat dit in stryd is met Gods Woord of die artikels van die Kerkorde. As iemand ‘n klagte het dat hy deur die uitspraak van die mindere vergadering verongelyk is, kan hy hom op ‘n meerdere vergadering beroep ...
Die saak waaroor hierdie geskrif handel, is aldus gemotiveer. Dit handel oor ‘n kerkstryd wat uit die nuwe teologiese denke voortspruit. Dit hang saam met lewensbeskoulike insig in die Bybel en denke oor die kerk en breë samelewing. Wat is ‘n lewensbeskouing? Hoe vergelyk ‘n behoudende Afrikaner se denke met dié van die “verligtes”? Dit word soos volg beredeneer:.
Die Calvinistiese of Christelik-nasionale lewens- en węreldbeskouing
‘ n Lewensbeskouing is iemand se opvatting of beoordeling van die lewe, of anders gestel, ‘n deur beginsels of geloof gerigte lewenshouding.Die Afrikaner se lewensbeskouing is Bybels-Christelik gefundeer. Dit is soos Johannes Calvyn dit wetenskaplik toegepas het en, sodanig, inhoud en rigting daaraan verleen het. Daarom staan dit ook bekend as die Calvinistiese of Christelik-nasionale lewens- en węreldbeskouing. Die omvattende denke van die Calvinisme is Bybels skriftuurlik gefundeer en veranker.Volgens die “Dopper” filosoof (PU vir CHO), HG Stoker, pretendeer dit uiteraard “die suiwerste skriftuurlike, universele, die mees harmoniese en mees konsekwente Christelike lewens- en węreldbeskouing te wees”. Ewenwel is daar ook ander lewensopvattings wat berus op Bybelse waarhede. Die Calvinisme staan in daardie opsig onderskeidend teenoor die ander. Daar is, onder meer, die Rooms-Katolisisme, die Lutheranisme en die Metodisme wat hulleself, net soos die Calvinisme, as Christelik beskou en as sodanig presenteer. Maar dit vertoon pregnante verskille van leerstellige aard. Dan is daar die sogenaamd neutrale lewens- en węreldbeskouing van die Liberalisme met sy verbindingskakels na die humanisme, rasionalisme, evolusionisme, sosialisme en kommunisme.
Die konflik waar hierdie geskrif na verwys, behels dié van die antitetiese Calvinisme eenkant en die opportunistiese Liberalisme anderkant, soos dit op die politiek-staatkundige asook op die kerklike terreine van ons leefwęreld in die laaste omtrent vyftig jaar plaasgevind het en vind.
Die lewensbeskoulike vertrekpunt
| Die Afrikaner se lewens- en węreldbeskouing vind sy vertrekpunt in die verskeidenheid van die menslike geslag wat hy as die wil van God verklaar, en ook daarmee die aard en eiesoortigheid van elke volk wat tot stand kom, erken, tesame met die eie roeping wat elke volk behoort te vervul deur homself te wees en aan sy eie aard getrou. Daarmee erken hy ook die eis om te handhaaf en te bewaar wat as eiendomlike aan hom toevertrou is in belang van en tot seën van die hele mensheid. Die kerklike Kongres van die Gefedereerde NG Kerke, Bloemfontein 1950, het hieromtrent as sy oortuiging uitgespreek: “... dat die enigste blywende oplossing van die rassevraagstuk ten opsigte van wit en swart . . . geleë is in uiteindelike totale skeiding van blanke en nie-blank.”, en vervolgens dat “die beleid van uiteindelike vermenging verwerp word omdat dit lei tot onnodige botsings tussen die twee rasse, en tot die ondergrawing van die toekoms van die blanke ras en daarmee tot groot nadeel van die ontwikkeling van die Christelike beskawing in Afrika”. |
“Waar die eenheidsgevoel van die volk hom op staatkundige gebied bedreig voel, kom daar ‘n volksbeskermende reaksie”. (NGS van der Walt)
