| Keuselys
|
|
Dit is categorieDie Kerkpad September 2005Volgende zijn verhalen die gepubliceerd zijn onder deze categorie.
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 15:06 EET
Redaksioneel
|
Die grootste probleem vandag is nie die magsbeheptheid en die uitoefening van die openbare gesag deur die ANC-regering nie. Ook nie die wending van koers in die kerke van reformatoriese oorsprong nie. Dit is omstandighede wat onder toelating van die Here geskied. Nee, die probleem wat ons meeste bekommer is die gebrek aan kennis en beginseloortuiging by ons mense.
|
Lees meer... 'Redaksioneel' (1426 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 15:05 EET
Hoofartikel
|
Dit is beslis 'n interessante tydverdryf om woorde te vind wat gevoelens uitdruk, wat dien om sake van gemeenskaplike belang te beskryf. 'n Pakkende titel of hoof bo 'n berig of artikel vestig die aandag op sy inhoud. Dit stimuleer die belangstelling om wat volg te lees. Die woorde hierbo is na hulle betekenis en teenoormekaar stelling aktueel vir die lesers van ons blad. In meer as een opsig. Ons verkeer in 'n sosiaal-maatskaplike én 'n kerklike geloofskrisis. Hierdie krisis stuur af op 'n ramp as daar geen omkering is nie. Dit is die algemene Christelike geloof wat in 'n krisis verkeer. En omdat dié geloof onder die heerskappy van Jesus Christus staan, is Hy die Leier wat deur sy Woord en Gees die pad wys wat sy kinders moet loop. Daar is 'n verborge wil van God wat ervaar word in die omstandighede waarin ons geraak het. Maar daarnaas beskik ons oor die geopenbaarde wil van God wat vir ons voorskrywend en rigtinggewend is.
|
Lees meer... 'REPAREER óF SEPAREER - KONSOLIDEER óF ISOLEER' (10057 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 15:00 EET
Skrifoordenking
|
Openbaring 1: 9 - 20
- DS ANDRIES MULDER - (EM) PRETORIA -
As hierdie visioen van Jesus Chris-tus ons al met verstomming slaan, hoeveel te meer sou die wese van God ons nie in ons sondige bestaan geruk het nie.
|
Lees meer... 'JESUS CHRISTUS TUSSEN DIE KANDELARE' (6730 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:58 EET
Algemeen
|
DS CJ HUGO. IN: GRENSE: 'N SIMPOSIUM OOR RASSE- EN ANDER VERHOUDINGE. 1961, bl 195 - 207
Uitgegee deur Universiteits-Uitgewers en Boekhandelaars (Edms) Bpk te Stellenbosch
Terwyl in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, aan die hand van "Belhar", en in die Gereformeerde Kerke met die voorlopige besluit en bekendstelling van planne vir strukturele veranderings (Die Kerkpad, Uitgawes: Januarie 2005, bl 1 - 3 en Mei 2005, bl 14), die skroef al stywer aangedraai word vir kerkverbandelike eenheid, is die referaat wat ds Hugo (NGK) in 1961, in die nadraai van die Cottesloe- konferensie gelewer het, waardevol en nuttig om weer van kennis te neem.
|
Lees meer... 'DIE TAAK VAN DIE KERK TEN OPSIGTE VAN RASSEVERHOUDINGS' (14792 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:55 EET
Redaksioneel
|
- P VAN DER KOOI - REDAKSIONEEL -
Daar word tans uit verskeie oorde binne en buite die verbande van die NGK en die GKSA ywerig gewerk om die aftakeling van die gevestigde strukture van afsonderlike gemeentes en kerkverbandelike organisasie volgens die verskeidenheid van ras, volk en taal, te vervang met multikulturaliteit. Daar is professore en predikante wat dit vandag as 'n stokperdjie beoefen om op dié snare te tokkel.
|
Lees meer... 'ANDER TYE, ANDER NORME?' (4555 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:54 EET
Opvoeding_Onderwys
|
- DR PE VAN DER DUSSEN - BESTURENDE DIREKTEUR PA VIR CVHO, PRETORIA -
Daar gaan byna nie ‘n week verby sonder die een of ander berig oor die toestand in die onderwys nie. Tot onlangs het dit hoofsaaklik oor administrasie en organisasie gegaan, met breë beleidsuitsprake oor die inhoudelike van die onderwys. Nou kom die inhoudelike na vore en plaas die gelowige ouer van verbondskinders voor ‘n keuse tussen enersyds sy doopsbelofte en andersyds die humanistiese wêreldgerigtheid van die staat in sy vorming van die kinders deur middel van life orientation, verworde geskiedenis en ewolusie as verpligtinge in die onderwys.