“Die gevolg van die Afrikaners se eenheidstrewe binne die partypolitiek was dat hulle later inderwaarheid die reëls van die spel in die oë van die kenners oortree het deur prakties, hoewel nie teoreties nie, hulle party op ‘rassegrondslag’ te organiseer. Binne die stelsel wat nie by sy lewensbeskouing pas nie, het die Afrikaner die beste daarvan probeer maak deur intuďtief sy volkstaat deur middel van sy volksparty te probeer bereik. ... Die verhoudingsvraagstuk ten opsigte van die vreemde volksgroep is vir die Afrikaner nie net deur ‘n volksvreemde stelsel ingewikkelder gemaak nie, maar die lewensbeskouing van daardie volksgroep het so wesenlik van dié van die Afrikaner verskil dat hierdie feit alleen, afgesien van ander faktore, dit vir die Afrikaners moontlik gemaak het om hul volkseenheid binne hul party te vind in so ‘n mate dat hulle Engelssprekendes kon uitsluit en hulle eie beleid kon deurvoer, en dus vir alle praktiese doeleindes oor ‘n eie staat kon beskik. Want ondanks ‘n toenaderingstrewe wat ná republiekwording allerweë ontstaan het en ondanks ‘n groot bewondering vir dr Verwoerd, het die Engelssprekendes, het laasgenoemde as groep, nog steeds buite die Nasionale Party gebly omdat hulle onder meer ‘afsonderlike ontwikkeling’ eenvoudig nie begryp nie”. NGS van der Walt. Die Republikeinse Strewe. 1969. Potchefstroom: Pro Rege. p 22, 23
Dit wat in Afrikanergeledere as ‘n kosbare skat beskou is, wou hulle ook aan die swartes in ons land gegun het, eiesoortige volkseie state, selfregering en moedertaalonderwys. As sendeling het ene PP Tempels (in Nederlands) dié waarde daarvan besef en dit gemotiveer. Hy vind dit nie veroordelend aangaande die swartes nie, juis wél as hulle in ‘n stelsel wat hulle wil “beskaaf” met (vir hulle) vreemde waardenorme ingeforseer word, sonder kennis en begrip van hulle eie sisteem van waardes en lewensbeskouing nie.
“In die verband sę hy (Tempels): “Om ze tot de ware beschaving te brengen, is er nog heel wat anders nodig dan stoffelijke welstand, dan de zoo geprezen sociale actie en sociale verbeteringen, meer ook dan schoolonderricht en fabricatie van klerken, iets meer ook dan het ‘ki-francais’ (stemreg)”. Hierdie ‘iets’ sien hy in die erkenning van ‘n eie Swart persoonlikheid, ‘n eie kultuurtradisie en ‘n eie lewensbeskouing wat alleen vanuit eie bodem kan ontwikkel tot ‘n ware swart beskawing. So sterk is Tempels se mening hieromtrent, dat hy enige ander benadering beskou as ‘n bydrae ‘om in den Swarte de mensch te dooden’. Hy waarsku baie ernstig teen ‘n verkeerde soort van beskawing as hy sę: “met te willen ‘beschaven’ loopt men gevaar den mensch te dooden, het getal ontwortelden te verhoogen en aldus opstand voor te bereiden”. Prof dr JP Bruwer. In: Grense. Stellenbosch. 1961. p136 - 161
In die GKSA is “apartheid” soos volg verantwoord:
“Die besondere roeping van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika is om, met die ruims moontlike internasionale skakeling tot ekumeniese omvang binne en buite Suid-Afrika, ‘n selfstandige nasionale gereformeerde kerkverband te help ontwikkel vir die verskillende nie-blanke nasionale groepe in Suidelike Afrika wat Skriftuurlik-gereformeerd moet wees maar geen slaafse nabootsing van die blanke kerkinrigting hoef in te hou nie, omdat dit dan nie aan die besondere behoeftes van die nie-blankes sal voldoen nie. ... Teenoor afwykende beskouinge by ander gereformeerdes in die binne- en buiteland moet ons egter getuig en bely as Skriftuurlik en gereformeerd onder ons omstandighede: (a) Nasionale verskeidenheid moet in internasionale samewerking gehandhaaf word, ook deur ‘n nasionale stempeling van die kerkverband tot op nasionale omvang selfs waar die twee volke binne dieselfde grense woon; (b) In Suid-Afrika is gemengde kerkformasie tussen blank en nie-blank ongeoorloof en mag ekumeniese verband alleen bo die nasionale vlak gesoek word; . . .” (Handelinge van die 39ste Nasionale Sinode GKSA, 1976, p 366/7)