|
Lees meer... 'ONDERWYS IN KRISIS: Reformatories-kritiese oorwegings' (8547 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:53 EET
Algemeen
|
- DR CHRIS SAAYMAN - NG KERK EENDEKLUIL -
MET WAARDERING OORGENEEM UIT: VOX VIVA, GEREFORMEERDE INTERNET TYDSKRIF. AUGUSTUS 2005, NR 33
Deesdae kom ‘n mens dit dikwels teë dat sommige gemeentes - van histories-gereformeerde kerke - hul eredienste op ‘n pinkster-charismatiese wyse inklee en tóg daarop aanspraak maak dat hulle steeds gereformeerd is. Daarmee word bedoel dat die eredienste op die tipiese patroon van die Pinkster- en Charismatiese kerke geknip word wat betref die tipe liedere wat gesing word (onder andere sogenaamde "praise and worship" – wat ook al weer ‘n geykte patroon geword het en waar lidmate geleer word hóé daar nou éíntlik aanbid moet word – gewoonlik met ‘n voorsanger wat tussen die liedere sy/haar eie prekies prewel, die tipe musiek en instrumente, aanbidding met liggaamsgebare (onder andere ‘n gewuif met die hande en ‘n gewikkel van die lywe en selfs danspassies), vrye liturgiese orde (soms géén orde) ensovoorts. Hierby kan gevoeg word die manifestering van die "gawes van die Gees" soos tale en profesie. Dit gaan dus oor die uiterlike inkleding van die eredienste.
|
Lees meer... 'GEREFORMEERD IN CHARISMATIESE KLEED' (8298 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:51 EET
Algemeen
|
'n Woord ter waarskuwing met die oog op die toekoms uitgespreek deur prof dr SP van der Walt op Saterdag 28 Maart 1959 tydens die Eeufeesvierings GKSA te Rustenburg
As 'n mens sou vra wat daar in die twintigste eeu op die kerklike erf gebeur het wat werklik van historiese belang is, sou 'n mens moet sê: 'n Besondere reformatoriese gebeurtenis soos 1618-1619 was daar nie. Daar was ook nie afskeidings wat as reformatoriese gebeurtenisse bestempel kan word nie, soos byvoorbeeld 1834 en by ons in 1859 nie. Al wat daar werklik was, is juis nie 'n toespitsing op die eiendomlike nie (wat juis so nodig is), maar die taal word gehoor van gespreksgemeenskap, verbinding van kerke deur rade, dikwels op karige belydenisgrondslag. Hierdie rade van kerke word genoem ekumenisiteit.
|
Lees meer... 'EKUMENIESE BEWEGINGS' (4409 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:49 EET
Kerklike Joernaal
|
Ds H du Plessis in: Eeufees Gedenkboek 1859 - 1959 GKSA, bl 121 - 131
- Selektiewe aanhalings aangaande die beleid van afsonderlike ontwikkeling in die Kerk -
Dit moet erken word dat, hoewel die Gereformeerde Kerk altyd die kerklike roepingsplig tot sending erken het, daar aanvanklik 'n sekere begryplike teenstand teen die sending by heel party lidmate was. Dit was begryplik omdat die Voortrekkerboere byna al hulle ellende en die Trek self gewyt het aan die sending soos dit destyds vanaf 1799 voorgestaan is deur die Engelse negrofilistiese en filantropiese sendinggenootskappe, met hulle oppervlakkige gevoelsgodsdiens, denasionaliserende sendingmetode en die op die spits gedrewe gelykstelling van agterlike barbare met hoogs beskaafde Boere. Dit is eers geopenbaar in die sending van dr JT van der Kemp en Read en vanaf 1822 in die vir die Boere so fel vyandige sending onder leiding van dr J Philip en in die latere agtervolging in hulle eie republieke deur die Boerehaat van die sending onder leiding van dr D Livingstone, wat die Boererepublieke gesien het as ergerlike struikelblokke in die pad van die "spiritual expansion of the Empire".
|
Lees meer... 'DIE GEREFORMEERDE KERK EN DIE SENDING' (5649 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:44 EET
Opvoeding_Onderwys
|
- LJ VAN DER DUSSEN - CVO SKOOL VERWORDBURG -
"Ook wat ons skole betref: Ons moenie 'breed Christelik' wees ter wille van getalle of ons eie insig van hoe om te kan oorleef nie. Ons moenie sê die belydenis staan 'oorkoepelend' nie. Ons moet ons skole 'nou' hou, nie breed nie.
|
Lees meer... 'STROOIHALMS IN DIE ONDERWYS' (7891 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:42 EET
Algemeen
|
- DR JD VORSTER. IN: "AFRIKANER-LIBERALISME" 1977: BOEKENHOUT UITGEWERS BEPERK, BL 30VV -
(Tweede aflewering)
Een van die vroue-predikante van die United Presbyterian Kerk in die VSA gaan selfs sover in haar propagering van die feminisme dat sy selfs sê: "We must call God she half the time and the Holy Spirit she all the time" anders diskrimineer jy teen die vroue. En by die algemene vergadering van haar sinode is daar selfs gedemonstreer hoe 'n erediens "desexed" kan word. Om 'n bepaalde vrouebeweging te behaag, word daar nie geskroom om te laster nie. Die Skrif word gebruik om die skrif af te takel.