Erken die hand van God
Tweërlei motiverings bevestig dat een en dieselfde lewensbeskoulike denke insig en leiding verskaf het vir besluitneming op die maatskaplik-staatkundige en op die kerklike terreine van die Afrikaner se volksbestaan. Dr DF Malan het dié saak raakgesien en soos volg verwoord:
“Met ‘n volk is dit soos met ‘n enkeling. Die vraag of ons volk ‘n reg van bestaan het, is ontsettend. Daar is egter nog ‘n dieper vraag wat aan die wortel daarvan lę. En dit is dit: Erken ons in ons volksgeskiedenis die hand van God? Dat ons as ‘n volk bestaan, dat ons in die loop van die jare ‘n volk geword het, is dit God se werk of mensewerk? Is daar agter ons volksbestaan ‘n ewige Godsgedagte wat aan ons volkslewe bestemming en roeping gee, of is dit alles ‘n doellose, blinde noodlot? Dit is ‘n vraag om diep oor na te dink. Maar nie net dit nie. Dit is ‘n vraag van die beantwoording waarvan alles afhang. Erken en verheerlik God in ons wording en ons bestaan, en ons ganse volkslewe verkry daardeur hoë waarde en doel en krag en heiligheid. Breek aan die ander kant met die geskiedenis, of behandel die geskiedenis op ‘n onware, oneerlike of ongelowige wyse, verwyder met ander woorde God daaruit, en die ganse volkslewe versink daarmee in die diepte van onverskilligheid en karakterloosheid”. Glo in U Volk. 1946. Kaapstad p 16
Hierin het Malan, dit was op 13 Junie 1915, die oortuigings en gevoelens van sy volk, die Afrikanervolk, suiwer aangevoel en vertolk. Hy het in sy jonger jare die stryd vir Christelik-nasionale onderwys (CNO) ervaar. Sy toespraak getuig van ‘n grondliggende kennis daarvan.
NGS van der Walt beskryf dit in “Die Republikeinse Strewe”, p 42, soos volg:
“Die doel van die CNO-beweging was: ‘Onderwijs, overeenkomstig de Heilige Schrift, in overeenstemming met de belijdenisschriften der drie Hollandse Kerken’ en ‘Onderwijs, dat met het oog op de leidingen Gods in den geschiedenis van ons volk, den Godsdienst, de taal en traditiën onzer vaderen in eere houdt en voortplant’. ”
Triomfantelike volksfees en Kerkfees
Op 31 Mei 1961 is die jarelange gekoesterde republikeinse strewe verwerklik. Kort na elfuur: “Uit die verte, dof deur die mistige wolke wat oor Pretoria hang, weerklink ‘n kanonsaluut. Toe word “Die Stem van Suid-Afrika” deur blaasorkeste aangehef. Die skare sing saam. Die orkes en die massastem smelt in ‘n crescendo saam. Só is Die Stem nog nooit gesing nie - nie op Kerkplein nie en ook nie in Suid-Afrika nie ...”, skryf Sakkie van der Merwe. In: Die Republiek van Suid-Afrika - Agtergrond, Ontstaan en Toekoms. 1966. Johannesburg, p 223
‘n Jaar en ‘n half tevore het lidmate van die Gereformeerde Kerke die Eeufees te Rustenburg oor die kerklike (her-) stigting wat in 1859 plaasgevind het, bygewoon. Dis hoofsaaklik dieselfde persone wat by albei feesverrigtinge emosioneel en sterk betrokke was. Ds DN Kotze het die feesgangers verwelkom met onder andere te verwys na ons Christelike nasionale lewens- en węreldbeskouing. “Ons dank die Here dat ons Kerk sy identiteit behou het en dat Hy ons (daarmee) begenadig het”.
“Ons dank die Here dat ons Kerk sy identiteit behou het en dat Hy ons begenadig het met ons Christelike nasionale lewens- en węreldbeskouing . . . Ons volk het gedurende die afgelope eeu soms donker tye deurgemaak. maar die Here was ons banier, en met dankbare harte kan ons sę: Ebenhaeser, want tot hiertoe het Hy ons gehelp”, met hierdie woorde het ds DN Kotze die aanwesiges verwelkom.
Met die toekoms voor oë dat die verkryging van die republiek, los van die Britse oorheersing, toe net ‘n kwessie van tyd en grondwetlike hantering was, was die bywoning van volksfeeste en kerklike hoogtydae vanselfsprekend en spontaan. Dit is in ‘n Eeufees-uitgawe beskryf dat daar
“nog nooit in ons land soveel Gereformeerdes byeen vergader was nie. Verkeersbeamptes wat alle moontlike hulp verleen en kontrole uitgeoefen het, het die versekering gegee dat volgens hul konserwatiewe berekening daar op Saterdag 28 Maart 1959 nie minder as 25 duisend op die feesterrein byeen was nie, en Sondag 29 Maart 1959 nie minder as 30 duisend nie. ... Wie kon hom dit ooit voorstel dat meer as ‘n derde van die totale aantal lidmate - doop en belydend - met soveel bruisende geesdrif in so ‘n oorweldigende getal vér, uit alle dele van Suidelike Afrika, eenvoudig sou saamstroom?”
Helaas is die republiek op ‘n swak fondament gebou. Die Afrikaner het dit as die vervulling van die strewe vir staatkundige soewereiniteit en vryheid, as sy “volkstaat” aanvaar. In werklikheid het dit gepaard gegaan met die Brits-buitelandse liberale staatsbeskouing, dat dit as ‘n burgerstaat waarin gelyke stemreg vir alle inwoners binne die grense van die staat behoort te wees, daarvolgens geregeer is. Tesame met die ideologiese (Franse Rewolusie) propaganda vir gelykstelling en rasse-integrasie, het die republiek wat verwerf is, maar ‘n kort bestaan gehad. Op 27 April 1994 is die staatsgesag met veel luister (op TV wel te verstaan) oorhandig aan die swart “vryheidsvegters” se ANC, wat met sy Vryheidsmanifes, soos aanvaar op 26 Junie 1955, die politieke en staatkundige vryheid van die Afrikaner bedreig het en met geldelike en morele steun van buitelandse moondhede en kerke (!) die staatsmag in hande gekry het.
‘n Waterskeiding - toenemende konflik
Dit is te verstane dat die aanslag op hierdie lewensbeskoulike oortuiging uit kerklike kringe wat nie die Afrikaner se gehegtheid aan “afsonderlike ontwikkeling” begryp het nie, gekom het. Prof Pont noem dit in Die Liberalisme in die Afrikaanse Kerke, dat “in die reeks interkerklike vergaderings die sogenaamde Cottesloevergadering van Desember 1960” - let wel, dis ongeveer dieselfde tydsbedeling as dié van die ‘Dopper’ Eeufees te Rustenburg en dié van die Republiekwording - “eintlik as ‘n verlengstuk van voorafgaande vergaderings voorgekom het. Hierdie Cottesloevergadering was in sekere sin ‘n waterskeiding in die kerklike situasie”. (Die Kerkpad, 9.6, November 2005, p24, 25)
Van toe af het die konflik oor die prysgawe van die onverhandelbare Christelik nasionale lewensoortuiging in felheid toegeneem. Dié stryd duur nog voort tot vandag. Op politiek-staatkundige vlak is hierdie stryd gevoer op ‘n laakbare wyse van “dubbel-praat” deur talle woordvoerders van die Nasionale Party, wat gaandeweg uit sy plek as tuiste vir die behoudende nasionaliste wegbeweeg het, wat ook sy (NP) uiteindelike ondergang van binne-uit bewerkstellig het. Die Afrikaner Broederbond (AB), wat hom by sy stigting, op 5 Junie 1918, op die handhawing en uitlewing van die Christelik-nasionale lewens- en węreldbeskouing gestel het, was die mag agter die mag wat die Afrikaner se geloofs- en węreldbeskouing openlik en ook subtiel ondermyn, afgetakel en byna vernietig het.