|
Lees meer... 'LIBERALISME OP KERKLIKE TERREIN' (9158 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:40 EET
Algemeen
|
Prof Johan Malan - Universiteit van die Noorde -
Verskeie hoogs populêre en gerespekteerde kerkleiers in die wêreld wys tans die weg na geestelike dwalings aan. Sommige van hulle verkondig van die begin af hulle valshede om die mensdom te mislei. Ander is voormalige evangeliese leiers wat kompromie met wêreldse denkrigtings gemaak het en nou op ‘n subtiele manier Bybelse leerstellings met hulle humanistiese verlossingsleer, sielkundige metodes van kerkleierskap en kerkgroei, ekumeniese denke, voorspoedsteologie en 'n misplaaste koninkryksvisies vervang. Die volgende sewe dwalings is tipies van moderne kerkleiers wat ‘n humanistiese benadering tot hulle taak het:
|
Lees meer... 'DWALINGS VAN DIE KERKGROEIBEWEGING' (17171 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:35 EET
Persrubriek
|
As Christen-gelowiges weet ons ons verplig tot gehoorsaamheid aan die Bybelse gebooie. Dié gebooie geld vir alle mense. Daar is geen uitsondering vir ongelowiges asook vir owerhede nie. Daarom is die owerheid ook eerstens verantwoordelik aan God en daarbenewens aan die onderdane waaroor hy regeer. Die agtste gebod lees kort en kragtig: "Jy mag nie steel nie". Met dit in gedagte was ons ontsteld en heilig vertoornd toe ons die onderstaande artikel in Die Afrikaner, jongslede 12 tot 18 Augustus, op Internet lees. Dit verskaf inligting oor die ontstellende omvang van korruptiewe beheer van die staat se finansies.
|
Lees meer... 'ANC-REGERING ONVERANTWOORDELIK MET STAATSFONDSE' (4541 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:33 EET
Persrubriek
|
Uit die Verslag Sinode VGKSA, Julie 2005
Die Sinode besluit dat verslaglewering aan die GKN(v) oor die verwikkelinge in die NG Kerk nietig verklaar word. Die VGKSA het opnuut haar hartelike begeerte uitgespreek om waarlik een te wees met die GKSA in terme van Skrif en Belydenis.
|
Lees meer... 'KONTAKTE MET BINNELANDSE KERKE' (1292 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:31 EET
Persrubriek
|
Kommentaar van dr Henk Grobler, leraar van die AP kerk Bethal, aangaande twee TV-programme waarin waarsêery aangebied word
- Gepublseer in: Die Boodskapper, Julie/Augustus 2005, bl 29 -
Deesdae is TV-programme waarin daar kontak gemaak word met afgestorwenes baie gewild. By so 'n program is daar gewoonlik 'n gehoor en dan natuurlik die persoon wat met een van die gehoorlede se afgestorwe vriend, moeder of vader of iemand na aan hom of haar kontaak maak. Voorbeelde van sulke programme is: Aan die ander kant en Crossing over with John Edwards.
|
Lees meer... 'WAARSêERY EN DODEBESWERING' (3476 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:29 EET
Kommentaar
|
Gereformeerdes moet armoede pak, sê rektor Theuns Eloff
(Berig in BEELD, Donderdag 4 Augustus 2005)
- P VAN DER KOOI - REDAKSIONEEL -
Neels Jackson rapporteer oor die kongres van die Gereformeerde Teologiese Vereniging (GTV) wat op 2 en 3 Augustus te Potchefstroom gehou is, onder andere oor 'n referaat wat dr Theuns Eloff, rektor van die Noordwes Universiteit daar gelewer het. Hy het dit gedoen onder die tema: "Hoe gereformeerd 'n impak moet maak in vandag se wêreld". Dis die benadering van die Social Gospel. Die kongres is, uiteraard, bygewoon deur hoofsaaklik predikante en tokkelok studente. Die berig lui soos volg:
|
Lees meer... 'RELEVANSIE VAN GEREFORMEERDE KERKE' (6539 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:27 EET
Lesersgesprek
|
Die Here het sy dienskneg, ds Jan Coetzee opgeroep vir hoër diens. Hy was van die heel eerste begin van ons blad, in 1997, 'n sterk ondersteuner en getroue medewerker. Sy rustige en beginsel gedrewe motiverings sal ons nou ontbeer. Maar die diens in die koninkryk van die Here duur voort, vir hom in hemelse heerlikheid, vir ons in die strydperk van die lewe.
|
Lees meer... 'Gesprek met lesers' (2998 bytes)
|
|
Geplaatst door: Admin op Saterdag, 24 September 2005 - 14:25 EET
Mediese_etiek
|
Deur DR MC DURAND
‘n Egpaar is jare sonder kinders. Hulle het ‘n begeerte om kinders te hê. Hulle het al alles probeer. Almal se raad al aangehoor. Boeke gelees. Maar steeds is daar nie kinders nie. Die dokter het selfs pille voorgeskryf om die vrou se vrugbaarheid te stimuleer. Maar tevergeefs.
|
Lees meer... 'IN VITRO BEVRUGTING' (5885 bytes)
|
|
|
|
Inloggen
|