“Vir enige politieke waarnemer is dit vandag duidelik op watter eindbestemming die Nasionale Party onafwendbaar aanstuur. Hy is sigbaar besig om te disintegreer namate hy al verder van die Afrikanerpad wegdryf. En soos die integrasieproses in die Nasionale party momentum kry, sal die Broederbond ook kragteloos gemaak word totdat hyself later sal disintegreer”. BM Schoeman. In: Die Broederbond in die Afrikanerpolitiek. 1982 Pretoria p 187
Op kerklike vlak is die aanval op die Afrikaanse Christelike nasionale lewensoortuiging ingelui veral deur die węreldraad van Kerke en binne die Gereformeerde kerkverband deur die GES, die Gereformeerde Sinode, tans Raad (GER).
"Rasseverhoudinge het in 1953 op die tafel van die GES gekom na aanleiding van 'n versoek van die Orthodox Presbiterian Church, USA, insake die 'apartheids'-politiek in SA. (Die GES word 'versoek om die Suid-Afrikaanse lede van die Sinode na te gaan of hulle kerke die 'apartheids'-politiek wat der die regering van Malan aangekondig is, ondersteun, en indien dit die geval is, hoe hulle 'n sodanige politiek 'in ooreenstemming ag met die leer van die Skrif')". Tereg is in die verweer verwys na "die hoek waaruit besluite geneem is". Aan die Sionode GKSA, Januarie 1976, is soos volg gerapporteer: "Die gang van die diskussie oor aspekte van die rasseverhoudinge wek die indruk dat daar van die kant van die GES en van die Suid-Afrikaanse Gereformeerde Kerke, eerder as om prinsipieel onversoenbaar te verskil, uiteenlopende aksente geplaas word. Elkeen kom op sy beurt tot 'n bewoording van grondliggende beginsel waarin sy omstandigdhede en opset deurslaan. Die GES neig, uit die aard van sy ekumeniese opset en sy mindere bekendheid met omstandigdhede in Suid-Afrika en beïnvloed deur sy besef van die węreldwye rassevraagstuk, om alle nadruk te plaas op die uitdrukking van eenheid. Die Suid-Afrikaanse Gereformeerde kerke formuleer die Skriftuurlike beginsels vanuit die bewustheid van hulle besondere omstandigdhede met die beklemtoonde aandag van die verskeidenheid binne eenheid". (Handelinge nasionale Sinode GKSA, Januarie 1976, p 362/3)
Ons gaan verby aan verdere argumente oor die stryd op die kerklike terrein. Ons volstaan daarmee dat die grenspale sistematies verlę is, dat die druk vanuit ekumenies-kerklike kringe, buite- en later ook binnelands, aangewend is en nog word, om die gevestigde lewensbeskouing van die Afrikaner uit die aarde te loop. Dit verklaar dat juis op kerklike vlak die Christelike-nasionalisme aangetas is en word. Ons ervaar dit tot op hierdie oomblik met die debat in kerklike kringe wat geheel en al die lewensbeskoulike aspekte buite diskussie laat of met 'n sentiment van liberale verligting daarna verwys.
Afsonderlike ontwikkeling, selfs die nageedagtenis daarvan, móét op alle terreine , besonder op die kerlike, tot sy volle konsekwensies uitgeban word. Die gevolge?
| Die propaganda wat op kerlike terrein gevoer word beskou multikulturalisme as die ideaal, die utopia, vir 'n toekoms van "vrede en voorspoed op die aarde". maar die werklikheid is 'n al hoe meer Gees-(los van die Woord) gedrewe geloofsbelewing. 'n Social Gospel: Dit was die boodskap van dr Theuns Eloff tydens die Gereformeerde Teologiese Vereniging (GTV) op 2 en 3 Augustus vanjaar. Skuldbelydenis oor apartheid en horisontale versoening: Prof Amie van Wyk staat daaromtrent bekend. Sinkretistiese ophef van liberale (Locksiaanse) menseregte tot die vlak van die Christelike naasteliefdegebod as hoofsom van die Tien Gebooie: Prof Koos Vorster die profeet wat daaroor getuig. |
Die Liberalisme waar hierbo na verwys is as teëvoeter van die Calvinisme is nie slegs op staatkundige vraagstukke van betrekking nie, maar ook en veral op die kerklik-lewensbeskoulike.
| "Die tipiese van die Liberalisme is ook dat dit graag in die godsdienstige vorm optree. Dit soek nie slegs 'n religieuse anker vir sy denkbeelde en strewe nie, maar poseer graag as die aanneemlikste religieuse denke. ... Dit begin met godsdiens maar eindig met mensverheerliking. Dit opereer met die Skrif maar uiteindelik is die Bybel nt 'n gewonde boek. Dit begin met God, maar op die end is God dood. Dit is die onvermydelike gang omdat die liberalisme, in sy verskyning op kerklike terrein, in grondslag en wese humanisties is. ..." Dr Koot Vorster gesiteer in Die Kerkpad Uitgawe 9.4 Julie 2005 p 18 vv. |
Nuwe visie
Hoe zijn de helden gevallen! Hierdie spreuk slaan op die “herders” wat “wolwe” geword het en getroue lidmate van die Afrikaanse kerke geestelik mislei en verskeur. Hoe laag het die debat, wat in die kerklike en sekulęre pers gevoer word, reeds gedaal!? Ons besluit die diskussie hieroor met te beklemtoon dat nuwe visie oor en benadering van die Skrifgesag, Bybelvertaling, Bybelse eksegese en dogma, kerklike orde, liturgie en Skrifgetroue etiek, saamhang en voortspruit uit verwerping van bande en grense, uit relativering van dogma en verbindende Geloofsbelydenisse, ten diepste uit die miskenning van ‘n deur God (waarvan die bestaan betwyfel word) geďnspireerde Woord met rigtinggewende betekenis vir alle terreine van die menslike bestaan. Dis die lewensbeskoulike gees van die Liberalisme wat daarmee tot uitdrukking kom. Ten opsigte daarvan kan die korps voorgangers, professore, predikante en ander in die kerke en openbare samelewing onderskei word in “misleiers” en “misleides“. Eersgenoemdes staan skuldig aan ondermyning en volksbederf. Laasgenoemdes weet nie waarvan hulle praat nie en behoort hulle liewers te beperk tot die vakterrein van hulle professie. Kerkverraad staan in verband tot volksverraad en andersom ook! Dit wortel in dieselfde grond en die een lei tot die ander.
Prysgawe van grondliggende lewensbeskoulike opvatting oor nasieskap, het daartoe gelei dat die soewereiniteit en die gesag van die staat betreffende die Afrikanervolk op ‘n skandelike politieke wyse gemanipuleer, weggestem en aan die terroristiese ANC oorhandig is. Die Afrikaner se lewensorde is vervang met die “New Age”, die Nuwe Węreldorde, met die utopie van ‘n één węreldregering en ‘n één węreldkerk. Eersgenoemde, die Afrikaner se Christelik-nasionale orde, is soos volg verantwoord deur dr Andries Treurnicht:
“Ons verweer teen die liberalisme lę nie in ‘n reaksionęre verstarde houding of in miskenning van persoonlike vryheid, gesonde mededinging, ensovoorts nie. Dit lę in ‘n Christelike lewensiening en praktyk; in ‘n besielende kerklik-godsdienstige lewe; in goed georganiseerde lewensverbande waarbinne die enkeling sy regte en vryhede vertolk en gewaarborg vind; in die verantwoordelike en kragtige gesagsuitoefening deur die staat teen ondermyning en ter beskerming van persone en organisasies se regmatige belange en vryheid; in Christelike, volksverbonde onderwys; in ‘n kragtige nasionale wil”. AP Treurnicht, Afrikaner-Liberalisme. Uitgegee in Pretoria 1977, p 52
Die kerklike stryd- en verdelingslyne het sigbaar en hoorbaar verloop, tot op vandag, as ‘n konflik oor grondliggende waardes en norme wat lewensbeskoulik gehuldig, ňf gerelativeer word tot ‘n minimum geloof, ‘n kerspit in die verhouding tot die lig van ‘n alomvattende Bybels-Christelike geloof wat deurdring tot die wortels van die bestaan.
Nabetragting - Waarheen is ons op pad?
Die gekiedenis van die laaste vyftig jaar staan aldus getipeer as die tyd van konflik oor die Afrikaner se lewensbeskoulike denke aangaande die staat en die kerk. Polities is dit onderwerp aan ‘n sistematiese intimidasie, verdagmaking en verdringing van elkeen wat dit gewaag het en waag om behoudend te wees en dit in woord en geskrif te verkondig. Op die kerklike terrein het die veranderings- en “bekerings-” proses gelyktydig verloop met wat in die politiek plaasgevind het, deur middel van buitelandse en later ook binnelandse ekumeniese betrekkings met kerke, sinodes en rade en van hulle deputate met hul teologie van omstrede en ketterse allooi. Ter wille van eenheid is ‘n eindelose dialoog gevoer wat uiteindelik gelei het tot die “ketters”-verklaring van die Afrikaners se Christelik-nasionale lewensbeskouing met die vertrekpunt van afsonderlike volksbestaan.
Die Nasionale Sinode GKSA 1991 “meen dat dit uit sy besluite oor volkereverhoudinge duidelik is dat hy ‘n ideologie van apartheid verwerp, asook die praktiese beoefening van dié ideologie en van enige beleid wat onreg impliseer. Dit is ook onder meer duidelik uit die hoë waardering van die GKSA uitgespreek het vir die ‘RES testimony on human rights’, en uit die feit dat die GKSA die oproep daarin om alle diskriminasie in die RSA te help verwyder onderskryf het” (GKSA, Handelinge 1985:651 en 1991:167).
Die laaste fase is om die nuwe geloofsdenke wat posgevat het met die aantasting van die godsdiens, tot sy volle konsekwensie te implementeer. “Belhar” is in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, tesame met die besluitneming oor homoseksualisme en dogmatiese kwessies, die laaste struikelblokke wat nog oorgekom moet word.
In die GKSA is die Nasionale Sinode, Januarie 2006, die slagveld waar die band tussen lewensbeskoulike denke (innerlike oortuiging) met dié van die handhawing van die algemene ongetwyfelde Christelike geloof verbreek moet word.
| Dis byna vyftig jaar ná die Eeufeesviering in 1959. Sinode 2006 gaan die sterfjaar van die Gereformeerde Kerke word betreffende die bevestiging en aanvaarding van Skrifgebruik en toepassing wat al hoe meer wegbeweeg van dié in die verlede, van liturgiese veranderings waarmee, onder andere, ‘n vreemde, relativerende Psalmomdigting saam met vrye liedere gebruik word vir die gemeentesang, en die Heilige Nagmaal nie, soos dit deur Jesus Christus ingestel is, gevier word nie. Ook die aanvaarding van vroue vir ampsbediening (ook leer en regeer) in die kerk, gaan ‘n ingrypende saak wees in die perspektief van “Dopper” Gereformeerdheid. En daarby nog die geografiese veranderings waarmee die verbande van die Swart kerke, die Sinodes Middellande en Soutpansberg, in klassisverband van die (blanke) Nasionale Sinode (Potchefstroom), ingelyf gaan word met ontbinding van hulle eie Nasionale Sinodes, heeltemal in pas met die tersydestelling van die lewensbeskoulike Christelik-nasionaal kerkverbandelike selfstandigheid vir blank en swart. |
In die verloop van die stryd, op die terreine van die staat en die kerk, het die GKSA reeds sy kosbare, trotse inrigting, die PU vir CHO, verloor. Dit is vervang met ‘n sekulęre universiteitsinrigting waarmee die Teologiese Skool verbind is. Dit voltooi die uiterlike veranderingsproses sedert die triomfjaar 1959. Die kerk het wegbeweeg van sy fondament en staan gereed om nouer betrekkinge aan te knoop met die Nederduitse Gereformeerde en die Nederduitsch Hervormde kerkverbande in ons land. Die enkele hindernis is nog die Dordts belaaide kerkorde. Dié sal nog by die skouspelagtige veranderings moet aangepas of as uitgedien verklaar word. Wag maar en let op! Ná die Sinode van 2006, lę die Sinode 2009 in die verskiet. Dan is daar die Nuwe Gereformeerde Kerk in ‘n nuwe (getransformeerde) voorkoms met ‘n verligte evangelieboodskap en ‘n aangepaste multikulturele liturgie. Dit sal die plegtige begrafnis wees van dit wat dán 150 jaar gelede in vaste geloofsvertroue en met geloofsmoed (her-) gestig is. As die Here dit nie verhoed nie!
Basies in die Christelik-nasionale lewensbeskouing is die oortuiging dat die evangelie van verlossing van sondeskuld deur die soenbloed van Jesus Christus, in kultuurverband, soos geopenbaar: “uit elke stam en taal en volk en nasie” (Openb 5:9; 10:11; 11:9; 13:7; 14:6) uiteraard ook kerklik konsekwent toegepas moet word. Het die Koning van die Kerk, ons Here Jesus Christus, nie Self dit bevestig met die opdrag om die Evangelie na die nasies uit te dra nie? (Matt 28:19). Dit verleen erkenning aan die volksverbandelike struktuur van die samelewing. Sodoende is die Gereformeerde Kerk ná sy (her-) stigting in 1859 as “Dopper” kerk beskou, as ‘n tuiste vir die behoudende Afrikaner. Op tipies Afrikaanse wyse is die Skrif as reël van die geloof aanvaar en uitgeleef. Die ruimte is daar om die Bybel in volkseie idioom te vertolk met die persoonlike en kerklik-gemeenskaplike binding aan die Drie Formuliere van Eenheid en die kerkorde. Dis nie ‘n skriftuurlike vereiste dat ‘n lidmaat van die kerk meertalig moet wees en noue relasie moet aanknoop met persone wat in ‘n ander lewensverband groot geword en ontwikkel het nie. Dis ‘n orde vir die kerk om, weg van ‘n Babelse verwarring, die geloof te bely en uit te leef binne kerk- en volksverband.
Met die totstandkoming van die nuwe (getransformeerde) “Gereformeerde Kerk” verloor die behoudende Afrikaner, nadat hy reeds sy volkstaat verloor het, daarbenewens nog die kerklike tuiste (GKSA) wat hy tot dusver gehad het. Dan word hy ‘n “vreemdeling”, nie net in die “nuwe Suid-Afrika” nie, maar ook in dié getransformeerde kerk. (Lees ook in Die Kerkpad 9.6 November 2005, p 8)
Uit talle oorde en op verskeie wyses word die geloof in God, en die gehoorsaamheid aan en handhawing van sy Woord bedreig en aangetas. Die kerk is die terrein waarop satan sy aandag rig om te verwar en te verlei. Die Bybel openbaar hom as triomfator, die geopenbaarde antichris wat is en sal kom om die lewe op aarde op te eis vir sy diens en aanbidding. Dis die dier uit die aarde en die dier uit die see, laasgenoemde die valse profeet (Openb 13). Maar die eintlike Triomfator is ons Here, Jesus Christus, wat uit die hemel sal weerkom om die lewendes en die dooies te oordeel, wat die satan en sy trawante sal werp in die poel van vuur en swavel, waar die dier en die valse profeet is (Openb 20:10).
| Staan dan stil, en draai terug! Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale; terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; . . . terug na die heiligheid en die onskendbaarheid van die gesinslewe; terug na u Christelike wandel; terug na u Christelike geloof; terug na u Kerk; terug na u God!DF Malan: “Quo Vadis”, 16 Desember 1949 |
Hierdie boekie dien as ‘n bylae by Die Kerkpad, nommer 9.6, November 2005.
Dit is gepubliseer deur P van der Kooi, wat ook die verantwoordelikheid vir die verspreiding hiervan aanvaar.
Los eksemplare van hierdie reformasie-uitgawe van Die Kerkpad kan bestel word by die adres: Posbus 4237, PRETORIA 0001
Telefoon en faksnommer (012) 546 2846
E-pos: redakteur@kerkpad.co.za
|
|
Inloggen
|